In gesprek met God. Milanie Vosloo

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу In gesprek met God - Milanie Vosloo страница

Автор:
Серия:
Издательство:
In gesprek met God - Milanie Vosloo

Скачать книгу

ection>

      In gesprek met God

      Milanie Vosloo

      Hoe groot is die mag van gebed!

      Dis nie nodig om hoogdrawend geykte woorde

      te vorm nie …

      nog minder om geleerd, gewild of

      sterk gelowig

      te wees.

      Want gebed is die voorreg

      om met God te gesels:

      oor jou twyfel, ongeloof, sonde, pyn,

      vrae, vreugde …

      op jou manier.

      Gesels saam met my in hierdie bundel.

      Bid jou eie bid.

      En luister.

      Hy sál antwoord.

      Liewe Vrou

      Sukkel jy soms om met God te praat? Stoei jy soms met jou geloof, jou gebedslewe en die baie dinge wat jy nie verstaan nie? Dan is In Gesprek met God vir jou bedoel. Want die waarheid is dat God, ongeag waar jy in jou lewe is, hééltyd met jou wil gesels. Hy wil hê dat jy jou hart se twyfel, verlange en seer sonder skroom voor Hom sal neersit en dat jy soms woordeloos net voor Hom sal sit … sodat Hy Homself aan jou kan openbaar. En sodat Hy jou kan vertel hoe kosbaar jy in sy oë is, hoe naby Hy aan jou wil leef en hoe lief Hy jou het.

      God wil met jou praat … selfs wanneer jy nie wil nie.

      Want Hy verstaan jou twyfel, jou weerloosheid, jou vrese en jou pyn … omdat Hy self daar was.

      Mag die eerlike woorde in hierdie boek jou help om te gesels met die Een wat jou so liefhet dat Hy lank reeds vir jou gesterf het … dat Hy lank reeds vir jou leef. Mag jy Hom in die stilte van jou hart vind en beleef hoe Hy vir sê: Ek het jou oneindig lief, my kind!

      Vrede vir jou, Vrou.

      Milanie Vosloo

      Op soek na God

      Hoe kry ek U?

      Here, ek soek maniere om U te vind …

      die een deel van my smag na U,

      terwyl die ander deel van U wegskram.

      Is dit onkunde, sonde en vrees?

      Ja, Here, ek is soms báng vir U

      – soos ’n kind vir sy pa.

      Wys my asseblief Uself, Here.

      Maak my vry van my skuld, twyfel en vrees

      totdat daar ruimte is vir U.

      Help my onthou: Al die jare sonder U

      hoef nie in die plek te staan

      van ’n lewe saam met U nie.

      Hier is ek, Here.

      Ek kan nie self glo nie … maar U kan my láát glo.

      Ek kan nie verander nie; omskep U my.

      U kán my ’n nuwe lewe gee …

      nuwe denke, ’n nuwe gees, ’n nuwe liggaam.

      Vader, maak my volkome nuut.

      Waar is U?

      Mense wonder oor U, Here.

      Baie twyfel aan u bestaan.

      Ons almal bevraagteken soms u planne.

      U’t alle rede om ons kwalik te neem daaroor,

      want dis eintlik omdat ons te méns is

      om U rêrig te verstaan!

      Hoor ons stom gepraat, Vader.

      Gee alsiende brille vir ons oë se skille.

      Alwyse God, bring

      antwoorde

      sekerheid

      vrede.

      Ek’s stom

      Here, ek kan nie met U praat nie!

      Woorde wil nie uit my seer vorm nie.

      My gedagtes spring soos popcorn

      in ’n mikro rond.

      (Miskien wíl ek nie bid nie?)

      O Gees, bid asseblief vir my.

      Praat tog met my!

      Here, ek hoor U nie!

      Ek soek bakens, padwysers, vuurtorings,

      antwoorde, rigting, leiding

      in Die Bybel, mense se raad, toevallige gebeure …

      in die wind se kartels op die see,

      in stuifreën, misnewels, die son wat rooi verkwyn.

      En ek weet nie of dit U is wat praat nie.

      Leer my U hóór.

      Help my om u hand ráák te vat.

      Loop u pad met my, Here.

      Laat ek U sonder voorbehoud volg

      – vertrou –

      al verstaan ek niks.

      Wys my die leidrade.

      Wys my u rigting.

      Leer my U sién.

      Leer my die alfabet van u taal.

      Luister

      As die geloofsheld Paulus gesê het

      ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie,

      hoe moet ék weet, Here?

      Help my

      met my gedagtes en my woorde,

      my hande, voete, knieë,

      maar veral, Here,

      met my ore.

      Verdor

Скачать книгу