Uit die Beek 2012. Attie van Wijk

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Uit die Beek 2012 - Attie van Wijk страница 5

Uit die Beek 2012 - Attie van Wijk Uit die Beek

Скачать книгу

sou wees as al die Christene in ons land hierdie opdragte sou gehoorsaam! Dit sal soos suurdeeg in huise werk, en kinders sal opgebou word in hulle geloof, en ’n vreugde vir hul ouers wees. Net so sal dit soos suurdeeg deur gemeenskappe werk, en ’n nuwe gees van medemenslikheid en respek skep.

      GEBED: “Here, help my om die opdragte in hierdie gedeelte in my eie lewe toe te pas, sodat my kinders U ook sal ken en volg.”

      Lees vanaand in Deuteronomium 6:14–25 hoe ouers hulle geloof aan die volgende geslag moet aangee.

      Vrydag 13 Januarie

      Lees Deuteronomium 7:1–11.

      Paraskevidekatriaphobia

      Weet dan nou: die Here jou God, Hy is God. Hy is die betroubare God wat sy verbond in stand hou en sy troue liefde betoon tot aan die duisendste geslag van hulle wat Hom liefhet en sy gebooie gehoorsaam (Deut 7:9).

      “Wat op aarde is daardie onuitspreekbare naam in die opskrif?” het jy dalk gewonder. Dit is eenvoudig die geleerde naam vir ’n vrees vir Vrydag die dertiende. Vanjaar val die dertiende drie maal op ’n Vrydag. Die ontstaan van die bygeloof dat Vrydag die dertiende ongelukkig is, is onbekend, hoewel verskillende teorieë op die internet gevind kan word. Dis ’n “nuwe” bygeloof: Die eerste verwysing daarna was in 1917. Tog is daar baie mense wat vandag verkies om by die huis te bly om ongelukke te vermy. Dit gee seker aanleiding tot die statistiek dat Vrydag die dertiende gewoonlik minder ongelukke het as enige ander Vrydag!

      Gelowige mense hoef egter nie bygelowig te wees nie. Die arme dag kan nie help dat sommige dom mense dit vrees nie. Maar, soos ons in vandag se teksvers gelees het, verander God se krag nie op Vrydag die dertiende nie. Hy is altyd betroubaar; Hy sorg altyd vir sy kinders. Daar is geen ander God soos Hy nie. Hy is die enigste. Vandaar die bevel om die afgodedienaars se aanbiddingsplekke en afgode te vernietig, sodat hulle nie vir Israel ’n versoeking sal wees nie.

      Ons word ook vandag gewaarsku om op te pas wie ons as vriende het. Is dit mense wat ons sal weglei van die Here af, of is dit mense vir wie ons na Hom toe kan lei?

      GEBED: “Here, dankie dat U nooit verander nie. Seën ons gesin vandag sodat ons vir ander tot seën kan wees.”

      Lees vanaand in Deuteronomium 7:12–26 van God se wonderlike beloftes en waarom ons nie afgodsbeelde in ons huis moet toelaat nie.

      Saterdag 14 Januarie

      Lees Deuteronomium 8:1–9

      Dissipline

      Jy moet diep in jou hart weet: soos ’n man dissipline by sy seun kweek, so het die Here jou God vir jou dissipline geleer (Deut 8:5).

      “Die doel van dissipline is selfdissipline,” het iemand verduidelik. En dit laat die oneindige gedril op die paradegrond van die dienspligtiges en jong rekrute sin maak. “As julle mooi luister en presies doen wat ek vir julle sê, sal ek julle kan terugbring na julle mammas toe,” was die belofte van een korporaal. En dié van ons wat deur die weermag gegaan het, sal kan getuig dat ’n korporaal baie meer skrikwekkend is as ’n generaal!

      Die Here het dit ook so beskik dat elke kind in ’n huis moet grootword waar hy deur dissipline geleer word om selfdissipline te kan toepas. Waar ’n kind sonder dissipline grootword, kan hy of sy ook nie aanpas in die grootmenslewe nie. Mamma doen haar kind ’n ongelooflike onreg aan as sy altyd maar toegee. Elke kind het grense nodig om gelukkig te wees, en toets gedurig daardie grense om seker te maak dat hulle stewig is. ’n Gedissiplineerde kind word ’n gelukkige kind wat verantwoordelikheid kan dra en wat vertrou kan word. Daarom is dit tragies as ’n ouer die kant van ’n stout kind kies teen die onderwyser, en nie saamwerk om die kind reg te vorm nie.

