Rugbyballe en bikini’s. Janie Oosthuysen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Rugbyballe en bikini’s - Janie Oosthuysen страница

Rugbyballe en bikini’s - Janie Oosthuysen Eerste liefde

Скачать книгу

>

      

      Eerste liefde: Rugbyballe en bikini’s

      Janie Oosthuysen

      Human & Rousseau

       hart1.jpg

      Dit was alles Lauren se skuld. En natuurlik die emmer vol doeke wat ek elke dag verby al die karavane moes dra – én verby daardie mislike Johan. Dít het my naam behoorlik laat stink.

      En dis nog nie eens die helfte van die storie nie.

      Daar is ook die nuwe bikini.

      Die supercool, hoog opgesnyde bikini waarin my bene so lekker lank gelyk het. Die glinsterwitte waarin ek soos ’n meermin deur Duinebaai se branders geglip het. Die stuk rubbish wat ek net sowel van die begin af in die drom kon gesmyt het.

      Maar dis nie waar die nagmerrie begin het nie. Nee, dit het begin die dag toe Pa besluit het dis tyd dat die Le Roux’s weer ’n slag as gesin gaan kampeer. “ ’n Lekker ou vakansie langs die see,” het hy om die eettafel gesê. “Iewers ongerep, ek het genoeg gehad van die stadsgewoel.”

      “Presies hóé ongerep,” wou Ma weet, een oog op Lauren waar sy tussen die eetkamerstoele rondkruip. “Anelle, keer daar! Wat eet sy nou weer?”

      “Seker ’n kakkerlak,” mompel ek terwyl ek Lauren se spoegerige vingers uit haar mond haal. As daar iets is waarvan ek genoeg gehad het, is dit baba oppas – nie dat enigiemand oor mý behoeftes gepla is nie.

      “Iewers waar ek kan visvang en julle op ’n goue strand kan ontspan,” fantaseer Pa. “Met geen hinderlike televisie, selfone en rekenaars nie. Iewers ekologies-vriendelik …” Hier kyk hy betekenisvol na Ma. “Net ons vyf, ons vuurtjie en ons tent.”

      Ek verstik aan ’n ertjie. “Net ons vyf?” hoes ek. “Pa is seker mal.”

      Ma se stem is vlymskerp. “Jy weet net so goed soos ek, Petrus, visvang en goue strande gaan nie saam nie! Vissermanne soek rotse, dis wat.”

      Ek sien my kans. “Jana-hulle gaan elke jaar Duinebaai toe,” vertel ek. “Sy sê dis heng lekker! Daar’s ’n groot lagune waar almal seil en swem en waterski, en die kamp is vol gawe mense wat elke jaar soontoe gaan, en almal kuier saam en het vet pret. Ma sal dit baie geniet. Pa ook. Daar’s ’n lekker rotsbank waar die ooms visvang.”

      “Klink of daar cool chicks kan wees,” laat hoor Arno van hom.

      Ek gluur na hom. Ek meen, hy’s nege, wat is sy storie?

      Pa lyk skepties. “Is die plek darem op die kaart? Ek het eerder gedink aan Hondeklipbaai. Daar aan die goeie ou Weskus. Dis ideale visvangwêreld.”

      Ek snak na asem. “Hondeklipbaai?” kerm ek. “Niémand gaan soontoe nie!”

      Tot my verligting stoot Ma haar bord met ’n besliste gebaar weg. “Vergeet van Hondeklipbaai. Ek gaan sit nie op ’n hoop klippe in die middel van nêrens nie. Beslis nie met ’n sewe maande oue baba nie. Duinebaai klink vir my na ’n uitstekende idee. Anelle, jy kan dit na ete gaan Google en sommer na ’n paar blyplekke kyk. Ons sal vinnig moet bespreek.”

      Pa hap nog na asem, toe spring ek al uit my stoel, raap Lauren op en plant ’n klapsoen op haar wang. Skielik voel ek soos ’n marshmallow oor my babasus. Ek meen, sy het my so pas gered van ’n vakansie op – aarg! – Hondeklipbaai.

