Volbloedvrou vir 'n vaalseun. Kobie Smit

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Volbloedvrou vir 'n vaalseun - Kobie Smit страница 3

Volbloedvrou vir 'n vaalseun - Kobie Smit

Скачать книгу

om ’n parkeerplek naby die koffiewinkel te kry. Die koffiewinkel self is ook nogal bedrywig, maar sy kry ’n tafeltjie in die hoek. Terwyl sy haar koffie drink, kyk sy belangstellend om haar rond.

      Dis regtig ’n oulike plekkie, met kunstige uitstallings. By die uitstalling naaste aan haar staan twee vroue met hulle rûe na haar en gesels. Die een vrou klink omgekrap.

      “Maar Tessa, hoekom kan jy dan nie maar net vir my ook so een bestel nie? Dis perfek vir die studeerkamer.”

      Tessa! Fransien verstyf amper merkbaar. Sowaar, dit ís Tessa de Villiers. En volgens die gesprek is sy die eienaar van die koffiewinkel.

      Tessa probeer die ander vrou paai terwyl hulle wegstap, haar stem sag en geduldig.

      “ Ai, René, ek wens ek kon. Maar Ebony maak nooit twee goed wat presies dieselfde lyk nie. As jy wil, kan ek vir jou iets soortgelyks probeer kry. Al hulle goed is uitsonderlik.”

      Fransien verstik amper in haar koffie. Ebony!

      Die situasie is meteens skreeusnaaks. Sy wat Fransien is, is die skepper, vakman en eienaar van Ebony. Sy maak pragtige houtmeubels, versier dit met kunstige houtsneewerk en verkoop dit dan teen belaglik hoë pryse.

      Vir die rykes is ’n Ebony-meubelstuk ’n statussimbool. Gewone mense kan dit nie bekostig nie, want dis handgemaak en baie eksklusief. Hulle val behoorlik oor hulle voete om dit in die hande te kry. En Fransien glimlag al die pad bank toe.

      Sy hou Tessa uit die hoek van haar oog dop en sien hoe sy op haar horlosie kyk voor sy haastig by die deur uitstap. Dis amper tienuur en sy is beslis op pad na die oggendtee toe.

      Meteens sien Fransien sommer baie uit na die reünie. Sy drink haar koffie rustig klaar en betaal haar rekening.

      In haar motor knap sy eers haar lipstiffie op en tik weer ’n bietjie parfuum aan haar polse en agter haar ore, voor sy stadig skool toe ry.

      3

      Voor sy instap, haal sy eers haar selfoon uit en skakel vir Mitzi. Sy antwoord onmiddellik, en dis duidelik dat sy vir die oproep gewag het.

      “Uiteindelik! Ek het al begin dink jy het kleinkoppie getrek! Waar’s jy?”

      Laggend antwoord Fransien: “ Voor die saal. Kom haal my!”

      Sekondes later storm ’n klein blonde vroutjie by die saal uit. Sy steek voor Fransien vas en kyk ondersoekend na haar. Dan vra sy huiwerig: “Fransien? Is dit jy?”

      “Mitzi?”

      Hulle gil soos twee tieners en omhels mekaar.

      Uiteindelik los hulle mekaar. Fransien skud haar kop ongelowig.

      “Jy lyk wonderlik, maar die helfte van jou is weg! Eet jou man jou kos op, of wat gaan aan?”

      Mitzi giggel soos ’n skooldogter en beduie in die rigting van die groot man wat hulle geamuseerd dophou.

      “Daar’s hy! Vra hom self!”

      Die man kom nader en beduie kamma verleë na sy groot liggaam. “Jy kan mos sien ek het baie kos nodig,” spot hy.

      “Oeps, ek en my groot mond!” speel Fransien spontaan saam.

      Mitzi haak besitlik by hom in en stel hulle ewe formeel aan mekaar voor. “Dis my man, Daan, Fransien.”

