Uit die Beek 2012. Attie van Wijk

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Uit die Beek 2012 - Attie van Wijk страница

Uit die Beek 2012 - Attie van Wijk Uit die Beek

Скачать книгу

tion>

      

      Uit die Beek 2012

      Attie van Wijk

      Lux Verbi

      Voorwoord

      Baie welkom by nog ’n jaar van saam luister na die Woord van God. Ons sal min of meer om die beurt ’n boek uit die Ou Testament en die Nuwe Testament bestudeer. Wanneer jy vyf jaar saam met ons deur die siklus gewerk het, het jy al 66 boeke in die Bybel gelees. Dit is daarom belangrik om elke dag ook die aandgedeelte te lees.

      Die Gebedsgids in hierdie boek sal jou help om elke dag sinvol voorbidding te doen, en nie in dieselfde rympie te verval nie.

      Ds AJ van Wijk (sr) het in 1925 begin om hierdie oordenkings te skryf. Sedert 1927 is dit die Uit de Beek genoem, na aanleiding van Ps 110:7 in die Nederlandse Bybel: “Hij zal op den weg uit de beek drinken; daarom zal Hij het hoofd omhoog heffen.” ’n Beek is natuurlik ’n bergstroompie. Die gedagte is dat ons ons elke oggend moet verfris by die vars water van die Woord vir die dag wat voorlê. Sedert 1929 is hierdie oordenkings in Afrikaans geskryf, wat Uit die Beek die oudste Bybeldagboek in Afrikaans maak. Hierdie boek is die 87ste van die reeks. En jy sal sien dat die Bybel elke dag byderwets, nuut en vars is. Die huidige skrywer is ’n kleinseun van die oorspronklike skrywer. Sy e-posadres is [email protected].

      Ons lees vanjaar in die Ou Testament uit Deuteronomium, 1 en 2 Konings, 2 Kronieke, Hosea, Sagaria en Maleagi en in die Nuwe Testament uit Handelinge, Efesiërs, Titus, Filemon en Openbaring. Sondae lees ons uit die Psalms. Ons sal ontdek hoe aktueel selfs die minder bekende Bybelboeke vir ons daaglikse lewe is.

      Dié dagboek is geskik vir jou persoonlike stiltetyd en ook om tydens huisgodsdiens gebruik te word.

      Mag hierdie jaar vir jou ’n besondere tyd van geestelike groei wees sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is. Bou elke dag aan jou verhouding met Hom!

      Sake vir daaglikse voorbidding

      Sondag: Die uitdra van die evangelie

       Dat elke prediker deur die Heilige Gees vervul sal wees

       Dat die hoorders daders sal word

       Dat gelowiges toegerus sal word vir die week

       Dat ongelowiges tot geloof sal kom

       Vir die vertaling en verspreiding van die Bybel

      Maandag: Opleidingsinrigtings

       Dat elke dosent en onderwyser Christus sal verheerlik

       Dat elke leerder kwaliteit onderrig sal kry

       Dat dissipline herstel sal word

       Dat die jeug reg gevorm sal word

       Dat dosente en onderwysers geesdriftig sal volhard

      Dinsdag: Die jeug

       Dat ouers die regte voorbeeld sal stel

       Dat kinders die Here tuis sal leer ken

       Dat kinders groepsdruk sal weerstaan

       Dat kinders die regte keuses sal maak

       Dat kinders mekaar na Jesus sal lei

      Woensdag: Owerhede

       Dat ons leiers die Here sal leer ken en volg

       Dat die regering die regte besluite sal neem

       Dat die parlement God sal verheerlik

       Vir die veiligheidsdienste, polisie en weermag

       Dat misdaad en korrupsie uit ons land sal verdwyn

      Donderdag: Sending en getuienis

       Vir ’n sendingvisie en -passie by elke gelowige

       Vir julle sendelinge en hulle gesinne by name

       Dat Christene die Woord vreesloos sal uitleef

       Dat die Gees harte sal voorberei en verander

       Vir die nodige finansies vir die werk

      Vrydag: Diens van barmhartigheid

       Vir kundige hulp aan werkloses en armes

       Vir bevryding uit die armoedespiraal

       Vir die inrigtings wat mense probeer help

       Vir die nodige finansies hiervoor

       Vir elkeen wat in beproewing verkeer

      Saterdag: Herlewing

       Dat elke Christen die Here sal ken en gehoorsaam

       Dat God op elke vlak van die lewe verheerlik sal word

       Dat die Heilige Gees kragtig sal werk

       Dat die kerk ’n verskil in die wêreld sal maak

       Dat ons gereed sal wees vir die wederkoms van Christus

      Welkom by Deuteronomium

      Skrywer

      Moses (31:9, 24–25) en ander skrywers.

      Datum

      Onseker, hoewel gedeeltes uit Moses te tyd kom.

      Lesers

      Die hele volk Israel, veral nadat hulle die beloofde land ingeneem het.

      Doel

      Hierdie boek moes elke sewe jaar aan die hele volk voorgelees word om hulle in hulle aanbidding te lei. Dit vorm die brug tussen die Pentateug en die geskiedkundige boeke wat daarop volg. Dit word 90 keer in die Nuwe Testament aangehaal.

      Hooftrekke

      1 Moses se eerste toespraak (1:1–4:43)

      2 Moses se tweede toespraak (4:44–26:19)

      3 Moses se derde toespraak (27:1–30:20)

      4 Moses se laaste toespraak en dood (31:1–34:12)

      Let op na

      1 Die belangrikheid van die verbond met God.

      2 Al die gedeeltes wat deur Christus aangehaal word.

      Christus in Deuteronomium

      Christus is die vervulling van die verwagting

Скачать книгу