Die Sewe Feeste. Johan Malan

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die Sewe Feeste - Johan Malan страница

Автор:
Серия:
Издательство:
Die Sewe Feeste - Johan Malan

Скачать книгу

      Die sewe feeste

      God se profetiese raadsplan vir redding en groei

      JOHAN MALAN

      LUX VERBI

      Voorwoord

      Dit is met kenmerkende deeglikheid en suiwerheid van begrip dat Johan Malan hierdie boek oor die feeste van Israel geskryf het. Hy bied ’n baie gebalanseerde beskouing aan oor die onderwerp en ruim verskeie misverstande uit die weg oor hoe, waarom en of hierdie feeste in ons tyd gevier moet word. Terselfdertyd stel hy sonder skroom sekere van die ekstremistiese en verkeerde sienings wat oor hierdie onderwerp gehuldig word reg.

      Hoe verder ek in die boek gelees het, hoe duideliker het dit vir my geword dat my vriend deur die Heilige Gees gelei word in sy siening oor die profetiese betekenis van die feeste. Hy verbind die feeste van Israel op ’n wonderlike en Bybelse manier met die eerste en tweede koms van die Messias. In hierdie tyd van verwarring en misleiding is dit besielend om ’n boek teë te kom wat nie alleen teologies suiwer is nie, maar ook baie leesbaar en insiggewend is. Die groot saak van die Verlosser wat uit die hemel gekom het om sy liefde aan ons te bewys en Homself vir ons oor te gee, is deurgaans die belangrikste onderwerp van bespreking.

      Ek kan met vrymoedigheid sê dat hierdie boek ’n waardevolle bydrae sal lewer tot eindtydse literatuur. Dit sal ons help om die tyd waarin ons leef beter te verstaan en ons met heilige afwagting vervul vir die dinge wat nog moet gebeur. Die boek moes lankal verskyn het, en ek beveel dit baie sterk aan by Jode sowel as nie-Jode vir wie dit ’n saak van erns is om in die volle raad van God te wandel.

      John Haupt

      Skrywer en toerleier na Israel

      Prof Johan Malan het geen bekendstelling onder evangeliese Christene nodig nie. Hy is nie net landwyd as ’n skrywer en spreker bekend nie, maar ook internasionaal. Sy skryfvermoë is ’n Godgegewe talent wat hy oor die jare heen verder ontwikkel het. Wanneer hy praat of skryf, besef jy dadelik dat hy weens sy grondige Bybelkennis uit ’n baie diep bron van kennis oor die onderwerp put.

      Hy skryf beslis nie vir eie gewin nie, maar uitsluitlik om God se koninkryk op aarde uit te brei en te dien, en om gelowiges toe te rus vir hul dienswerk. Johan is veral ingestel op praktiese heiligmaking en om die gelowige se verhouding met Jesus Christus in al sy fasette toe te lig.

      Die skrywer se liefde vir Israel en hul rol in die eindtyd is aangrypend en hy begelei sy lesers om ’n breër Bybelse perspektief te verkry op die tyd waarin ons leef. Sy werke verdien ’n staanplek op elke gelowige se boekrak.

      Dr EJ Zevenster

      Stigter en Direkteur: Radio Tygerberg

      1

      Skadubeeld en werklikheid

      Die feeste van die Here in Levítikus 23 is van die boeiendste en mees insiggewende gedeeltes in die Ou Testament, omdat hulle ’n profetiese program bevat oor die toekomstige openbaring van die Messias in Nuwe-Testamentiese tye. Die verskillende rituele en aktiwiteite is ’n bloudruk van God se plan om die hele mensdom te red. Die inhoud van die feeste is onderrigtend omdat hulle aan gelowiges kosbare inligting verskaf oor wat die Messias tydens sy eerste en tweede koms sou doen. Hulle is ook toewydend omdat hulle aan Israel toon, asook aan alle toekomstige gelowiges, hoe die Messias gevolg, aanbid en gedien moet word. In tipologiese vorm verskaf hulle ’n vroeë leerstellige basis vir die verlossingswerk van die Messias, asook vir die uiteindelike openbaring van sy koninkryk nadat die geestelike oes vir sy koninkryk onder alle nasies ingesamel is.

      Die sewe feeste en hul vervulling word in die tabel hieronder aangetoon:

Ou-Testamentiese Skaduwee Nuwe-Testamentiese Vervulling
1. Paasfees Offer van die Lam van God
2. Fees van die Ongesuurde Brood Begrafnis van die Messias
3. Fees van die Eerstelinge Die Messias se opstanding
50 dae tussen Eerstelinge en Pinkster (Fees van die Weke) 50 dae tussen die opstanding van Christus en Pinkster
4. Pinksterfees (vier die ontvang van die wet) Pinkster (vier die uitstorting van die Heilige Gees)
Vier maande waartydens die oes in Israel ingesamel word Dispensasie van wêreldevangelisasie om ’n oes vir God se koninkryk onder alle nasies in te samel
5. Die Fees van die Basuine Finale insameling van die oes Blaas van die basuin van God God se oes word ingesamel
Die sewe verskriklike dae van toetsing en verootmoediging* Die sewe jaar van die verdrukking (Daniël se 70ste jaarweek)
6. Die Groot Versoendag Wederkoms van die Messias
7. Die Loofhuttefees Die Messias se vrederyk

      * Die sewe verskriklike dae waarna in die tabel verwys word, is deel van die tien verskriklike dae van 1 tot 10 Tisjri, waarvan die eerste twee met die Fees van die Basuine saamval en die tiende een met die Groot Versoendag. Die sewe dae tussenin verwys na die tyd van benoudheid vir Jakob (die verdrukking van sewe jaar).

      Die eerste vier van hierdie feeste, naamlik die Paasfees (Pesach), die Fees van die Ongesuurde Brood (Hag Hamatzah), die Fees van die Eerstelinge (Bikkurim), en die Pinksterfees (Shavuot), leer ons oor belangrike gebeurtenisse in verband met die eerste koms van die Messias (Mashiach), terwyl die laaste drie feeste, naamlik die Fees van die Basuine (Yom Teruach of Rosh Hashanah), die Groot Versoendag (Yom Kippur), en die Loofhuttefees (Sukkot) verband hou met belangrike gebeure wat met die wederkoms van die Messias geassosieer word.

      Die feeste leer ons die dieper dinge oor ons verhouding met God en sy Seun, die Messias, wat Homself as losprys vir ons sonde gegee het. Ons sal opgewonde raak oor die wonderlike manier waarop die feeste in Nuwe-Testamentiese tye vervul word, en nuwe waardering kry vir die foutloosheid van die Bybel as God se Woord – veral oor die vervulling van Bybelse profesieë en Ou-Testamentiese

Скачать книгу