Briewe aan my kinders. Jonathan Jansen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Briewe aan my kinders - Jonathan Jansen страница

Briewe aan my kinders - Jonathan Jansen

Скачать книгу

>

      Briewe aan my kinders

      Jonathan Jansen

      Tafelberg & Bookstorm

      Aan die ma van my kinders,

      Grace, die eintlike opvoeder

      voor.jpg

      Hier is eers iets oor die sosiale media

      Die briewe in hierdie versameling is oorspronklik deur Facebook en Twitter die wêreld ingestuur. Ek besef dat nie al die lesers van hierdie boek tuis is op die sosiale netwerke nie; hier is dus ’n kortlys uit die algemene jargon om jou hierdie nuwe manier van kommunikasie te help ontsyfer. Ignoreer dit maar as dit ou nuus vir jou is.

      Facebook en Twitter se voertaal is hoofsaaklik Engels. Facebook het wel die keuse van ’n Afrikaanse weergawe vir sy gebruikers, waarop hy in ’n beperkte aantal gevalle Afrikaanse terme gee, Twitter nie. Dit het tot gevolg dat daar vir heelwat terme nie geredelik Afrikaanse ekwivalente beskikbaar is nie. Direkte vertalings en nieuskeppings werk nie altyd nie, omdat ons in die linguisties grys wêreld van die sosiale media is waar woorde hulle gans anders gedra as in formele woordeboeke. Soms kan ’n term nie vertaal word nie, omdat die betekenis in die betrokke twee media ietwat anders as die woordeboekbetekenis is. Om ‘fan’ met bewonderaar te vertaal, sal byvoorbeeld misleidend wees. Om dieselfde rede het Facebook se Afrikaanse weergawe waarskynlik nie ‘poke’ vertaal nie en dit net so gehou. Hierdie lys, in alfabetiese volgorde, is dus ’n mengelmoes van Afrikaans en Engels: Afrikaanse terme waar hulle wel gebruik word of vanselfsprekend is, met die Engels in hakies waar nodig, en Engelse terme waar Afrikaanse terme nie algemeen gebruik word nie, maar telkens met moontlike Afrikaanse vertalings in hakies.

      @: Op Twitter word die @-teken gebruik om gebruikersname in twiets uit te roep, soos: Hallo@Twitter! Wanneer ’n gebruikersnaam deur die @-teken voorafgegaan word, word dit ’n skakel na ’n Twitter-profiel.

      Antwoord (reply): Op Twitter is dit ’n twiet wat in antwoord op ’n ander gebruiker se boodskap geplaas word.

      Avatar: Die persoonlike beeld wat op jou Twitter-profiel gelaai word. Dit kan ’n foto van jou wees, of iets anders.

      Blog (selfstandige naamwoord of werkwoord): ’n Individu se aanlyndagboek of -rubriek.

      Chat (gesprek): ’n Facebook-kenmerk waardeur gebruikers met vriende of ander gebruikers wat hulle ken, kan praat wanneer hulle terselfdertyd Facebook gebruik.

      Deel (share): Facebook-gebruikers kan inhoud op hul vriende se bladsye met ander vriende deel.

      Direkte boodskap (direct message): ’n Private, regstreekse boodskap op Twitter tussen die sender en ontvanger.

      Facebook: ’n Netwerk waarop inligting met familie, vriende en ander mense wat jy ken, of wat jou ken, gedeel kan word.

      Fan: Iemand wat by ’n Facebook-blad aangesluit het omdat hy of sy hou van wat daardie blad verteenwoordig.

      Favourite: Die aksie op Twitter wanneer jy ’n twiet as een van jou gunstelinge merk deur op die geel ster langs die boodskap te kliek.

      Handle: Die gebruikersnaam wat ’n Twitter-gebruiker gekies het.

      Hashtag (voorstelle vir vertaling sluit in merk en hekkie, maar geeneen word op Twitter gebruik nie): Op Twitter word die simbool # ’n ‘hashtag’ genoem en dit word gebruik om sleutelwoorde of onderwerpe in ’n twiet te merk. Dis deur Twitter-gebruikers geskep om boodskappe te kategoriseer.

