Stories vir die lewe-omnibus. Piet Naude

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Stories vir die lewe-omnibus - Piet Naude страница 8

Автор:
Серия:
Издательство:
Stories vir die lewe-omnibus - Piet Naude

Скачать книгу

      Mense glo nie noodwendig alles wat hulle van ander hoor nie, maar hulle vertel dit darem oor, net om veilig te speel.

      BERTRAND RUSSEL

      ’n Leuen word nie die waarheid omdat baie mense dit oorvertel nie; net so min word die waarheid ’n leuen omdat niemand dit raaksien nie.

      MAHATMA GANDHI

      Dié wat die waarheid ken, is nie altyd dié wat die waarheid liefhet nie.

      CONFUCIUS

      19 ’n Barmhartige president

      Gedurende die Amerikaanse Vryheidsoorlog is ’n tienerseun so aangegryp deur die vryheidsideale van president Abraham Lincoln dat hy by die Unioniste aangesluit het.

      Die seun was nog baie jonk, en toe hulle die eerste keer onder geweervuur deurloop, het hy so bang geraak dat hy weggehardloop het.

      Hy is gearresteer, verhoor, skuldig bevind aan hoogverraad en veroordeel om voor ’n vuurpeloton te sterf.

      Sy ouers het ’n pleitbrief aan die president geskryf. Toe Lincoln die feite hoor en ook hoe jonk die seun maar was, het hy die doodsvonnis teruggetrek en aan die kind volle presidensiële vryspraak toegestaan.

      In sy amptelike verslag oor hierdie saak het Lincoln onder meer geskryf: “Ervaring het my geleer dat ’n mens ’n jong seun nie juis moed en dapperheid leer deur hom dood te skiet nie!”

      Aan die einde van die oorlog, toe dit duidelik was dat Lincoln se Unioniste sou wen – só lui ’n ander staaltjie oor Lincoln – het ’n joernalis hom gevra hoe hy die suidelike state se rebelle sou behandel. “Asof hulle nooit weggebreek het nie,” was Lincoln se antwoord.

      “Maar is dit nie veiliger om jou vyand te vernietig nie?” vra die onthutste verslaggewer.

      “Heeltemal reg,” sê Lincoln. “’n Mens vernietig mos jou vyande as jy vriende van hulle maak!”

      ___________________________________

      Hy wat ander nie kan vergewe nie, breek die brug af waaroor hy binnekort self moet loop.

      GEORGE HERBERT

      20 Weens gebrek aan ’n spyker …

      In die 15de eeu, toe almal vir vervoer van perde afhanklik was, het die beroemde koning Richard III van Engeland ’n slegte ervaring gehad tydens die rampspoedige Slag van Bosworth Field (1485). Dié ware verhaal is deur Shakespeare verewig in sy drama Richard III.

      Richard was in die onbenydenswaardige posisie dat een van sy edelmanne, die graaf van Richmond, hom uitgedaag het om beheer van Engeland. Die koning moes sy koninkryk op die slagveld gaan verdedig, en stuur sy lyfwag om seker te maak dat sy geliefkoosde perd reg is vir die dag se eise. Die oggend van die veldslag kom die jong kneg toe agter dat die hoefyster aan een van die dier se pote losgeraak het.

      Hy het die perd na die koning se hoefsmid toe geneem en hom aangepor: “Sit so gou as jy moontlik kan die nuwe hoefyster aan, want die koning se troepe trek al klaar op teen graaf Richmond se leër, en ons twee, ek en die koning, moet heel voor aan ons troepe ry!”

      Die hoefsmid vervies hom ’n bietjie vir die klein lyfwag se verwaande houding – asof hy nou so belangrik is om saam met die koning in die ereposisie te ry – maar kalm antwoord hy: “Waarom het jy nie gister al jou verantwoordelikheid nagekom om te kyk of die koning se perd in topkondisie is nie? Nou is dit op die nippertjie, en ek het slegte nuus vir jou: Ek het nie spykers om die nuwe hoefyster behoorlik vas te slaan nie.”