      “Ug!” Ek vee my hande aan my jeans af. Nie net is Lauren taai en vol spoeg nie, ek moet ons vakansieplanne gaan vorm gee, voor Pa of Ma van plan verander.

      Uitgelate dans ek in die gang af. “Ek bel gou eers vir Jana!” roep ek oor my skouer. “Sommer op die landlyn. Dan vind ek alles uit vir Ma!”

      “Vra of daar ’n wasmasjien is!” skree sy agterna.

      “Ek sal!” jubel ek.

      Ek sukkel al jare om Pa te oorreed om Duinebaai toe te gaan, maar elke keer val iets voor: óf Pa moet werk, óf daar is net nie geld nie. Hierdie keer gaan niks my vakansie bederf nie, daarvan gaan ek seker maak.

      Jana is net so opgewonde soos ek. “Oe, lekker!” gil sy. “Dis wonderlik dat julle juis hierdie vakansie kan kom!”

      Ek is dadelik agterdogtig. “Wat is so wonderlik aan hierdie vakansie?”

      Jana sug. “Heinrich-hulle kom nie. Hulle gaan na sy simpel oom se simpel wildplaas in die simpel Bosveld.” Sy klik haar tong. “Dis net só onregverdig. Maar gelukkig gaan jý darem daar wees, dit sal help.”

      “Vra nou van die wasmasjien!” roep Ma in die gang af.

      Ek druk my voorvinger in my linkeroor, rol my oë en sê met ’n verveelde stem: “My ma wil weet of daar ’n wasmasjien is.” Ek wag nie vir ’n antwoord nie. “Dis jammer van Heinrich,” fluister ek.

      Ek is glad nie so spyt oor Heinrich as wat ek voorgee nie. Jana gaan al meer as ’n jaar lank vas uit en dit sal lekker wees om haar ’n slaggie vir myself te hê. Veral noudat ek niemand het nie – danksy daardie slet van ’n Jenni Malan.

      “Ag, ek sal dit oorleef,” babbel Jana voort. “Ek’s net só bly julle kom. Dit gaan fantasties wees! Ek gaan hoor gou by my pa wat dit kos en alles.”

      “Is daar ’n wasmasjien?” brul Ma uit die eetkamer.

      “Jy’t dit seker gehoor?” giggel ek.

      Jana giggel saam. “My ma is nie nou hier nie, maar ek’s amper seker daar is.”

      “Wag gou.” Ek skree af in die gang: “Sy sê daar is!”

      Die foon is dadelik weer by my oor. Dis ’n hele ruk stil, dan sê Jana uitasem: “My pa bespreek altyd ’n ekstra staanplek langs ons s’n. Ingeval daar vriende of familie is wat wil saamgaan. Hy sê julle kan dit enige tyd kry. En julle kan ’n karavaan daar huur. Hy sê hy sal later vanaand met jou pa praat.”

      “Cool. Sien jou môre.”

      Ek wals in die gang af en val agteroor op my bed. Dit gaan die vakansie van my lewe wees. Dis net wat ek nodig het. Ver van Stellenpark Hoër af. ’n Ander omgewing. Ander mense. Ander dinge om te doen. En veral … géén Pierre du Toit of Jenni Malan nie.

      My mond proe bitter.

      Rugbyspelers is die laagste vorm van lewe. En Pierre du Toit is die laagste van die laagstes. Los my sommer net so ’n week voor die Lentedans vir Jenni Malan. Die nuwe meisie met die megakort rokkies, pers wimpers en die hees stem.

      Wat ’n koei!

      Dis net ongelooflik dat ’n ou in hierdie verligte eeu nog vir so een kan val. Wel, as hy in háár belangstel, is hy my nie werd nie, is hy nie my tipe nie. Nee, my lewe is tonne beter sonder hom.

      Maar hoekom laat die gedagte aan Pierre en Jenni, wang teen wang op die dansvloer, my nog steeds siek voel? En hoekom wens ek nog amper elke dag dat Jenni een oggend gaan opstaan met vet enkels en draadjies in die tande?

      hart2.jpg

      Die

Скачать книгу