Jesus Christus en ons lewe in hom. Johan Malan

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Jesus Christus en ons lewe in hom - Johan Malan страница

Автор:
Серия:
Издательство:
Jesus Christus en ons lewe in hom - Johan Malan

Скачать книгу

ion>

      

      Voorwoord

twirl.jpg

      Hierdie boek spruit uit ’n aantal artikels wat oor verskeie jare heen verskyn het. Tesame bied dit ’n sistematiese, evangeliese leerstelling oor die Persoon en werke van die Here Jesus. Dit word eerstens gedoen om eer te bring aan die Naam bo alle name; tweedens om gelowiges te help om aan die hand van beter kennis weerstand te bied teen die stygende vloedgolf van teologiese dwalinge oor wie Jesus Christus werklik is; en derdens om lesers te help om die ware Christus van die Skrifte te ontmoet, as hul Verlosser aan te neem en ’n persoonlike verhouding met Hom op te bou.

      Ons moet daarna streef om saam met Paulus te kan sê: “Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here … om Christus as wins te verkry en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is … sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word” (Fil 3:7–10). Watter belangrike ontdekking het Paulus nie gemaak nie! Die uitnemendheid van die kennis van Christus is so groot dat niks daarmee vergelyk kan word nie – geen aardse skatte nie, geen vorm van eiegeregtigheid nie en geen morele regverdiging wat op ’n wettiese lewe gegrond is nie. Hy het die geheim ontdek dat ons Christus se vryspraak moet aanvaar en saam met Hom vir die wêreld en die sonde moet sterf, sodat ons ook deelgenote van sy opstandingslewe kan wees. Hoe meer ons die ou lewe afsterf, hoe meer sal ons ons met Christus se lewe kan vereenselwig en groei in die nuwe lewe in Hom.

      Daar is geen ander geheim vir ’n suksesvolle Christelike lewe nie. Ons moet daagliks in die kruis van Christus roem, onsself dood reken vir die sonde en die wêreld (vgl Rom 6:11) en ons ook doelbewus met Christus se heilige, oorwinnende lewe beklee. Die Heilige Gees sal ons in die volle waarheid lei indien ons ’n oorgawe van hierdie aard maak (vgl Joh 16:13–14). Hy sal Jesus Christus verheerlik en Hom ’n groter werklikheid in ons lewens maak.

      As daar een belangrike gevolgtrekking is waartoe ek na ’n jare lange studie van die Bybel gekom het, is dit dat alle Bybelse leerstellings voortvloei uit die kennis van Jesus Christus. Hoe meer duidelikheid ons oor sy Persoon en werke het, hoe duideliker verstaan ons ook alle ander geloofsake. In sy lig sien ons die lig. Wanneer Hy egter nie meer die sentrale fokus van ons geestelike lewe en bediening is nie, verloor ons ’n groot mate van ons onderskeidingsvermoë. Dan is ons geneig om van bysake hoofsake te maak en kom ons ook nie regtig uit by sinvolle en blywende oplossings vir individue en gemeenskappe se geestelike probleme nie.

      Onderwerpstudies het ’n populêre benadering geword in verskeie Christelike bedienings, veral ook via die internet. Baie van hierdie skrywers bly feitlik uitsluitlik besig met die bestudering en ontbloting van geestelike dwalings. Maar hulle behaal min sukses om dwalendes tot ander insigte te bring. Waarom? Omdat baie apologete te veel aandag aan die leuen gee en te min aandag aan die waarheid.

