Heuning uit die swarthaak. Donald W. Riekert

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Heuning uit die swarthaak - Donald W. Riekert страница

Автор:
Серия:
Издательство:
Heuning uit die swarthaak - Donald W. Riekert

Скачать книгу

tion>

      

      Donald W. Riekert

      Heuning uit die swarthaak

      Tafelberg

      Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Heuning uit die swarthaak mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

      Vir oom Jaap en tant Bets

      In die begin

      In die begin het

      die Skepper die groot

      wilde-olyf op Thamoanche

      se nek gevel en uit die

      taaihout die eerste man

      gekerf daarna die

      wilde-olyfolie saam gemaal

      met die blommetjies

      van die swarthaak tot die

      vrou opstaan uit die

      jonasklip en in die geur

      van heuning die olyf

      uit daardie man se hand eet

      Gebed tot die aardvark

      O aardvark dier van donkermaan

      keer terug kom help

      kom uit jou skuiling

      gee die lig van volmaan

      want die gras het vlerkies gekry

      gras vlieg en sweef

      ’n wolk wat wit is

      en wat donker bring

      wat als verteer

      en hope grond tot groot kasteel bewerk

      O aardvark redder wat verdwyn het

      die rysmier het wit eiertjies

      oor die hele Suurveld gestrooi

      kom eet ons offer in die stof

      red ons verlate land

      Blink kristal

      Die swart kraai

      het baie jare terug

      ’n stokkie aluminium

      oor Mamatwan laat val

      in die buik van die aarde

      tussen al die swart mangaan

      het dit gedrink gedrink geswel

      tot hierdie pers kristal watersag

      en broos die lig van baie

      watervloede

      in een reënboog buig

      Die Heilige Stad

      Pa het soms as hy luister

      na die lied van die

      Heilige Stad bewoë geraak

      en ook gesing Jerusalem

      Jerusalem soms kla Ma

      dat Pa die stemming steur

      maar Pa trek oop sy stem

      en roep die Heilige Stad

      wat in sy blou hemel

      êrens rondom Thamoanche

      en Maroping sou neerdaal

      Die vaal maan

      Die vaal maan

      dryf bakkie tussen

      ligroos wolke bo

      donkerkolle van kameeldoring

      gaan die kommetjie

      opwaarts bo duine

      en die gras roer

      in die wind wyl

      bloukopkoggelmanders

      met pote na bo

      weet die reën kom

      die reën kom

      Swarthaakheuning 1

      Die heuning drup

      uit die bros geel koek

      ek proe die soet in

      sy sorg as hy vaderlik

      met sy kort duim

      die swarthaakheuning

      bros kraak en in elke

      porsie ag jong bye afmeet

      Swarthaakheuning 2

      Unaline Unaline

      jy is die ver ruik

      van die swarthaakblom

      die stuif in die meel

      van die trossies geelblom

      jy waai in die soet-soet soek

      van die lentewind

      o jy is die kry

      van die bruingeel heuning

      diep in die uitholklip

      jy drup woestyngeur

      Unaline in my

      proe jy

      na swarthaakheuning

      Die skepping van die gemsbok

      Op Gamohaankop

      in die Begin sny

      die

Скачать книгу