      Hertweet (retweet), selfstandige naamwoord: ’n Twiet deur ’n ander Twitter-gebruiker wat deur iemand wat jy volg na jou aangestuur word. Dit word dikwels gebruik om nuus te versprei of nuttige bevindings op Twitter te deel.

      Hertweet (retweet), werkwoord: Om ’n ander Twitter-gebruiker se twiet na al jou volgelinge aan te stuur. Afkorting: RT.

      Hou van (like): Op die Afrikaanse weergawe van Facebook word ‘hou van’ gebruik; op sommige webwerwe duik ‘laaik’ op. Op Facebook stel ’n knoppie onder inhoud gebruikers in staat om ander te laat weet dat hulle daarvan hou. Die inhoud kan ’n boodskap, ’n video, ’n foto of wat ook al wees.

      Kommentaar (comment): Facebook-gebruikers kan kommentaar lewer op goed wat hul vriende sê.

      Mention (melding): selfstandige naamwoord: Dis wanneer jy ’n ander Twitter-gebruiker in jou twiet meld deur die @-teken gevolg deur sy of haar gebruikersnaam te gebruik. Dit verwys ook na twiets waarin jou gebruikersnaam ingesluit was.

      Merk (tag): Op Facebook kan jy ’n foto of video met teks merk om die persoon op die foto of in die video te identifiseer.

      Muur (wall): Elke Facebook-profiel het ’n muur wat vriende en die gebruikers self toelaat om boodskappe te plaas wat almal kan sien.

      Ontvolg (unfollow): Wanneer jy ophou om ‘n ander Twitter-gebruiker te volg.

      Ontvriend (unfriend): Wanneer jy ‘n Facebook-gebruiker van jou lys Facebook-vriende verwyder sodat hy of sy nie meer jou inhoud kan sien nie.

      Poke (pomp): selfstandige naamwoord of werkwoord: Jy kan ’n vriend op Facebook virtueel ’n tikkie gee om hom of haar te groet, geluk te wens, ens.

      Profiel (profile): ’n Facebook-profiel is ’n plek op die netwerk wat mense skep om inligting oor hulself met ander te deel en sosiaal met hulle om te gaan. Dit wys gebruikers se persoonlike inligting en hul interaksie met vriende. ’n Twitter-profiel is ’n Twitter-bladsy wat inligting oor die gebruiker gee, asook al die twiets wat hy van sy rekening af geplaas het.

      Status: Hul Facebook-status is ’n eienskap wat dit vir Facebook-gebruikers moontlik maak om hul vriende in te lig waar hulle op die oomblik is en wat hulle dink en doen.

      Statusopdatering (status update): Die verandering van jou status op Facebook, wat jou vriende laat weet wat jou nuwe gedagtes, ens. is.

      Trending topic: ’n Onderwerp wat volgens ’n algoritmiese bepaling in daardie stadium een van die gewildste Twitter-onderwerpe is.

      Twiet (tweet), selfstandige naamwoord: ’n Boodskap wat op Twitter geplaas word met nie meer as 140 karakters nie.

      Twiet (tweet), werkwoord; verlede tyd: getwiet: Die plasing van ’n boodskap, ’n twiet, op Twitter.

      Twieter (tweeter, twitterer): Iemand met ’n Twitter-rekening wat twiets lees en plaas.

      Volg (follow): Om iemand op Twitter te volg, is om op hul twiets of opdaterings in te teken.

      Volgeling (followers): ’n Volgeling is ’n ander Twitter-gebruiker wat jou gevolg het.

      Volggetal (following number): Dis die getal ander Twitter-gebruikers wat jy gekies het om te volg.

      Vriende: Iemand wat met ’n Facebook-gebruiker verbind het, gewoonlik op uitnodiging. Gewoonlik moet jy iemand se Facebook-vriend wees voordat jy kan sien wat hy of sy geskryf het.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте

Скачать книгу