      Ons het beslis ’n probleem as ons meer oor die Antichris as oor Christus skryf, meer oor sonde as oor geregtigheid, meer oor ’n humanistiese, nuwe wêreldorde as oor Christus se koninkryk, meer oor die kerkvaders en hulle leer as oor die Hoof van die kerk en sy leer, meer oor godsdienstige rituele en ekstatiese ervarings as oor weergeboorte en ’n lewenswandel met Christus, en meer oor ’n wettiese lewe as oor ’n lewe van heiligheid en vryheid in die Here Jesus. Dieselfde geld as ons meer oor Israel en hulle herstel in die land skryf as oor die gevolge van hulle gebroke verhouding met die Messias. Sommige van die bedienings onder Israel het besluit om, ter wille van ’n goeie verhouding met ortodokse Jode, nie eens te noem dat Jesus die Messias en Koning van Israel (én die hele wêreld) is nie. Hierdie benadering is ’n doodloopstraat, want dit lei nie na die enigste Bybelse oplossing vir Israel nie, naamlik om in die ware sin van die woord ’n Messiaanse volk te word.

      Jesus Christus is die Weg, die Waarheid en die Lewe. Indien ons Hom met groter ywer verkondig, sal alle dwalings duidelik in die lig van sy waarheid geopenbaar word: “Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak … As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees” (Joh 8:32, 36). As die waarheid oor Jesus Christus en sy leer in sy volle omvang bekend gemaak word, sal alles wat daarvan afwyk baie duidelik as versinsels blootgelê word. Die basiese waarhede oor Hom, as die vleesgeworde Woord, het ’n vrymakende krag en sal elke dwaling weerlê. In ons nadenke oor Jesus Christus moet ons noodwendig ook by die geestelike lewe van sy volgelinge uitkom, want hulle is die werk van sy hande wat as die lede van sy liggaam beskryf word. Paulus sê vir die gemeente: “Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik” (1 Kor 12:27; vgl Rom 12:5). Dit is ons taak en roeping om hierdie liggaam onder die leiding van Jesus Christus, sy Gees en sy Woord goed te laat funksioneer tot eer van ons Here en die opbouing van sy liggaam. Dit sal slegs gebeur indien Hy te alle tye ons eerste en hoogste liefde is.

      Die liefde van die Here Jesus dring ons om Hom met ons hele hart lief te hê, en ook ons naaste soos onsself. Gee ons werklik genoeg vir ander Christene om? Reeds in Ou-Testamentiese tye het die Here gesê: “… vertrou my seuns en die werk van my hande aan My toe!” (Jes 45:11). Ons moet mekaar in die Here bedien en geestelik opbou: “Namate elkeen ’n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God” (1 Pet 4:10).

      Mag die lees van hierdie boek vir jou ’n reis van geestelike vervulling in Christus Jesus wees. As ons Hom in onverganklikheid liefhet, ter wille van die belange van sy ewige koninkryk, sal daar ongekende waarde tot ons lewe en Christelike getuienis toegevoeg word.

      Johan Malan

      Erkennings

twirl.jpg

      Navorsingsverslae oor die Godheid en seunskap van die Here Jesus is goedgunstiglik aan die skrywer verskaf deur Bernard Reeves van Londen. Daar is ook vrugbare gesprekke met hom gevoer tydens sy besoeke aan Suid-Afrika in die laat negentigerjare.

      ’n Joodse uitgewer in Jerusalem, Victor Smadja, het aan die skrywer ’n kopie geskenk van ’n boek deur Risto Santala (1992), waarin daar ’n deeglike uiteensetting van Messiaanse profesieë in die oorspronklike Hebreeuse teks van die Ou Testament is. In daardie stadium was die Hebreeuse uitgawe van hierdie boek reeds in sy vyfde druk. Hierdie inligting was veral waardevol uit die oogpunt van die vervulling van Ou-Testamentiese profesieë oor die koms van die Messias.

      Dankie aan Nonna Gordon vir redigering van die manuskrip.

      Afkortings

twirl.jpg

      NT – Nuwe Testament

      OT – Ou Testament

      NKJV – New King James Version

      MKJV – Modern King James Version

      NAV – Die Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

      NLT – New Living Translation

      NIV – New International Version

      AB – Amplified Bible

      Hoofstuk 1

twirl.jpg

      God

Скачать книгу