      “Nou hoe dan só?” vra die lyfwag, vaal geskrik.

      “Gister het ons die koning se hele leër se perde beslaan en ek het eenvoudig nie vier lang spykers oor om die hoefyster deeglik vas te slaan nie. Maar as jy ’n halfuur of so kan wag, sal ek ’n paar nuwe spykers kan uitklop … dit sal die ding doen!”

      “Nooit!” protesteer die jong lyfwag – vir wie dit die eerste keer sou wees dat hy die eer het om agter die koning in die optog na die slagveld te ry. “Ons moet dadelik ry. Anders sal die koning van agter die troepe af die slagveld moet binnery, en dit is benede sy waardigheid.”

      “Soos ons koning Richard ken, is hy glad nie ’n man vir vertoon nie. Hy sal verkies om ’n goed beslaande perd te hê eerder as om in die ereposisie op die slagveld te gaan,” mompel die hoefsmid terwyl hy sy hamer optel om sy taak af te handel. Dis oor jou eie eer dat jy so gretig is om heel voor te ry, dink hy verder by homself, maar hy sê dit nie hard nie want die koning se lyfwag het ’n magtige posisie.

      “Jong, jy sal luister wat ék sê,” trek die kêrel toe ook los. “Ons kan nie ’n halfuur wag nie. Jy sal moet klaarkom met wat jy het.”

      “Ek het drie ouerige spykers … maar ek het minstens vier goeie, sterkes nodig.”

      “Die hoefyster sal mos vassit met drie?” vra die haastige lyfwag.

      “Dit sal vir ’n rukkie hou, ja, maar ek weet nie vir hoe lank nie. En ek sê jou: Dié wat ek het, is nié van die beste gehalte nie.”

      “Moenie nog staan en praat nie, man! Slaan die ding net vas dat ons kan vertrek!”

      Daardie dag het Richard en Richmond se leërs mekaar ontmoet. Koning Richard het nie net aan die hoof van sy troepe die slagveld binnegery nie, maar ook die hele dag tussen hulle gebly om hulle persoonlik te ondersteun. Hy het op en af tussen hulle gery, hulle dapperheid geprys en hulle aangemoedig: “Veg voort, my vriende! Julle veg vir Engeland!”

      Richard se soldate was egter baie minder as dié van Richmond, en toe Richard weer kyk, sien hy dat daar van sy manne aan die ander kant van die slagveld besig was om terug te val. As die ander soldate hulle sien, sou húlle dalk ook moed opgee – hoewel Richard se troepe ’n goeie kans gehad het om te wen aangesien hulle beter opgelei was. Richard spoor toe sy perd aan en jaag onverskrokke tussen die linies deur. Hy het geweet as hy dié wat wou terugval, net persoonlik kon bemoedig, sou hulle voortveg.

      Hy was skaars halfpad oor die slagveld toe daardie hoefyster aan sy perd se een poot losgaan. Die perd het in volle vaart gestruikel en Richard is afgegooi. Voor die koning die teuels kon gryp, het die verskrikte perd opgespring en kruppel-kruppel weggehardloop.

      Toe die koning op die been kom en rondom hom kyk, sien hy dat sy eie troepe inderdaad besig was om op die vlug te slaan. En Richmond se voorste soldate was besig om hom te omsingel.

      Dit was toe dat koning Richard III, volgens Shakespeare se drama, sy swaard in die lug swaai en wanhopig uitroep: “Gee my ’n perd! ’n Perd! My koninkryk vir ’n perd!”

      Maar daar was geen perd vir hom nie. Sy troepe het in volslae wanorde begin vlug, en elkeen het nou net probeer om sy eie lewe te red. ’n Paar oomblikke later was Richmond se krygers op Richard, en die veldslag was verby.

      Van daardie dag af leer die mense van Engeland hulle kinders dat ’n gebrek aan verantwoordelikheid in klein takies tot groot verliese kan lei. Hulle sê:

      Weens gebrek aan ’n spyker is ’n hoefyster verloor.

      Weens gebrek aan ’n hoefyster is ’n perd verloor.

      Weens

Скачать книгу