Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes. Hilda Lategan

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes - Hilda Lategan страница

Автор:
Жанр:
Серия:
Издательство:
Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes - Hilda Lategan

Скачать книгу

>

      

      Suid-Afrikaanse

      KOOKBOEK VIR DIABETES

      SMAAKLIK EN GESOND VIR ALMAL

      Hilda Lategan RD (SA)

      Tafelberg

      Die uitleg in hierdie digitale uitgawe van Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die teks.

      VOORWOORD

      Die diagnose van enige siektetoestand kan baie beklemmend wees, veral as daar in die proses ook aan jou eetgewoontes gekarring word! Om lekker te kan eet is ’n natuurlike behoefte en vir baie van ons deel van ’n daaglikse roetine.

      Wanneer jy jou leefwyse moet verander en ook jou eetgewoontes aanpas ter wille van beter gesondheid en lewensgehalte, kan jy moedeloos raak as jy nie die kennis en vaardigheid het om sulke maaltye te berei nie, veral as jy nog altyd die idee gehad het dat gesonder kos vaal en smaakloos is.

      Op versoek van Tafelberg-Uitgewers het ek die beste resepte uit my vorige twee kookboeke, Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulienweerstandigheid Deel 1 en 2, geneem en nuwe inligting asook staatmakerresepte bygewerk. Die doel van die resepte in hierdie kookboek is om kos vir die hele gesin te berei wat nie net ’n laer glukemiese indeks (GI), minder vet en minder kilojoules het nie, maar ook gesond en maklik is om te maak.

      Ondanks die titel van die boek is die geregte ook veilig en geskik vir die beheer van verhoogde bloedvette soos cholesterol en trigliseriede, verhoogde bloeddruk, jig, lae bloedsuiker, hardlywigheid en gesonde verslanking.

      Danksy my daaglikse konsultasies met pasiënte is ek baie bewus van die neiging onder Suid-Afrikaners om vetterige wegneem- en gemorskos te eet as gevolg van hul beperkte tyd om maaltye te berei. Daarom is die meeste resepte in hierdie kookboek bedoel vir maklike en voedsame maaltye en versnaperings – vir tussen maaltye en laataand – wat met oorwegend bekende, beskikbare en bekostigbare bestanddele berei kan word.

      Hierdie boek vervang nie ’n besoek aan ’n dieetkundige nie. Met ’n maaltydplan wat volgens jou persoonlike en unieke behoeftes uitgewerk is, kan jy die resepte en inligting in die boek soveel beter benut om jou bloedsuiker te beheer.

      Dit is my wens dat die boek jou sal help om smaaklike en voedsame maaltye te geniet wat jou bloedsuiker- en bloedvetvlakke beheer en goeie gesondheid en ’n kwaliteitlewe bevorder.

      Lekker eet!

      Hilda Lategan RD (SA)

      INLEIDING

      Daar word geraam dat 366 miljoen mense wêreldwyd diabetes het, en volgens die Internasionale Diabetesvereniging (IDF) sal sowat 552 miljoen mense teen 2030 aan die siekte ly. Hierdie syfers is heelwat hoër as vorige skattings.

      In Suid-Afrika word gereken dat daar tans reeds 3,5 miljoen mense (sowat ses persent van die bevolking) met diabetes gediagnoseer is. ’n Verdere vyf miljoen Suid-Afrikaners is na raming prediabeties vanweë insulienweerstandigheid, ’n toestand wat bydra tot verhoogde bloedglukose, hoewel hierdie bloedglukosewaardes nie hoog genoeg is dat die persoon met tipe 2-diabetes gediagnoseer kan word nie. Dit neem gemiddeld sewe jaar voordat iemand met diabetes gediagnoseer word, en teen dié tyd het daar dikwels reeds komplikasies weens die siektetoestand ingetree. Die meerderheid van lyers het tipe 2-diabetes.

      Ondanks hierdie skrikwekkende syfers is daar die bemoedigende boodskap dat diabetes nie ’n geïsoleerde, onbekende siekte is wat net vir jou of jou naasbestaandes tref nie, en dat daar mediese navorsing, voedingkundige inligting en medikasie is wat kan help met die beheer van die siektetoestand.

