Speurder Kwaaikofski 8: Vuilspel en nat voete. Jürgen Banscherus
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу Speurder Kwaaikofski 8: Vuilspel en nat voete - Jürgen Banscherus страница 2
Ek knik.
“Teen jou gewone betaling?”
Ek knik weer.
“Wanneer het jy die krapmerk raakgesien?” vra ek.
Olga dink vir ’n oomblik na. “Gister,” antwoord sy uiteindelik. “Nadat ek met my kar deur die wassery gery het.”
“Was jy die kar nie self nie?” vra ek verstom. Ek het nog altyd gedink sy het vir haar liefling ’n ekstragroot bad in haar tuin laat bou. Met spesiale spuite soos in ’n jacuzzi.
“Gewoonlik, ja,” antwoord Olga vinnig en lyk effens rooi in die gesig. “Maar ek is na ’n verjaardagpartytjie genooi. Toe wou ek my Merc mooi skoon hê. Maar ek het vasgedraai en toe …”
Ek praat haar dood, anders sal sy my vertel wie almal by die partytjie was en wat daar alles te ete was. “By watter karwassery was jy?” vra ek.
“Die een by die vulstasie in Kerkstraat. Die plek se baas en die mense wat daar werk, is klante van my.”
“Wie is nie?” vra ek.
Olga grinnik en knyp my wang. “Ai, Kwaaikofski,” sug sy en wapper haar wimpers so erg dat ek bang is hulle gaan wegvlieg.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.