Toe dit nog vroeg was. Mari Grobler

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Toe dit nog vroeg was - Mari Grobler страница

Toe dit nog vroeg was - Mari Grobler

Скачать книгу

on>

      

      Toe dit nog vroeg was

      Mari Grobler

      Tafelberg

      vir my ouers

      Marius en Nellie

Voortyd

      Moer

      Die oer-een – sy beef

      in duinsand. Sy styg

      in plantsap. Sy ritsel

      in bome. Sy vlam

      op in die son-as.

      Die mooi een – sy dans

      in bye. Sy drup

      uit wolke. Sy blink

      in sterre. Sy sing

      in branders se kom en gaan.

      Die ondermaanse een – sy speel

      met bokgeeste. Sy seil

      in slange. Sy vlieg

      hoër as voëls. Sy swem

      dieper as vis.

      Die aardmoer – sy het

      meisies se kraampyn. Sy hoor

      babas huil. Sy heel

      met veldmedisyne. Sy dra

      alles wat is!

      Oer

      Grotvloere hou vas

      aan klip, been, skulp en as.

      Vlermuise swiep soos onthou

      uit rotsoorhange.

      Dis vroeg

      en die aarde is groot

      met genoeg kos en tyd

      om stories op die wind uit te laat loop.

      mosselplek

      waar baie visse meer word in die see

      diere meer word in die veld

      moet skepsels nog strandlangs

      tussen lug en water

      se sewe blou skakerings

      wag om méns te raak

      swaar om vis te vang

      vir vleis te jag

      as ’n man se twee bruin hande

      sy enigste gereedskap is

      vuur

      donderaar skel uit ’n weer

      wat dwarsdeur klip kan vaar

      mens vlug na branders –

      vuur neuk selde naby water

      brand woed uit in wind se lê

      los karkasse en veldkos gaar

      mens soek lank na die donderaar

      se wegsteekvuur in as –

      vind dit later in vuurstok

      draai witvonk om tot vlam

      pak klippe om ’n sandgat

      dáns om die oopvuur-kos

      getye

      klip vonk teen ysterklip

      lanspunt stol in vlam

      veld en see se maerpensmens

      loop vol;

      die maer hart

      ná laaggety,

      ’n leë poel

      •

      hy was hom in ’n reënbui

      versier hom met oker

      hy mik sekuur met sy gooistok

      haal ’n karp uit die water

      . . . sloer bo sy eie weerkaatsing

      skrik toe ’n vrou se gesig

      langs syne in die vlak stroom roer

      Skynbaar

      Hy verhit klippies in vuur;

      gooi dit in ’n skulp vol water

      vir warm boegoetee.

      Hy vul ’n dassie-skedel

      met uitgebraaide walvisvet;

      draai ’n pit met grysbokhare.

      Hé! Hoe mooi is sy

      in dié kers se lig.

      waar

      hy hou van haar

      soos die tobie van klipmossel hou

      hy ryg kabeljou-ore, kathaaitande

      en beenkrale vir haar halssnoer in

      hy skraap ’n witstompneus

      raap sout

      vryf sy palms in met boegoe

      wil aan haar raak

      naglig

      spring die maan

      soos ’n tier agter die rant uit

      dans die grotman en sy vrou

      roep die nag soms “kiewiet!”

      ken hul mekaar

      op hul vingerpunte

      drup wolke in die see

      salf hy haar met sweet

      hoor

Скачать книгу