In die skadu van soveel bome. Hennie Nortjé

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу In die skadu van soveel bome - Hennie Nortjé страница 2

Автор:
Серия:
Издательство:
In die skadu van soveel bome - Hennie Nortjé

Скачать книгу

selfs die son

      se laaste vlam.

      Papierbaskanniedood

      Papierbaskanniedood

      (Commiphora marlothii)

      Mens bly op elke flenter

      so ’n paar woorde skryf,

      welwetend dat jy êrens

      windaf die legkaart

      sinvol bymekaar moet kry.

      Saag gerus die groen stam af,

      ja, kap voor die voet als uit:

      binnekort fladder hier

      weer kraakvars blaaie

      om jou van voor af te kasty.

      Peulmahonie

      Peulmahonie

      (Afzelia quanzensis)

      Laat die kinders vir oulaas

      om die stam rinkink,

      die oues van dae

      ’n laaste agtermiddag

      onder die geveerde blare slaap

      en mag die aap,

      voor hy verskrik wegvlug,

      nog ’n paar peule laat val

      sodat ons verlaas stringe

      swart en rooi krale kan maak,

      iets van ons samesyn

      om hiervandaan saam te dra.

      Want net anderkant die rant

      blaas die reuse-roetkopslang

      en ’n hoofman hoër as ons hoof

      het juis gister kom sê:

      elke rooi gesaagde plank

      sal ons soos pitte in gelid

      dwars voor sy stomende dier moet lê.

      Jakkalsbessie

      Jakkalsbessie

      (Diospyros mespiliformis)

      Laat val in die skadu

      ietsie nie te versmaai,

      vos vreet, mis, bemes

      en die boom groei tamaai.

      Herfsmopanieblaar

      Herfsmopanieblaar

      Die surrogaatmoeder vir die keiserlike mot

      neem selfs haar hoogheid se gedaante aan

      as hul saam-saam terugfladder na die stof.

      Byeboom, Knysnabos

      Byeboom, Knysnabos

      (Platylophus trifoliatus)

      Kort ná die groot stormloop

      moes Haar Majesteit se kommissaris

      die delwery in die woud

      as onlewensvatbaar deproklameer.

      Maar by Jubilee Creek buig ’n witels

      steeds laag af voor die stroom:

      ’n goue vloed van heuning

      waarvan koninginne net kan droom.

      Doringbome

      Doringbome

      Ware akasias dra

      troppe vlymskerp dorings:

      party reguit uitdagend

      soos ’n gemsbok se horings,

      ander hakerig na agter,

      gereed en gekrom

      soos ’n buffel se gaffels

      vir die ondier se sprong.

      Ná nag vir nag

      vars karkasse

      hoog óp

      in sulke takke sleep,

      blyk die dikvellige kat

      steeds ongedeerd.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4AAQSkZJRgABAQEAYABgAAD/7SNKUGhvdG9zaG9wIDMuMAA4QklNBAQAAAAAAA8cAVoAAxsl RxwCAAACAAAAOEJJTQQlAAAAAAAQzc/6fajHvgkFcHaurwXDTjhCSU0EOgAAAAAArwAAABAAAAAB AAAAAAALcHJpbnRPdXRwdXQAAAAEAAAAAFBzdFNib29sAQAAAABJbnRlZW51bQAAAABJbnRlAAAA AENscm0AAAAPcHJpbnRTaXh0ZWVuQml0Ym9vbAAAAAALcHJpbnRlck5hbWVURVhUAAAAHQB

Скачать книгу