      Daar is verwondering in haar oë toe sy haar vriendin op en af bekyk. “Goeie genade, ek kan nie glo dis jy nie. Niemand gaan jou herken nie. Jy lyk fantasties!”

      “ Wel, niemand het sover nie,” antwoord Fransien met ’n vonkel in die oog.

      Mitzi se nuuskierigheid kry dadelik die oorhand. “Het jy bekendes raakgeloop?”

      Fransien knik haar kop sedig.

      “ Wie?” dring Mitzi aan.

      “ Wel, ’n hele paar,” hou sy Mitzi moedswillig aan ’n lyntjie.

      Mitzi gluur haar dreigend aan.

      “ Wel, onder andere die heer Chris de Wet, en die hoogedele Tessa de Villiers.”

      Mitzi lag lekker. “Mooi, man! Laat dit vir hulle ’n les wees.”

      Daan kyk op sy horlosie. “ As julle twee nou klaar gegroet het, kan ons gerus ingaan. Anders mis julle nog die hele reünie.”

      Hy hou sy ander arm vir Fransien. Sy is maar net te bly vir die ondersteuning, want haar bene voel skielik taamlik bewerig.

      In die saal is dit ’n geroesemoes van stemme wat lag en gesels. Ou maats wat mekaar jare nie gesien het nie, probeer tien jaar se gesels inhaal. Bewus van die oë wat hulle volg, plak Fransien ’n vriendelike glimlag op haar gesig. Sy knik hier en daar ’n groet na ’n bekende.

      Die saal lyk mooi binne. Die somber donkergroen gordyne van tien jaar terug is vervang deur ’n blougrys wat meer lig binnelaat en ’n rustige atmosfeer skep. Ronde tafeltjies is gedek met koringblou tafeldoeke en servette en keurige teeserviese. Klein rangskikkings bring spatsels kleur wat die geheel komplementeer en opvrolik.

      Fransien is bly toe hulle ’n tafeltjie in die hoek kry. Sy sit met haar rug na die muur sodat sy kan rondkyk sonder om gesien te word. Een van die skooldogters wat as kelnerin ingespan word, is dadelik by om te hoor wat hulle wil drink.

      Fransien lig haar wenkbroue vir Mitzi en beduie na die netjiese spyskaartjie wat deel van die tafeldekor vorm.

      “Mmm, ek is beïndruk!”

      “Ja-nee, onse Tessa ken haar storie, dis nou maar wors,” beaam Mitzi.

      “Tessa? Ek dog jý het die reëlings getref?”

      Mitzi glimlag liefies. “Ek het die naweek gereël, ja. Maar gelukkig is delegering een van my sterk punte. Ons het elkeen mos maar sy talentjies. Tessa s’n is onthaal en sy het ’n koffiewinkel, so dit was logies om haar hier in te span. En ek was so diplomaties omtrent die ou sakie dat sy nou onder die indruk is dit was eintlik háár idee.”

      Fransien proes van die lag. Sy kan sien wat Mitzi bedoel. Tessa is besig om tussen die tafels rond te fladder en seker te maak dat in elkeen se behoeftes voorsien word. Sy het niks verouder in die tien jaar nie, die grimering is net swaarder en die hare blonder. Sy het nog steeds ’n volmaakte figuur en hou nog steeds daarvan om dit te wys.

      “Mmm, ek kan sien wat jy bedoel: die perfekte gasvrou. Jou beplanning was, soos gewoonlik, uitstekend. En dan is sy nog dekoratief ook!”

      Hulle giggel soos twee stout tieners agter hulle hande.

      Daan lig sy hande moedeloos. “My vrou, my vrou! Wat moet ek met jou aanvang?” kreun hy met ’n martelaarstem.

      Dan kyk hy kamma beskuldigend na Fransien. “En jy, wat lyk of botter nie in jou mond kan smelt nie, hits haar nog aan ook!”

      Mitzi lag hom openlik uit. “Ou grompot! Wag, ek beter haar keer voordat sy by ons tafel uitkom. Sy kan mos nie met ’n man praat sonder om aan hom te

Скачать книгу