Die verlore seun vannie Gaatjie. Ivor Swartz

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die verlore seun vannie Gaatjie - Ivor Swartz страница 5

Автор:
Серия:
Издательство:
Die verlore seun vannie Gaatjie - Ivor Swartz

Скачать книгу

      Ja, Pieter-Bingo, ek ken jou dalk nie, maar jy leef tog voort in my storie, wat ook ander se stories word. Jy leef voort in my en vele ander se vrae, pyn, verlies en struikelende wandeling na genesing. Jy leef ook voort in hierdie nuwe storie van my, die een waarin ek nie meer verlore is nie.

      Ek het baie van die redes en die oorsprong van my seer op my dooie pa se skouers laat rus. Hulle beweer dat omtrent 63% van alle geboortes van 2017 in Suid-Afrika geen besonderhede van die pa’s op die registrasiesertifikate het nie. Afwesige pa’s is ’n tikkende tydbom en die skade wat aangerig word, is enorm. Daar is duisende jong seuns en dogters wat antwoorde soek, wat roep, wat by vensters staan en wag en wat daardie leemtes vul met kokende haat vir ander.

      Ek self het soms woedend en hardop gewonder of ons dalk nie genoeg was vir Pieter-Bingo sodat hy net nóg ’n paar meter hoër kon strek na daai venster toe nie. Sou Deon dalk ’n ander mens gewees het? Sou hy dalk meer mens en minder monster gewees het? Sou Peter dalk vandag nie gelyk het of iemand hom met ’n nat koerant geslaan het van al die jare se tatoeëermerke op sy lyf nie? Sou hy meer as standerd 5 gehad het? Sou my greep op my manlikheid dalk sterker gewees het?

      Maar al die gewonder kan jou vinnig ’n slaaf van jou verlede maak. Die wonder kan maak dat jy nooit verantwoordelikheid aanvaar vir jou lewe nie. Die “arme ek”-sindroom, die slagoffermentaliteit, vang jou en vou jou toe soos ’n swaar en donker kombers. Dit verlam jou en laat jou dikwels met jaloesie en bitterheid na ander kyk.

      Dit het my ware identiteit en potensiaal baie lank verberg. Ek wou heeltyd hê mense moes hul lewe stopsit om aan my wonde aandag te gee. En ek kon nogal vinnig ’n goeie vloermoer soos ’n tweejarige gooi as mense my nie raakgesien het vir mý wonde, vir mý gebrokenheid nie. Dit kan verslawend raak, maar dis nooit volhoubaar nie.

      Iewers moes ek toegee dat ou Pieter-Bingo se dood my ook gevorm het in die man wat ek vandag is, en steeds besig is om te word. Ek sou dit anders wou hê, beslis. Ek sou wou dad jokes maak met hom, by hom raad wou vra oor die lewe, dalk ’n bier saam met hom wou drink – al die dinge wat die flieks so mooi uitbeeld oor ’n pa en sy seun se verhouding. Maar, soos een van die karakters in die fliek Elizabethtown sê: “If it wasn’t this, it would be something else.”

      Geen mens – met of sonder ’n verhouding met God – is immuun teen pyn, verlies, depressie, chaos, armoede of enige ander moeilike omstandighede nie. Dit vang die beste, die rykste en selfs die mees opregtes. Dis juis wanneer ons moeilike omstandighede as ’n noodsaaklike deel van die lewe ontken dat ons sukkel om deur ons ontnugtering te werk.

      Glo dit of nie, daar is ook ’n ongelooflike stuk seën wat in verlies opgesluit is, as jy kies om jou lense mettertyd daarvolgens aan te pas. As jy stelselmatig jou perspektief kan skuif, weg van wat jy verloor het na dit wat jy ontvang het en kan ontvang. Dis nie maklik nie, en dit gebeur ook nie oornag nie, glo my. Maar dit gebeur wel. Jou vrae aan God, jou verwyte oor die lewe, jou gebede en jou dankbaarheidslysie lyk anders wanneer jou lense aangepas is en jou perspektief geskuif het. Soos Edith Eger in The Choice sê: “Our painful experiences aren’t a liability – they’re a gift. They give us perspective and meaning, an opportunity to find our unique purpose and our strength.”

      MA LETTIE

      Dié is met liefde vir mamma, al sy het ons verlaat. Ons verlange is so sterk, ons is nog lief vir haar. Die dag by haar graf sal ek nooit vergeet nie. Elke dag sonder haar is so leeg, niemand kan dit vul nie

      – Onbekend.

      My ma se naam was Lettie, en met haar blanke vel en dun hare het sy dikwels grappenderwys gespog oor die “wit bloed” in haar are. Vrou-alleen, sonder kla of om te dink aan tou opgooi of om weg te gaan en net nooit terug te kom nie, het sy ons ná my pa se dood grootgemaak. En al sukkel ek om meer van my kinderdae se herinnerings na vore te roep, is daar geen twyfel by my dat my ma vir haar kinders geleef het nie. Ek wens nou meer as ooit daar was tyd vir ons om ook vir haar te kon leef.

