Uit die Beek 2015. Attie van Wijk

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Uit die Beek 2015 - Attie van Wijk страница

Uit die Beek 2015 - Attie van Wijk Uit die Beek

Скачать книгу

ion>

      

      Uit die

      Beek

      2015

      Attie van Wijk

      Lux Verbi

      Voorwoord

      Baie welkom by nog ’n jaar van saam luister na die Woord van God. Ons sal om die beurt ’n boek uit die Ou Testament en die Nuwe Testament bestudeer. As jy die siklus die afgelope vyf jaar saam met ons deurloop het, het jy al 66 boeke in die Bybel van voor tot agter deurgelees. Daarom is dit belangrik om ook die aandgedeelte elke dag te lees.

      Gebruik die Gebedsgids in die boek om jou te help om elke dag sinvol voorbidding te doen, sonder om in dieselfde rympie te verval.

      Ds AJ van Wijk (sr) het in 1925 begin om hierdie oordenkings te skryf. Sedert 1927 is dit Uit de Beek genoem, na aanleiding van Psalm 110:7 in die Nederlandse Bybel: “Hij zal op den weg uit de beek drinken; daarom zal Hij het hoofd omhoog heffen.” ’n Beek is natuurlik ’n bergstroompie. Die gedagte is dat ons ons elke dag moet verfris by die vars water van die Woord. Sedert 1929 is dié oordenkings in Afrikaans geskryf, wat Uit die Beek die oudste Bybeldagboek in Afrikaans maak. Hierdie uitgawe is die 89ste. En ons sal sien dat die Bybel elke dag steeds byderwets, nuut en vars is. Die huidige skrywer is ’n kleinseun van die oorspronklike skrywer. As jy hom wil kontak, sy e-posadres is [email protected].

      In die Ou Testament lees ons vanjaar uit Levitikus, 1 en 2 Samuel, Job en Esegiël; en in die Nuwe Testament uit Lukas, Galasiërs, 1, 2 en 3 Johannes. Sondae lees ons, soos gewoonlik, uit die Psalms. Ons sal ontdek hoe aktueel selfs die minder bekende Bybelboeke vir ons daaglikse lewe is.

      Dié dagboek is geskik vir jou persoonlike stiltetyd, en om tydens huis­godsdiens te gebruik. Om daarmee te help gee ons elke dag ’n geselsvraag om die gesin te betrek. Dit sal julle help om die Skrifgedeelte elke dag op julleself toe te pas.

      Mag hierdie jaar vir jou ’n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.

      Sake vir daaglikse voorbidding

      Sondag: Die uitdra van die evangelie

      • Dat elke prediker deur die Heilige Gees vervul sal wees

      • Dat die hoorders daders sal word

      • Dat gelowiges toegerus sal word vir die week

      • Dat ongelowiges tot geloof sal kom

      • Vir die vertaling en verspreiding van die Bybel

      Maandag: Opleidingsinstellings

      • Dat elke dosent en onderwyser Christus sal verheerlik

      • Dat elke leerder gehalteonderrig sal kry

      • Dat dissipline herstel sal word

      • Dat die jeug reg gevorm sal word

      • Dat dosente en onderwysers geesdriftig sal volhard

      Dinsdag: Die jeug

      • Dat ouers die regte voorbeeld sal stel

      • Dat kinders die Here tuis sal leer ken

      • Dat kinders groepsdruk sal weerstaan

      • Dat kinders die regte keuses sal maak

      • Dat kinders mekaar na Jesus sal lei

      Woensdag: Owerhede

      • Dat ons leiers die Here sal leer ken en volg

      • Dat die regering die regte besluite sal neem

      • Dat die parlement God sal verheerlik

      • Vir die veiligheidsdienste, polisie en weermag

      • Dat misdaad en korrupsie uit ons land sal verdwyn

      Donderdag: Sending en getuienis

      • Vir ’n sendingvisie en -passie by elke gelowige

      • Vir jul sendelinge en hul gesinne

      • Dat Christene die Woord vreesloos sal uitleef

      • Dat die Gees harte sal voorberei en verander

      • Vir die nodige finansies vir die werk

      Vrydag: Diens van barmhartigheid

      • Vir kundige hulp aan werkloses en armes

      • Vir bevryding uit die armoedespiraal

      • Vir die instellings wat mense probeer help

      • Vir die nodige finansies hiervoor

      • Vir elkeen wat in beproewing verkeer

      Saterdag: Herlewing

      • Dat elke Christen die Here sal ken en gehoorsaam

      • Dat God op elke vlak van die lewe verheerlik sal word

      • Dat die Heilige Gees kragtig sal werk

      • Dat die kerk ’n verskil in die wêreld sal maak

      • Dat ons gereed sal wees vir die wederkoms van Christus

      Januarie

      Welkom by Levitikus

      Skrywer:

      •Dit is deel van die Tora, die wet van Moses (1:1).

      Eerste lesers:

      •Die boek is geskryf vir die Israeliete op reis na die beloofde land (nie vir die mense van die 21ste eeu nie).

      •Tradisioneel is Levitikus die eerste Bybelboek wat aan alle Joodse kinders geleer is, sodat hulle die verskriklikheid van sonde kon besef.

      Doel:

      •Hoe om met God versoen te word.

      •Hoe om in ’n sondige wêreld vir God te lewe.

      Hooftrekke:

      •Die verskillende offers (1-7).

      •Hoe die priesters aan God gewy is (8-10).

      •Hoe om gereinig te word (11-17).

      •Hoe om feestelik voor God te lewe (18-27).

      Let op na:

      •Ons het nie meer diereoffers nodig sedert Christus die finale offer geword het nie. Dié boek is dus net tydelik van krag. (Die Hebreërbrief verduidelik dit verder.)

      •Ons

Скачать книгу