Helena Hugo Eerste Keur. Helena Hugo

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Helena Hugo Eerste Keur - Helena Hugo страница 24

Helena Hugo Eerste Keur - Helena Hugo

Скачать книгу

En die fotograwe wag hulle weer eens in. Hy en Sylvia moet aan weerskante van oom Uncle poseer; ’n glimlaggende, drank-benewelde oom Uncle in sy luukse rystoel met sy verpleërs in aandpakke in die agtergrond gereed om enige aanval of toeval onmiddellik te hanteer. Hy gryp na hul hande met sy koue kloue en verklaar trots: “Om julle jongmense vanaand by my te hê, is net so goed soos om weer te kan loop!”

      Joviaal bestel hy nog sjampanje en wend hom tot die volgende groepie aanhangers.

      Dis reeds byna elfuur in die nag, maar dis asof almal nou eers opgestaan het. Vriende en vyande in die sakewêreld, meng met ander genooides: Die premier en sy aanvallige vroutjie, ook die nuwe burgemeester van Johannesburg, sangers van die einste Madama Butterfly, TV-sepiesterre, ’n hoogaangeskrewe kunstenaar en sy model, die skryfster van ’n seksboek en haar vriendin. Mense van alle rasse en tale met een bindende faktor – geld. Hulle eet kreef en kaviaar, gesels, lag en loer onderlangs na mekaar. Die Russiese kwartet spéél, die drank vloei en oom Uncle bulder kort-kort uit sy hoek waar die slimste gaste saamkoek.

      “Wanneer verras jy en Sylvia ons?” vra Dewald de Wildt toe Theo ’n drankie vir die ouer man, sy aanstaande skoonpa, aangee.

      “Watse verrassing?” hou hy hom dom.

      “Julle moenie die troue langer uitstel nie. Dit lyk sleg.”

      Dewald sluk sy glas met een teug leeg en hou dit weer na Theo toe uit.

      Hy verafsku die man, groot en uitgevreet, te ryk vir sy eie beswil. Om te dink hy sal hom “Pa” moet noem – die man wat in der ewigheid nooit in sy eie oorlede pa se skoene sal kan staan nie! Theo kry die onuitspreekbare begeerte om vir Dewald de Wildt die waarheid te vertel, maar hy sluk sy woorde en belowe om met Sylvia te praat.

      “Doen dit ordentlik en maak julle gesaamslapery wettig.”

      Theo kyk om hom rond, maar dit lyk nie of iemand gehoor het nie. Dis nie asof ou Dewald self so onskuldig is nie. Sy affairs het al hofsake veroorsaak, hoewel Sylvia se ma, Irene, hom telkens terugneem en haar eie affairs meer diskreet hanteer. Ons volg net jou en Irene se mooi voorbeeld, wil hy sê, maar die ou man spring hom voor.

      “Ek wil my kleinkinders sien voor ek afklok,” sê hy. “As jy te vrotsig is, beter Sylvia begin rondkyk vir iemand anders. Tommy Duckworth lyk my na ’n man met ambisie. Ek hou van sy geld – nie van hom nie. Jy’s ons man, ou Theo.”

      ’n Kelner kom verby met ’n skinkbord vol bestellings; bonkige glase gevul met whiskey op ys. Dewald gryp vir hom een. “U kan vir u bestel,” waag die kelner dit en word so blitsig uitgeskel dat hy vinnig wegdraf.

      As jou liggaam al die drank kan verwerk, gee ek jou nog vyf jaar op die uiterste, dink Theo. Kanse is goed dat ek nie eendag jou skoonseun sal wees nie. Hy voel eerder verlig as beledig toe Dewald hom sonder waarskuwing los en op een van sy ou sakevyande afpyl.

      Die partytjie hou aan en aan en dis byna dagbreek toe Sylvia eindelik die deur van haar tuinwoonstel oopsluit. “Nou wil ek net slaap,” sê sy en skop haar skoene in die portaal uit.

      Theo se aandpak wurg hom en hy raak stuk-stuk daarvan ontslae. Sylvia het sleg uitgerafel. Haar hare is deurmekaar en haar grimering het deur die loop van die lang nag heeltemal verbleik. Dit tref hom dat sy sonder grimering ietwat alledaags lyk, anders as Marissa wat papnat en met geen grimering aan nog beeldskoon is. Verdomp, moet hy nou weer aan haar dink.

      Sylvia loop voor hom uit kamer toe. Sy val op die bed neer, rok en al. Hy gaan lê langs haar, lig haar hare van haar nek af en skuur sy lippe sag oor haar skouers. “Jy kan nie met hierdie harnas aan slaap nie.”

