Uit die Beek 2013. Attie van Wijk

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Uit die Beek 2013 - Attie van Wijk страница

Uit die Beek 2013 - Attie van Wijk Uit die Beek

Скачать книгу

cover.jpg

      Uit die Beek 2013

      Attie van Wijk

      LUX VERBI

      Voorwoord

      Baie welkom by nog ’n jaar van saam luister na die Woord van God. Ons sal om die beurt ’n boek uit die Ou Testament en die Nuwe Testament bestudeer. As jy al vyf jaar in die siklus saam met ons gestap het, het jy al 66 boeke in die Bybel van voor tot agter deurgelees. Dit is daarom belangrik om ook die aandgedeelte elke dag te lees.

      Gebruik asseblief die gebedsgids in hierdie boek om jou te help om elke dag sinvolle voorbidding te doen, sonder om in dieselfde rympie te verval.

      Ds AJ van Wijk (Snr) het in 1925 begin om hierdie oordenkings te skryf. Sedert 1927 is dit die Uit de beek genoem, na aanleiding van Ps 110:7 in die Nederlandse Bybel: “Hij zal op den weg uit de beek drinken; daarom zal Hij het hoofd omhoog heffen.” ’n Beek is natuurlik ’n bergstroompie. Die gedagte is dat ons onsself elke dag moet verfris by die vars water van die Woord vir die dag wat voorlê. Sedert 1929 is hierdie oordenkings in Afrikaans geskryf, wat Uit die Beek die oudste Bybeldagboek in Afrikaans maak. Hierdie is die 88ste uitgawe daarvan. En ons sal sien dat die Bybel elke dag byderwets, nuut en vars is. Die huidige skrywer is ’n kleinseun van die oorspronklike skrywer. Sy e-posadres is [email protected].

      Ons begin weer vanjaar met ’n nuwe vyfjaarsiklus. In die Ou Testament lees ons deur Genesis, Josua, Spreuke en Jesaja. In die Nuwe Testament lees ons deur Matteus, Romeine, Filippense en Jakobus. Sondae lees ons uit die Psalms. Ons sal ontdek hoe aktueel selfs die minder bekende Bybelboeke vir ons daaglikse lewe is.

      Dié dagboek is geskik vir jou persoonlike stiltetyd, en ook om tydens huisgodsdiens gebruik te word. Om daarmee te help, gee ons elke dag ’n geselsvraag om die gesin te betrek.

      Mag hierdie jaar vir jou ’n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is! Bou elke dag aan jou verhouding met Hom!

      Sake vir daaglikse voorbidding

      SONDAG: Die uitdra van die evangelie

      • Dat elke prediker deur die Heilige Gees vervul sal wees

      • Dat die hoorders daders sal word

      • Dat gelowiges toegerus sal word vir die week

      • Dat ongelowiges tot geloof sal kom

      • Vir die vertaling en verspreiding van die Bybel

      MAANDAG: Opleidingsinrigtings

      • Dat elke dosent en onderwyser Christus sal verheerlik

      • Dat elke leerder kwaliteit-onderrig sal kry

      • Dat dissipline herstel sal word

      • Dat die jeug reg gevorm sal word

      • Dat dosente en onderwysers geesdriftig sal volhard

      DINSDAG: Die jeug

      • Dat ouers die regte voorbeeld sal stel

      • Dat kinders die Here tuis sal leer ken

      • Dat kinders groepsdruk sal weerstaan

      • Dat kinders die regte keuses sal maak

      • Dat kinders mekaar na Jesus sal lei

      WOENSDAG: Owerhede

      • Dat ons leiers die Here sal leer ken en volg

      • Dat die regering die regte besluite sal neem

      • Dat die parlement God sal verheerlik

      • Vir die veiligheidsdienste, polisie en weermag

      • Dat misdaad en korrupsie uit ons land sal verdwyn

      DONDERDAG: Sending en getuienis

      • Vir ’n sendingvisie en -passie by elke gelowige

      • Vir jul sendelinge en hul gesinne by name

      • Dat Christene die Woord vreesloos sal uitleef

      • Dat die Gees harte sal voorberei en verander

      • Vir die nodige finansies vir die werk

      VRYDAG: Diens van barmhartigheid

      • Vir kundige hulp aan werkloses en armes

      • Vir bevryding uit die armoedespiraal

      • Vir die inrigtings wat mense probeer help

      • Vir die nodige finansies hiervoor

      • Vir elkeen wat in beproewing verkeer

      SATERDAG: Herlewing

      • Dat elke Christen die Here sal ken en gehoorsaam

      • Dat God op elke vlak van die lewe verheerlik sal word

      • Dat die Heilige Gees kragtig sal werk

      • Dat die kerk ’n verskil in die wêreld sal maak

      • Dat ons gereed sal wees vir die wederkoms van Christus

      Januarie

      Welkom by Genesis

      SKRYWER:

      • Tradisioneel en volgens verwysings in die res van die Bybel was dit Moses wat die eerste vyf boeke van die Bybel op skrif gestel het, hoewel sy naam nie in Genesis voorkom nie.

      EERSTE LESERS:

      • Dit is geskryf om vir die Israeliete te wys waar hul volk vandaan kom en wat hul roeping is.

      DATUM:

      • Dit dek die tydperk van die skepping af tot die dood van Josef in ongeveer 1804 vC. Indien die tradisie korrek is, is dit tussen 1445 en 1405 vC (die eksodus) geskryf.

      DOEL:

      • Om te wys dat God reeds vanaf die skepping in die wêreld aan die werk is, en dat Hy ’n volk uitgekies het om sy verbondsvolk te wees.

      HOOFTREKKE:

      • Die skepping tot die dood van Tera (1–11).

      • Abraham se aankoms in Kanaän tot Josef se wegvoering (12–36).

      • Die verhaal van Josef in Egipte (37–50).

      LET OP NA:

      • Jesus se lering en die teologie van die Nuwe Testament is in groot mate gegrond op Gen 1–11.

      • Die begin van die skepping, van sonde en van die verbond.

      CHRISTUS

Скачать книгу