Wag 'n bietjie. Tryna du Toit

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Wag 'n bietjie - Tryna du Toit страница 8

Wag 'n bietjie - Tryna du Toit

Скачать книгу

haar toe gekom het om hulp. Dis jammer dat jy nie lankal gegaan het nie, want sy het julle nodig gehad en julle het haar nodig gehad. Moontlik wou sy die Niemeyer-trots en -hardkoppigheid wat al die jare die oorsaak was van die verwydering en verbittering tussen haar en haar broer so ’n bietjie verneder. Ek dink ek verstaan wat in haar kop aangegaan het. Sy wou Eendekuil vir Kosie gee – dit kom hom toe – en sy wou haar geld aan jou nalaat, maar miskien was sy bang dat julle die plaas dadelik sou verkoop en wou sy julle verplig om eers ’n paar maande in die wêreld te bly waar julle pa grootgeword het. Sy weet Kosie moet universiteit toe, hy is te onvoorbereid, te jonk en te onervare om uit die staanspoor te probeer boer, en om dieselfde redes sou jy nie alleen daar kon aanbly nie. Dis seker toe dat sy aan my gedink het. En, het sy geredeneer, as ek ’n halsbandjie bysit wat aanloklik genoeg is, sal my ou buurman seker nie omgee om ses maande lank na my twee kinders te kyk en om later vir Kosie by te staan as hy regtig wil gaan boer nie. Sy het my huishoudelike omstandighede geken – ek woon alleen op my plaas – en sy ken my goed genoeg om te weet dat as ek jou die versekering gee dat dit bloot ’n gerieflikheidshuwelik sal wees, ek daarby sou bly en vir jou en Kosie sou help. Ek dink dit was bitter onregverdig van haar, maar so is dit nou. En van jou, en van jou alleen, hang dit af of Kosie sy oupa se plaas kry en of hy maar sy mooi drome en begeertes opsy moet sit om sy brood te gaan verdien. Want Kosie is vasbeslote, en ek is dit heeltemal eens met hom, dat hy nie langer kan toelaat dat jy die finansiële verantwoordelikheid alleen moet dra nie.”

      Magrieta praat nie, maar sit soos ’n verslae kind daar op die divan, en die jong man vervolg: “Toe ek die eerste keer van die voorwaardes hoor, was ek so kwaad dat ek dadelik op die trein wou klim en huis toe ry. Maar hoe meer ek daaroor nagedink het, hoe meer het dit my gehinder. Die Niemeyers was baie, baie jare ons naaste bure en ons was goeie vriende gewees, en miskien kon ek vir oulaas nog iets vir tant Katrien doen. Jy het geweier om my weer te sien, daarom het ek met Kosie in aanraking gekom en so al die stukkies inmekaar gepas.”

      Hulpeloos kyk Magrieta na hom, al haar selfstandigheid en selfvertroue weg. Dit is asof sy totaal dronkgeslaan is, asof haar brein nie helder wil dink nie.

      “En nou?” vra sy.

      Die jong man bly ’n rukkie stil. Hy steek sy hande diep in sy baadjiesakke voor hy sag antwoord: “En nou moet jy besluit of jy vir Kosie sy plaas gaan gee, of nie.”

      Die groen oë kyk ongelukkig, smekend, op in syne en sag sê hy: “Wat my betref, ek is bereid om die voorwaardes van die testament te aanvaar. Ek kry ’n stuk grond wat my familie al byna twintig jaar in die hande probeer kry. Ek kry ’n nuwe boetie … en ’n sussie.”

      Magrieta staan op en loop tot voor die oop venster. Buite is dit stikdonker afgesien van die vierkantige ligkol wat deur die venster op die veelkleurige jakobregops val wat onder die venster staan. ’n Stil, rustige somersaand met die geluide van paddas en krieke in die lug, die sagte geur van nat aarde en blomme wat na binne dring, en hier in haar binneste ’n warboel van onstuimige gedagtes.

      Waarom het haar pa haar nooit die hele geskiedenis vertel en haar die verleentheid waarin sy haar vanaand bevind, gespaar nie? Was hy toe reeds skaam en jammer oor sy gedrag maar darem te hoogmoedig en hardkoppig om dit te erken? En Kosie, in wie die verlange na die grond van sy vaders diep en sterk vloei; Kosie, die regmatige erfgenaam van sy oupa se plaas … sou Kosie haar ooit vergewe as Eendekuil vir ewig vir hom verlore moet gaan … terwyl dit hier binne sy bereik was? En sy? Selfs die gedagte aan die onheilige voorwaardes wat haar opgelê is, voel soos ’n verkragting van alles wat vir haar die heiligste en dierbaarste is. Is haar verpligting teenoor Kosie dan so groot dat sy haarself, en in ’n mate haar hele toekoms, moet opoffer?

