Uit die Beek 2016. Attie van Wijk

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Uit die Beek 2016 - Attie van Wijk страница

Uit die Beek 2016 - Attie van Wijk Uit die Beek

Скачать книгу

tion>

      

      Uit die

      Beek

      2016

      Attie van Wijk

      Lux Verbi

      Oor die uitleg

      Die uitleg in hierdie digitale uitgawe van Uit die Beek 2016 mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe.

      Voorwoord

      Baie welkom by nog ’n jaar van saam luister na die Woord van God. Ons sal ’n boek uit die Ou Testament en die Nuwe Testament min of meer om die beurt bestudeer. As jy die siklus die afgelope ses jaar saam met ons gevolg het, het jy ál 66 boeke in die Bybel van voor tot agter deurgelees. Daarom is dit belangrik om ook die aandgedeelte elke dag te lees.

      Gebruik die Gebedsgids in die boek om jou te help om elke dag sinvol voorbidding te doen, sonder om in dieselfde rympie te verval.

      Ds AJ van Wijk (sr.) het in 1925 begin om hierdie oordenkings te skryf. Sedert 1927 is dit die Uit de Beek genoem, na aanleiding van 1 Konings 17:4 in die Nederlandse Bybel: “En het zal geschieden, dat gij uit de beek drinken zult …” ’n Beek is natuurlik ’n bergstroompie. Die gedagte is dat ons ons elke dag moet verfris by die vars water van die Woord. Sedert 1929 is hierdie oordenkings in Afrikaans geskryf, wat Uit die Beek die oudste Bybeldagboek in Afrikaans maak. Hierdie uitgawe is die 90ste. Ons sal sien dat die Bybel elke dag byderwets, nuut en vars is. Die huidige skrywer is ’n kleinseun en naamgenoot van die eerste skrywer. Sy e-posadres is [email protected], as jy hom dalk wil kontak.

      In die Ou Testament lees ons vanjaar uit Numeri, 1 en 2 Konings, Daniël, Hooglied, Hosea, Obadja, Miga, Amos en Klaagliedere; en in die Nuwe Testament uit Johannes, Efesiërs, 1 en 2 Tessalonisense, Titus en Hebreërs. Sondae lees ons, soos gewoonlik, uit die Psalms. Ons sal ontdek hoe aktueel selfs die minder bekende Bybelboeke vir ons daaglikse lewe is.

      Dié dagboek is geskik vir jou persoonlike stiltetyd, en ook om tydens huisgodsdiens te gebruik. Om daarmee te help gee ons elke dag ’n geselsvraag om die gesin te betrek. Dit sal julle help om die Skrifgedeelte elke dag op julleself toe te pas.

      Mag hierdie jaar vir jou ’n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is. Bou elke dag aan jou verhouding met Hom!

      Sake vir daaglikse voorbidding

      Sondag: Die uitdra van die evangelie

       • Dat elke prediker deur die Heilige Gees vervul sal wees

       • Dat die hoorders daders sal word

       • Dat gelowiges toegerus sal word vir die week

       • Dat ongelowiges tot geloof sal kom

       • Vir die vertaling en verspreiding van die Bybel

      Maandag: Opleidingsinstellings

       • Dat elke dosent en onderwyser Christus sal verheerlik

       • Dat elke leerder gehalteonderrig sal kry

       • Dat dissipline herstel sal word

       • Dat die jeug reg gevorm sal word

       • Dat dosente en onderwysers geesdriftig sal volhard

      Dinsdag: Die jeug

       • Dat ouers die regte voorbeeld sal stel

       • Dat kinders die Here tuis sal leer ken

       • Dat kinders groepsdruk sal weerstaan

       • Dat kinders die regte keuses sal maak

       • Dat kinders mekaar na Jesus sal lei

      Woensdag: Owerhede

       • Dat ons leiers die Here sal leer ken en volg

       • Dat die regering die regte besluite sal neem

       • Dat die parlement God sal verheerlik

       • Vir die veiligheidsdienste, polisie en weermag

       • Dat misdaad en korrupsie uit ons land sal verdwyn

      Donderdag: Sending en getuienis

       • Vir ’n sendingvisie en -passie by elke gelowige

       • Vir jul sendelinge en hul gesinne

       • Dat Christene die Woord vreesloos sal uitleef

       • Dat die Gees harte sal voorberei en verander

       • Vir die nodige finansies vir die werk

      Vrydag: Diens van barmhartigheid

       • Vir kundige hulp aan werkloses en armes

       • Vir bevryding uit die armoedespiraal

       • Vir die instellings wat mense probeer help

       • Vir die nodige finansies hiervoor

       • Vir elkeen wat in beproewing verkeer

      Saterdag: Herlewing

       • Dat elke Christen die Here sal ken en gehoorsaam

       • Dat God op elke vlak van die lewe verheerlik sal word

       • Dat die Heilige Gees kragtig sal werk

       • Dat die kerk ’n verskil in die wêreld sal maak

       • Dat ons gereed sal wees vir die wederkoms van Christus

      Januarie

      Welkom by Numeri

      SKRYWER:

       • Moses (33:2).

      EERSTE LESERS:

       • Oorspronklik geskryf vir die volk van Israel op pad na die beloofde land, maar ook as gids daarna.

      DATUM:

       • Omstreeks 1400 v.C. tot 1440 v.C.

      DOEL:

       • Numeri is die vierde van die vyf “boeke van Moses”, ook genoem “die wet” oftewel die Pentateug (= vyf boeke). Dit volg op die boek Levitikus en word gevolg deur Deuteronomium. Die naam kom van die sensus wat twee keer in die loop van die boek

Скачать книгу