      Hy maak die knip van haar goue halssnoer los, haal dit versigtig af en sit dit op haar bedkassie neer. Sy sug ’n “thanks” en bly lê terwyl hy die rits van haar rok aftrek. Hy streel haar kaal rug, so volmaak, ook die oulike boudjies in die swart kantbroekie. Behendig stroop hy die broekie af en keer haar om sodat hy haar in die oë kan kyk. Sy giggel vaak. Klein korreltjies maskara klou hier en daar nog hardnekkig aan haar lang wimpers. So sou ek haar kon liefhê, dink hy terwyl hy op sy kant van die bed gaan lê. Die moegheid stroom uit sy lyf en maak plek vir begeerte. Hy leun oor na haar, sit sy hand op haar een bors, streel dit, volg die ronding tot dit voel of die sagtheid fermer word. Sy sug behaaglik, maar draai haar rug op hom. “Tomorrow … my darling. Let me sleep …”

      Hy antwoord nie, rol van haar af weg en dink by homself: Môre is ek weg.

      Sy haal ritmies asem, soos iemand wat slaap of kastig slaap.

      Die drifte wat haar nakende lyf in hom opgewek het, bedaar geleidelik. Toe sy begin snork, staan hy stilletjies op en sluip badkamer toe. Daar vertoef hy seker vir vyftien of twintig minute lank onder die stort. In sy oornagtassie kry hy ’n slenterbroek en hemp. Hy trek dit aan, gaan sit in die sitkamer en steek ’n sigaret aan. Die gordyne is oopgetrek. Hy rook en kyk hoe die grys lug geleidelik ligter raak. ’n Swerm voëls vlieg uit een van die groot bome in die straat. Hy steek nog ’n sigaret aan, seker die sesde vandat hulle by oom Uncle se huis ingestap het, dít nadat hy maande gelede opgegee het.

      Soos ek vandag vir Sylvia gaan opgee, dink hy, dalk net om haar ná ’n week of wat weer terug te vat. Ingedagte trek hy aan die sigaret. Hy het haar nog nooit liefgehad nie. Haar lyf kon hy geniet, haar geselskap soms, maar vir Sylvia as mens … En hulle staan op trou? Sal hy ’n leeftyd met haar kan deel sonder om te wonder of hy nie ware liefde by iemand anders kon vind nie? Marissa du Plessis miskien? Maar Sylvia sal nie maklik bes gee nie, daarvan is hy seker. As sy van Marissa weet, sal sy baklei soos ’n wildekat. Sy doen dit met elke ander vrou wat net naby hom kom. Doen sy dit omdat sy hom liefhet of omdat sy die De Wildt-erfenis beskerm?

      Die dagbreek glimmer rooierig toe hy die soveelste sigaret dooddruk en op die bank in die sitkamer aan die slaap raak.

      9

      Toe Marissa die volgende oggend wakker word, neem dit haar ’n volle minuut om agter te kom waar sy is. In haar drome was sy Butterfly en Theo haar beminde Pinkerton. Hulle was op Jakkalspoort onder die Rooivlerk-kamp se peerbome. Dit was lente en die bome het wit konfetti op die wind gestrooi. Hy het vir hulle ’n bed van kruiebos en peerboombloeisels gemaak en hulle met sy baadjie toegegooi. Styf teen mekaar het hulle gelê, diep in mekaar verstrengel, twee mense wat een geword het. Die son het rooi opgekom, sy lig gesif deur die stof in die lug bokant hulle, die legkaartstukkies tussen die peerboomtakkies rosig ingekleur. Sy gesig was teen hare. Sy kon sy oë sien oopgaan en sy mond sien glimlag. Sê dit, het sy gedink, sê dat jy my liefhet. Maar die droom was reeds verby.

      Sy is in die regte lewe, in haar vriendin Diana se meenthuis-gastekamer. Die son skyn helder op die gordyne se vrolike geel tulpe en sy lê nog in die bed. Hoe laat is dit? Haar selfoon is op die bedtafeltjie. Sy skakel die skermpie aan: 13:15. Kwart oor een! Kwart oor een in die middel van die dag! Wat ’n skande. Marissa wil uit die bed spring en badkamer toe draf, maar net toe is daar ’n klop aan die deur. “Is jy wakker?” vra Diana.

      “Ja, en ek het skandelik verslaap!”

      Diana maak oop, buk eers om ’n skinkbord met tee en toebroodjies op te tel voor sy instap. “Troos jou daaraan, ek het my ’n halfuur gelede skoon uit die bed uit geskrik. Gebid jy slaap nog. ’n Gasvrou slaap nie heeldag en laat haar gaste wonder of sy nog leef nie! Hoop jy hou van tuna en blaarslaai, maaskaas en aarbeikonfyt? Wat nog? Lewerwors? Ek het toebroodjies gemaak, dis ons brunch.” Sy sit die skinkbord op die outydse kamferkis onder die venster neer. “Help jouself!”

      Maar Marissa is klaar by die deur uit. “Ek was gou my gesig!” skreeu sy in die gang.

      Toe

Скачать книгу