Die dingesfabriek 1: Jannus en Kriek op die maan. Elizabeth Wasserman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die dingesfabriek 1: Jannus en Kriek op die maan - Elizabeth Wasserman страница

Die dingesfabriek 1: Jannus en Kriek op die maan - Elizabeth Wasserman

Скачать книгу

TITELBLADSY.tif

      Elizabeth Wasserman

      Illustrasies deur Astrid Castle

      Tafelberg

      Vir al die kinders wat nog

      nooit op die maan was nie – EW

Vir Charles en Cheryl Anne,

      Die wêreld van Jannus en Kriek

      Ons helde

      Doopname: Jannewario Frederikus Knoets en Krisantalia Renostrum Knoets, algemeen bekend as Jannus en Kriek. Hulle is min of meer agt jaar oud, en hulle is ’n tweeling.

      Adres: Huis Deurmekruis

      Onder Afrit 7 van die snelweg

      Naby die dokke

p_8_1.tif

      Hulle ouers: Knersius en Soetlief Knoets. Knersius is die speltoetser van ’n groot uitgewe­ry. Soetlief is ’n gevaarlike spioen.

p_8_2.tif

      Hulle troeteldier: ’n meerkat met die naam van Meneer Snoek. Sy is ’n wyfiemeerkat, maar haar voornaam is Meneer en haar van is Snoek.

p_8_3.tif

      Hulle oupa: Hy is ’n avon­turier, ’n uitvinder en ’n baie onvoorspelbare ou man. As hy nie iewers anders is nie, bly hy onder Huis Deurmekruis, waar hy allerhande interessante dinge doen en goeters uitvind in sy kelderlaboratorium. Sy brein is so groot en so besig dat dit vir hom moeilik is om aandag aan gewone dinge te gee. Miskien raak hy net ’n bietjie deurmekaar van ouderdom, want hy noem alles wat hy nie kan onthou nie “dinges”.

p_9_1.tif

      Wie is Zip?

      Is hy een van Oupa se uitvindings? Niemand weet wat hy is of waar hy vandaan kom nie, maar hy het gehelp om hierdie boek te skryf.

p_9_2.tif

      'n Doodgewone dag begin

Die_Dingesfabriek_Op_die_Maan_Intro_Mr%20Snoek_for_spare_page.tiff

      ’n Harde knal ruk Huis Deurmekruis.

      Ma Soetlief gaan kalm voort om ontbyt aan haar gesin te bedien.

      Pa Knersius kyk nie eens op van die dik woordeboek wat hy lees nie.

      Jannus knoop sy das: net perfek.

p_11_1.tif

      Kriek eet ’n groenboontjie met haar mes en vurk. Sy is deesdae ’n ve­getariër.

      Niemand steur hulle aan die knal nie. Want in Huis Deurmekruis is vreemde geluide doodgewoon.

11_2.tif

      “Hoe was jou stappie, Meneer Snoek?” vra Kriek. Die meerkat spring rats op die tafel en begin knaag aan ’n wurm wat Ma Soetlief vir haar met ’n soplepel in haar bakkie skep.

      Pa Knersius kyk skuinsweg op van sy woordeboek. “Hoekom is Snoek vandag groen?” vra hy.

p_11_3.tif

      “Sowaar!” sê sy vrou en lig haar masjiengeweer van die haak agter die stoof af. “Maar is meerkatte dan nie gewoonlik groen nie?”

      “Die meervoud van meerkat is meerkaaie,” help haar man haar reg. “En hulle behoort bruin te wees, dink ek.”

p_12_1.tif

      “Ek sal haar na werk veearts toe vat!” be­lowe Soetlief.

      “Helaas!” sê haar man. Hy is lief om sulke snaakse woorde te gebruik. Hy lees dit in sy woordeboek.

      Ma Soetlief tel ingedagte die meerkat aan haar nekvel op en hang die diertjie aan die haak agter die stoof.

p_12_2.tif

      Meneer Snoek maak dadelik haar oë toe en begin saggies snork.

      Oomblikke later hoor die tweeling hoe hul ma se motorfiets wegbrul in die rigting van die stad.

      “Sy het vergeet om die skottelgoed te was!” kla Jannus.

      Kriek sug. “Staan opsy, ek sal dit doen!”

      Sy draai die kraan oop en spuit die tafel met die tuinslang af.

      Pa Knersius maak net betyds die sambreel oop wat hy altyd onder sy stoel bêre. Hy hou nie daarvan as sy woordeboek nat word nie.

p_12_3.tif

      Jannus haal Meneer Snoek van die haak af en prop haar in sy boeksak. Die meerkat snork dadelik verder.

      Kriek pak hulle kosblikke in. Iets swaars rol in haar kosblik rond. Sy maak dit oop om te kyk wat dit is.

      “Granate!” sug sy. “Ma het al weer ons kosblikke omgeruil, en nou gaan sy seker iets met my toebroodjies probeer opblaas.”

      “Is granate dan nou in seisoen?” vra haar pa sonder om op te kyk van die woorde wat met ’n M begin.

      Kriek sug weer.

Die_Dingesfabriek_Op_die_Maan_Chapter_1_Pg_5_a.tif

      Sy en haar broer sal moet opskud, of hulle is laat vir skool!

      Sy gee sy kosblik vir hom aan en Jannus pak dit in sy boeksak. Hy vang sy suster se oog. Soos dikwels lees die tweeling mekaar se gedag­tes. Ja, hy is ook verveeld. Ja, hy wens ook dat iets opwindends wil gebeur.

13_2.tif

      Kriek knik vir hom en pak haar ma se kosblik netjies in haar skoolsak.

      “Wederom!” roep hulle pa hul agterna, sonder om op te kyk van sy woordeboek.

      Die kinders spring op hulle fietse en jaag skool toe.

      Agter hulle skud nog ’n knal die ruite van Huis Deurmekruis.

      ’n

Скачать книгу