Jesus Christus en ons lewe in hom. Johan Malan

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Jesus Christus en ons lewe in hom - Johan Malan страница 5

Автор:
Серия:
Издательство:
Jesus Christus en ons lewe in hom - Johan Malan

Скачать книгу

deur die geloof … sodat Hy … regverdig (kan) maak wie uit die geloof in Jesus is” (Rom 3:25–26).

      Ons redding en weergeboorte is op die bloed gegrond

       Ons is geregverdig deur sy bloed en op grond daarvan gered van die toorn (vgl Rom 5:9).

       “In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade” (Ef 1:7).

       Ons is losgekoop “deur die kosbare bloed van Christus, soos van ’n lam sonder gebrek en vlekkeloos” (1 Pet 1:18–19).

       Jesus Christus het ons liefgehad en ons van ons sondes gewas in sy bloed (vgl Op 1:5).

      Ons voortgesette reiniging is ook op die bloed gegrond

       “As ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar”; en die bloed van die Here Jesus Christus reinig ons voortdurend van alle sonde en ongeregtighede (1 Joh 1:7).

       Die bloed van Christus reinig ons gewete “van dooie werke om die lewende God te dien” (Heb 9:14).

       Toe Jesus Homself as slagoffer vir die sondes gebring het, “het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word” (Heb 10:12, 14). Deur sy eenmalige offer hou Hy aan om ons te vervolmaak mits ons in Hom bly (vgl Joh 15:2, 4).

       ’n Bietjie suurdeeg (sonde) maak die hele deeg suur. “Suiwer dan die ou suurdeeg uit, … want ook ons Paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus” (1 Kor 5:6–7). Reiniging deur die bloed van die Lam is altyd tot ons beskikking wanneer ons van sonde bewus word en dit bely.

       Die bloed is ook ’n magtige wapen teen die aanslae van die vyand.

       Die martelare van die verdrukking sal die Antichris “oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis” (Op 12:11). Ook vir ons is daar krag in die bloed in die hewige stryd teen die sielevyand. Die krag van die bloed verwys na geloof in die soendood van Christus.

      Die hoedanigheid van Christus as die Lam van God wat sy lewe vir sondaars afgelê het, is die grondslag vir al sy ampte. Omdat Hy die losprys betaal het, kan Hy as Hoëpriester, Middelaar en Herder optree, die Hoof van sy vrygekoopte gemeente wees en as Koning oor sy erfdeel regeer. Hy kan die Regter oor sy diensknegte wees, en uiteindelik ook oor almal wat nie sy versoeningswerk wou aanvaar nie.

      Dit is juis die Lam, wat in die boek Openbaring 26 keer deur hierdie naam bekend gestel word, wat in die verdrukking die wêreld weens hul rebellie teen Hom sal oordeel. Die konings sal saam met hul onderdane na die berge vlug, in spelonke wegkruip en in hul benoudheid na die rotse en die berge uitroep: “Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit en vir die toorn van die Lam; want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?” (Op 6:16–17).

      Aan die ander kant sal daar diegene wees wat aan die Lam gehoorsaam was en in dankbaarheid teenoor Hom sal uitroep: “… U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers” (Op 5:9–10). Is die evangelie wat jy bely werklik die bloedevangelie van die Lam, of bou jy dalk wat jou saligheid betref op valse fondamente? Maak baie seker dat jy nie jou hoop op een van die volgende drie valse evangelies stel nie, want dan sal die Regter jou weeg en te lig bevind:

      1 Sakramentsevangelie. Dit het betrekking op mense wat op die doop vertrou vir redding en op die Nagmaal vir voortgesette reiniging, sonder dat hulle ’n persoonlike ontmoeting met die Here Jesus gehad en ’n oorgawe aan Hom gemaak het. Hulle wandel nie met die Here nie omdat hulle nog net by die kerk uitgekom het, maar nog nie by die Here Jesus nie.