      Meteens staan Barry Retief langs haar. Lank kyk hy af na die meisie wat so roerloos daar staan, al die verset en weerspannigheid van nou pas daarmee heen, toe sê hy sag: “Wel, Magrieta Niemeyer … gaan jy met my trou?”

      Stadig draai sy na hom en vraend, deurtastend, byna smekend, asof sy sy diepste wese wil peil, kyk die groen oë in die bruines. Weer vloei daardie gevoel van bewustheid van mekaar wat sy in die huurmotor ervaar het tussen hulle … en haar oë val voor syne. Vinnig draai sy haar gesig weg en vol vertwyfeling fluister sy: “Ek weet nie. O, ek weet nie. Hoe kan ek dit doen?”

      “As ek aanbied om vir Kosie geld te leen om sy studie voort te sit, sal dit help?” vra hy ná ’n rukkie.

      Met oë groot van verbasing staar sy hom aan, toe skud sy haar kop.

      “Nee, dankie.”

      “Dan sal jy?”

      Nog antwoord Magrieta hom nie. Moet Eendekuil weer eens die oorsaak wees van verbittering tussen broer en suster? Tussen Kosie en my? Want Kosie sal altyd onthou dat ek Eendekuil vir hom kon gegee het.

      “Ek weet nie,” sê sy moeg en uitgeput. “Ek wil daaroor nadink. Sal jy asseblief vir Kosie gaan roep? Sy kamer is net hier langs myne.”

      Sy stap na die tafel en sit die ketel aan. Toe Barry Retief en Kosie terugkom, sê sy stil en beleef: “Sit asseblief, meneer Retief, ek maak vir ons tee.”

      Barry Retief gaan in die grasstoel sit en Kosie kom help haar koppies uit die kas haal en regsit, maar toe hy die tweede koppie omstamp en byna die bak met rose van die tafel stamp in ’n poging om die koppie te keer, stoot sy hom sag opsy.

      “Loop sit maar, Koos. Ek sal dit self doen, dankie.”

      Nou verstaan sy waar die opgewonde flikkering in Kosie se oë vandaan kom. Terwyl sy wag dat die teewater kook, sê sy: “Meneer Retief het nou vir my ook die hele storie vertel, maar jy het al die hele dag gehad om daaroor na te dink. Sê my eerlik, Kosie, wat verwag jy van my?”

      Kosie kyk na haar, ongelukkig, ongemaklik, verleë.

      “Dis nie ek wat moet sê nie, Magriet. Ek … ek wen alles daarby. Dis jy … wat moet besluit. En as jy nie kans sien nie, sal ek jou dit nooit kwalik neem nie …ek sal nooit eens weer daaroor praat nie.”

      Maar Magrieta sien ook die groot verlange in die jong blou oë.

      Hoofstuk 4

      Hoofstuk 4

      Magrieta het die nag omtrent nie ’n oog toegemaak nie. Nadat Barry vir haar die geskiedenis vertel het, het sy geweet dat daar vir haar geen ander uitweg was as om die aanbod te aanvaar nie, of die dag sal ook aanbreek dat verwydering soos ’n onoorbrugbare kloof tussen haar en Kosie lê. Eienaardig dat Kosie die hunkering na grond van sy voorouers geërf het. Selfs as ’n klein ou seuntjie het hy altyd gespit en geplant, was hy altyd buite doenig, het hy gedurig agter die goedige ou tuinman aangeloop. Hy het dié liefde nie ontgroei nie. Selfs hier in die losieshuis het hy met die tuinmaak gehelp, en om ’n landboukursus te volg was sy groot ideaal in die lewe. Neem dit ook nog weg van hom en wat gaan Kosie van sy lewe maak?

      En die jong man in wie daardie hunkering na grond net so sterk is, wat van hom?

      “Ek sal daaroor nadink,” het sy gesê toe hulle klaar tee gedrink het.

      Toe hy loop, het Barry Retief gevra: “Mag Kosie môre weer die dag saam met my deurbring? Ons was van plan om dieretuin toe te gaan.”

      Sy kon natuurlik geen beswaar maak nie en Barry Retief is kort daarna weg. In stilte het Kosie en Magrieta na mekaar gekyk, toe het Magrieta gesê: “Sal dit jou regtig baie gelukkig maak om terug Eendekuil toe te gaan, Kosie?”

      Hy het voor Magrieta gestaan, so innig gelukkig, met ’n glinstering in die blou oë wat ’n yslike knop na haar keel gebring het, en gesê: “Vir my sal

Скачать книгу