      Ma Lettie het in die wasgoedafdeling van Huis Silwerjare gewerk, die bruin ouetehuis op die dorp. Baie aande het sy met ’n halwe ongesnyde brood of ’n halwe sak muffinkrummels of oorskiet-sagopoeding van die werk af gekom. Maar honger sou ons nie gaan slaap nie.

      Sy’t vetkoekbak soos ’n kuns laat lyk, en dan magic gemaak deur net ’n blikkie sardientjies in peri-peri-sous warm te maak en ons soos konings te laat eet. Dis dalk hoekom ek God makliker as ’n moeder kan sien as God as ’n vader. Ek ken nie vaders wat so verbeeldingryk kan wees om so min tot genoeg – en selfs meer as genoeg – te laat rek nie. Om iets uit niks uit te skep, kos beslis bonatuurlike moederlike vernuf. Warm melk en suiker by muffinkrummels kan jou laat voel daar is min dinge verkeerd in die wêreld. Ek glo nou nog wat sy my geleer het oor kos: Wat jy eet, is nie so belangrik as saam met wie jy dit eet nie. Dis hoekom ek so lief is daarvoor om saam met mense te eet, om uit te gaan, om mense oor te nooi, om myself oor te nooi. Daar is ’n vreugde in saameet wat die beste restaurante nie op ’n spyskaart kan sit en verkoop nie.

      Ek onthou een middag toe ek en Peter ná skool by die huis gekom het en daar was niks om te eet nie, net ’n stuk gevriesde ou brood. Daai soort brood wat al grasgroen gemuf sou gewees het as dit buite die vrieskas was. Ons het die stuk brood net so gevries in ou vet gedoop en aan al sy kante gebraai in ’n pan. Die onbeskryflike vreugde van twee broers wat om ’n gebraaide brood sit, al was dit nog halfgevries aan die binnekant, het my nog nooit verlaat nie.

      Dis hoe Ma Lettie ons grootgemaak het. Om nie toe te laat dat armoede ons vreugde steel nie. Dit het nooit haar vreugde gesteel nie, al het armoede haar tot in die graf gevolg. Haar rykdom het sy gemeet aan haar liefde vir haar kinders, en daarvan was daar skatkiste vol.

      My ma het net een goeie vriendin gehad. En ’n geheime minnaar waarvan almal in die Gaatjie eintlik geweet het, al het hulle baie hard probeer om die verhouding stil te hou. Sy het ’n liefde gehad vir die luuksheid van whiskey en vir Percy Sledge en Elvis Presley se musiek. Ma Lettie was grênd, al het sy min gehad. Sy’t darem ’n ou platespeler gehad en ’n klomp vinyl records wat sy met haar lewe bewaar het. Haar armoede het nie haar liefde vir goeie produkte of hoë kwaliteit bepaal nie. Net omdat sy iets nie kon bekostig het nie, het dit nie haar liefde vir die mooie of die luukse ongeldig gemaak nie.

      Dis hierdie soort lesse wat ma Lettie ons geleer het, en ek glo dis wat my so aanpasbaar en veerkragtig gemaak het te midde van gevaar, depressie, woede en hooploosheid. Dis oor dié soort lesse dat ek innig dankbaar is, meer as enigiets anders wat sy ons gegee het of wou gee.

      In haar armoede het ma Lettie haar ook ontferm oor Robbie, ’n kind wie se ouers niks met hom te doen wou gehad het nie. Ma Lettie het hom aangeneem en hy het amptelik deel van ons familie geword. Baie ouers dink hulle moet hul kinders alle aardse besittings gee wat hulle self dalk nooit gehad het nie. Maar nét liefde – met of sonder besittings, met oorvloed of met min kos op die tafel – sal altyd genoeg wees. Dit was genoeg vir my.

      Maar so vol liefde soos ma Lettie ook al was, het sy geen nonsens van iemand gevat nie, veral nie van haar kinders nie. As sy gesê het tienuur in die aand word die deure gesluit, kan jy maar vergeet van huis toe kom as ’n fliek by die bure te laat geëindig het. Jy slaap buite of jy gaan terug na waar jy vandaan gekom het. Dit vat baie van ’n ma om ’n pa ook te wees. Speeltyd was min en werktyd het nie ’n einde gehad nie. Water gaan haal, huis skoonmaak, skottelgoed was, brood gaan koop – elkeen moes sy of haar deel bydra. Veral in dié weke wanneer ma Lettie sewe dae per week voldag gewerk het.

      Tog het sy die balans tussen tawwe liefde se dissipline en ’n moederhen se beskerming redelik goed hanteer. So het my ma my eendag bloedneus geklap met een oophandskoot toe Bakkies, die Gaatjie se grootste tienerskollie in daai tyd, gemik het om haar met ’n klip te gooi en ek dadelik ook een wou optel om hom mee te gooi.

Скачать книгу