      2 Morele evangelie. Dit is die beskouing dat ’n mens op grond van jou goeie lewe gered word. Kerkbesoek verseker voortgesette moralisering om jou te help om op die regte pad te bly. Jy word geleer dat jy jou nie te buite moet gaan nie, en as jy ’n “matige sondaar” is, hoef jy nie te twyfel aan jou redding nie. Die Bybel leer egter dat daar buite Christus nie een mens is wat regverdig is nie, selfs al dink hy of sy so (vgl Ef 2:12–13; 1 Joh 5:12).

      3 Werke-evangelie. Die geloof in werkeheiligheid word nie alleen in die Rooms-Katolieke Kerk gehuldig nie, maar ook in vervalle Protestantse Kerke. Lidmate meen hulle kan hul saligheid koop deur groot bydraes aan die kerk te gee en vir die Here te werk. Saligheid kan egter nie deur werke verdien word nie (Ef 2:8–9). Persone wat rééds deur die geloof gered is, werk uit dankbaarheid vir die Here. Hulle weet dat hulle ’n lewende God dien en dat geloof lewendig moet wees en na ’n lewe van toewyding aan die Here móét lei (Ef 2:10). ’n Geloof sonder werke is ’n dooie geloof (Jak 2:14–17), maar so ook is werke sonder geloof nutteloos. Jesus Christus is die fondament van bekering en deur ons werke van toewyding bou ons onder die leiding van die Heilige Gees daarop voort (vgl 1 Kor 3:11–13; Matt 3:8).

      Dit is tot eer van die Lam van God as ons aan Hom erkenning gee vir die vergifnis van sondes, en ook ná ons redding die voortgesette reiniging deur sy bloed ervaar.

      Profeet

      ’n Profeet is ’n bekendmaker of aankondiger van die wil en plan van God met die mens, met ander woorde ’n prediker. Dít was Jesus Christus by uitnemendheid. Van sy bekendste preke is die bergpredikasie, die gelykenisse en die profetiese rede. Baie van die waarhede oor God se heilsplan is tydens genesings verkondig, by ete-afsprake, in onderrig aan sy dissipels, en ook in antwoord op vrae wat mense aan Hom gestel het.

      Jesus het groot waarhede oor God se raadsplan bekend gemaak, iets wat nog nooit tevore deur profete gedoen is nie. Hy het gesê: “Ek sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af” (Matt 13:35).

      ’n Ou-Testamentiese reël vir profete was dat hulle nét woorde uit God se mond aan die volk moes verkondig. Hulle mag niks weggelaat of bygevoeg het nie; daarom is Bybelse profesieë 100 persent akkuraat en is valse profete gestenig: “Die profeet wat so vermetel is om ’n woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van ander gode spreek, dié profeet moet sterwe” (Deut 18:20).

      Jesus Christus het in sy hoedanigheid as profeet nét woorde uitgespreek wat van die Vader kom: “Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My ’n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek. En Ek weet dat sy gebod die ewige lewe is. Wat Ek dan spreek – net soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek” (Joh. 12:49–50; vgl Joh. 17:8).

      Hoëpriester

      In die Ou Testament moes die hoëpriester benewens al sy ander funksies een maal per jaar op die Groot Versoendag die Allerheiligste betree om ’n bloedoffer vir die sondes van die volk te bring. Dit was verbode vir ander mense om agter die voorhangsel tot by die verbondsark in te gaan.

      Jesus Christus is die Hoëpriester van die Nuwe Testament (Heb 8:1–2). Om hierdie amp te kon beklee moes Hy eers mens word en ook versoek word soos mense, sodat Hy met ons medelye kon hê: “Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ’n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees … om die sondes van die volk te versoen. Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word. … Want ons het nie ’n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word” (Heb 2:17–18; 4:15–16).

      Jesus het nie ’n Levitiese priesterskap

Скачать книгу