      Die vroeë diagnosering van diabetes tesame met die pro-aktiewe behandeling daarvan is belangrik om komplikasies op lang termyn te voorkom en ’n beter lewensgehalte en lewensverwagting te verseker. ’n Persoon met diabetes wie se toestand beheer word, is nie siek nie en hy of sy kan ’n gesonde, aktiewe en gelukkige lewe sonder komplikasies lei. Soos enige ander mens behoort ’n persoon met diabetes ’n gesonde leefstyl na te streef en hy of sy moet gereeld oefen, gebalanseerd eet, matig alkohol gebruik en genoeg rus en ontspan.

      Waarom ontstaan diabetes?

      Insulien is die hormoon wat glukose in die liggaamselle opneem en help om dit in energie om te sit. Insulien is ook betrokke by die omskakeling en die berging van onbenutte glukose en energie in die vorm van liggaamsvet.

      Diabetes is die toestand waar die liggaam nie die bloedglukosevlakke doeltreffend kan beheer nie omdat die pankreas (die klier wat insulien vervaardig) te min of geen insulien produseer nie. Dit gebeur ook dat die pankreas wel insulien produseer, maar dat dit nie doeltreffend gebruik word nie, in gevalle wat later onder tipe 2-diabetes bespreek sal word.

      Wanneer te min of geen insulien teenwoordig is, kan die glukose nie behoorlik in die sel opgeneem word nie. Die bloedglukose styg en die bloed word gevolglik dik en “stroperig”, terwyl van die oortollige glukose ook in die urien uitgeskei word. ’n Hoë bloedglukosevlak is gevaarlik en kan ernstige komplikasies inhou as dit nie behandel word nie.

      Wat is die simptome van diabetes?

      Die simptome van ’n onbeheerde hoë bloedglukosekonsentrasie sluit in:

      1.Oorweldigende dors, omdat die liggaam die glukose in die bloed probeer verdun sodat dit deur die niere uitgeskei kan word. Hierdie proses lei tot die oormatige uitskeiding van urien en kan uiteindelik dehidrasie en die verlies van elektroliete tot gevolg hê.

      2.Moegheid en swakheid, omdat te min glukose die selle bereik waar energie geproduseer word.

      3.Lyfseer en griepsimptome as gevolg van metaboliese wanfunksie en inflammasie.

      4.Versteurde sig, omdat die veranderings in die bloedglukosevlakke die druk in die oogbal verhoog, terwyl die posisie en vorm van die lens in die oogbal ook verander.

      5.Naalde-en-spelde-sensasie in die voete en hande weens die aantasting van die senuwee-eindpunte.

      6.Knaende honger, die behoefte om aanhoudend te peusel en gewigsverlies, omdat die glukose nie doeltreffend in die liggaamselle opgeneem en in energie omgeskakel word nie. Die liggaam breek dan van sy eie vet en proteïene (spiere) af om in sy behoefte vir energie te voorsien.

      7.’n Jeukerige vel, infeksie en vertraagde wondgenesing weens die gunstige teelaarde wat deur die teenwoordigheid van suiker geskep word vir bakterieë en ander organismes.

      8.Koma – verlies van bewussyn, ’n gevaarlike toestand.

      ’n Ongesond hoë bloedglukosekonsentrasie en diabetes mellitus word gediagnoseer op ’n kapillêre bloedglukosekonsentrasie van 7,1 mmol/liter (vastend) of 11,1 mmol/liter (twee uur ná ’n maaltyd of lukraak) en met ’n HbA1c van hoër as 6,5%. Die HbA1c is ’n merker van hoe doeltreffend jou bloedglukose die voorafgaande drie maande beheer is.

      Die bloedglukosekonsentrasie kan ook te laag daal (laer as 3,5 mmol/liter) indien te veel insulien gespuit word of medikasie nie volgens voorskrif gebruik word nie, as die voorgeskrewe maaltydplan nie gevolg word nie, maaltye oorgeslaan word, onbeplande fisieke aktiwiteit meer energie vereis as waarvoor in die maaltydplan voorsiening gemaak is,

Скачать книгу