Spreuke van C.J. Langenhoven. C.J. Langenhoven

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Spreuke van C.J. Langenhoven - C.J. Langenhoven страница

Автор:
Серия:
Издательство:
Spreuke van C.J. Langenhoven - C.J. Langenhoven

Скачать книгу

      Spreuke van C.J. Langenhoven

      Jan Scannell

      Tafelberg

iStock_000012494300small black.tif

      Liefde en vriendskap

rule.jpg

      Deur twee dinge is my lewe

      vir my leefbaar gemaak:

      die liefde wat ek gegee het,

       en die liefde wat ek gekry het.

      Die gedienstige engel

      het gekom in ’n huis waar daar liefde was

      en met ’n glimlag omgedraai en gesê:

      My diens is hier oorbodig.

      •

      Alle godsdiens is liefde

      en die meeste liefde is afgodsdiens.

      Wie liefde verwar met sinnelikheid

      sien ’n engel aan vir ’n aap.

      •

      Hoe korter jy jou kuier maak,

      hoe gouer sal jy weer genooi word.

      •

      Om my naaste lief te hê

      is vir my ’n sware gebod.

      Met die mense daar gunter

      kry ek dit op ’n manier nog reg

      Dis makliker om die gemeente lief te hê

      as jou buurman

      en die hele menslike geslag

      as jou vrou se familie.

      •

      As twee vriende eenmaal getwis het,

      kan hulle vrede maak,

      maar die vorige vriendskap

      kry hulle nooit weer terug nie.

      Buiten wanneer hulle met mekaar getroud is.

      As jy regtig wil seermaak, soek iemand

      wat jou liefhet.

      Jy sê “ja” waar jy moes “nee” gesê het

      omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie.

      Maar reken hoe het hy

      jou aanstoot gegee met sy versoek!

      •

      Aan ’n nuwe wa kan jy sien

       of dit ’n goeie skilder was,

      aan ’n oue of dit ’n goeie wamaker was.

      Trek liewer vir jou vriend jou broek uit

      as om vir hom vir ’n baadjie borg te staan.

      Anders loop julle naderhand albei nakend.

      •

      Die prys van vrede is vooruit betaalbaar,

      dié van twis agterna.

      Hoe meer tevrede ’n man met my is,

      hoe meer tevrede is ek met hom.

      En hoe gouer is ons al twee ontevrede.

      •

      Borgskap is ’n kind van vriendskap,

      maar hy vermoor graag sy ouer.

      As jy nie van iemand hou nie,

       doen hom ’n weldaad.

      Daarna sal jy hom liefhê.

      Die teëspoed sif die vriende uit

      wat die voorspoed geoes het.

      •

      Die manteldraaier maak vriende

      ál in die rondte,

      totdat hy op die end

      ál in die rondte vyande het.

      •

      Ware vriendskap

      is nie te koop nie,

      want vriendskap vind nie sy lus

      in neem nie, maar in gee.

      Liefde is nie kunsmatig nie.

      Die vriendskap wat jy moet koop

      is ’n duur artikel.

      Jy sal nie weer jou prys kry

      as jy dit van die hand wil sit nie.

      •

      Gooi vir jou gas “tjiekorie” by die koffie,

      en hy sal die “tjiekorie” onthou

      en die koffie vergeet.

      Moenie vriendskap en besigheid meng nie –

      jy bederf albei.

      •

      ’n Man wat nie vyande het nie

      deug nie vir ’n vriend nie.

      •

      Stuur jou buurman se vee skut toe

      en vind die skutgeld te min

      om vir jouself nog ’n veewagter te huur.

      Maak jou vriendelikheid goedkoop

      en hou jou vriendskap duur.

      •

      Afwesigheid is die vyand van liefde

      en die vriend van vriendskap.

      •

      Moenie jou vriend vergeet nie;

      dit

Скачать книгу