Spreuke van C.J. Langenhoven. C.J. Langenhoven

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Spreuke van C.J. Langenhoven - C.J. Langenhoven страница 2

Автор:
Серия:
Издательство:
Spreuke van C.J. Langenhoven - C.J. Langenhoven

Скачать книгу

soos my

       bitterste vyand:

      Ek steek my skande vir albei ewe sorgvuldig weg.

      Dooie vriendskap

      is die aas van wetsgeleerde kraaie.

      •

      ’n Skare is ’n versameling van eensames.

      •

      Moenie by die hemel gaan soek na die engele nie;

      soek by die engele na die hemel.

      Wat ek van Job die meeste bewonder

      is nie die geduld

      wat hy onder sy teëspoed betoon het nie,

      maar dié wat hom gekeer het

      dat hy sy drie vriende

       een vir een by die deur uitskop.

      •

      Koop jou wingerdstokkies van jou buurman.

      Jy het nie

       die vreemde wingerd se druiwe geproe nie.

      Dis nie reg van my buurman om te bid vir reën

      solank as my gerwe nog op die land lê nie.

      Waarom dink hy net aan sy eie belange?

      •

      Vat al die kwaad wat jy in jou buurman sien

      en al die goed wat jy in jouself sien

      en maak ’n derde mens daaruit.

      Hy sal maar naastenby lyk

       soos elk van julle twee.

iStock_000012494300small black.tif

      Vlyt en loon

rule.jpg

      Stuur die luiaard

      na die miere,

      en as hy nie te lui

      is om te gaan nie,

      sal hy te lui wees om

      weer terug te kom.

      Stuur die luiaard na die miere,

      en hy sal daar rondlê en hom verlustig in

      die vlyt en bedrywigheid wat aan die gang is.

      Want hy hou van werk, die luiaard –

      solank as dit nie hy is wat werk nie.

      Die wêreld die draai:

      vir die swaar wintertyd om ons lande te saai,

      of om luilekkerlewend die ploeg te laat roes –

      en daarna ons vrugte of onkruid te oes.

      •

      Kla oor jou kooi

      as dit ’n ander is

      wat dit vir jou opgemaak het.

      •

      Daar is geen luiaard wat glad nie wil werk nie.

      Hy verlang maar net na ’n ander soort werk

      as dié wat hy nou moet doen.

      Dis net so moeilik

      om maklikheid in die ou wêreld te kry

      as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

      •

      Waardeer die werk van jou vrou.

      Jy kan nie op die aarde ’n ander kneg kry

      vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

      •

      Met spaarsaamheid sal jy

      uit die kleinste inkomste iets oorhou;

      met verkwistery sal die grootste

      vir jou te min wees.

      Hoe swaarder ’n man aan sy goed gekom het,

      hoe swaarder bring hy daaraan deur.

      Swaarkry: lekkerkry;

      lekkerkry: swaarkry.

      Besorg jou eie boodskap

      en weeg die moeite op

      teen wat die misverstand jou sou gekos het.

      •

      As sport ons daelikse plig was,

      sou ons die werk wat ons nou moet doen

      byderhand neem vir ons plesier.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RNCRXhpZgAATU0AKgAAAAgACAESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAbgEbAAUAAAABAAAA dgEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAfgEyAAIAAAAUAAAAnAE7AAIAAAAGAAAAsIdpAAQAAAAB AAAAuAAAAOQALcbAAAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNpbnRvc2gAMjAx MzoxMTowMSAwNjozMzozOABhZG1pbgAAAAADoAEAAwAAAAH//wAAoAIABAAAAAEAAAiAoAMABAAA AAEAAAoAAAAAAAAAAAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAATIBGwAFAAAAAQAAAT

Скачать книгу