      Ons het almal dissipline nodig. Moses herinner die volk daaraan dat hulle dit ook nodig het. Die swaar tye in die wildernis het hulle sterk gemaak vir die stryd wat voorlê. Dissipline is die geheim vir ’n gelukkige lewe. Dit sluit ook ’n vaste tyd vir die Here in, sodat ons elke dag geestelik kan groei.

      GEBED: “Here, dankie dat U ons met dissipline seën sodat ons ook vir mekaar tot seën kan wees.”

      Lees vanaand in Deuteronomium 8:10–20 watter gevaar voorspoed en rykdom vir jou kan inhou.

      Sondag 15 Januarie

      Lees Psalm 34:1–11.

      Die doel van swaarkry

      Ek sal die roem van die Here sing; dié wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees. Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie (Ps 34:3, 6).

      “Hoekom lewe ek tog?” het Nick Voyecic hom afgevra. Die ander kinders het hom genadeloos gespot, want hy is sonder arms en bene gebore. Sy pa was ’n predikant en sy ma ’n verpleegster, en hulle het alles vermy wat die baba kon skade aandoen, en tog is hy so gebore. Maar hy het sy tekortkominge te bowe gekom, leer tik met die een toon wat hy aan sy lyf gehad het en ’n graad verwerf. Vandag reis hy oor die hele wêreld om mense te bemoedig en te inspireer. Hy het al tot 100 000 mense op ’n slag toegespreek. God gebruik hom kragtig ten spyte van sy gestremdheid.

      Dawid het ook moedelose tye geken toe hy vir Saul moes vlug, al het hy hom geen kwaad aangedoen nie. Waarom moes dit met hom gebeur? En toe hy by Abimelek skuiling soek, moes hy hom mal hou om nie dadelik doodgemaak te word nie. En tog het hy juis in so ’n tyd ’n pragtige gedissiplineerde psalm geskryf. In die Ou Vertaling sal jy sien dat dit ’n alfabetiese psalm is, waar elke vers met die volgende letter van die Hebreeuse alfabet begin. Hy het geweet dat hy ander wat ook swaarkry, deur sy eie getuienis kan bemoedig.

      Miskien ervaar jy ook tans ’n moeilike tyd. Jy kan nie verstaan waarom dinge met jou gebeur nie. Hou moed. God het ’n plan, en wil jou ook vir ander tot seën maak.

      GEBED: “Here, gee my ’n lied in my hart, al gaan dit nie altyd goed nie. Maak my ’n versterker van mense wat swaarkry.”

      Lees vanaand in Psalm 34:12–23 van die belangrike lesse wat Dawid vir sy kinders wil leer.

      Maandag 16 Januarie

      Lees Deuteronomium 9:1–6.

      Oppas vir hoogmoed

      Wanneer die Here jou God hulle verdryf het, moet jy nie sê: “Die Here het my hierdie land in besit laat neem omdat ek volmaak is” nie, want die Here het hierdie nasies verdryf omdat hulle so goddeloos is (Deut 9:4).

      “As ek dink wat vandeesweek vir my wag, wil ek liewer in die bed bly.” Voel jy ook so? Sit die Enakiete daar op kantoor of by die skool vir jou en wag? Ja, daar kom tye dat ’n mens bedreig voel. Jy moet na ’n nuwe skool of universiteit gaan, of selfs net na ’n ander klas. Jy moet van werk verander. Jou eggenoot is siek. Jy moet self hospitaal toe gaan.

      Moses is besig met sy tweede groot toespraak op die grens van die beloofde land. Hy waarsku die volk dat daar reuse op hulle wag. Die tien verkenners het ook van hulle gepraat, en die gevolg was dat die volk bang geword het en hulle vertroue in God verloor het. Nou praat Moses self oor die groot uitdagings wat voorlê, maar met die doel om hulle te help om nie bang te wees nie, maar eerder op God te vertrou. Hulle kan seker wees van die oorwinning, maar dit sal nie as gevolg van hulle eie bekwaamheid wees nie. God sal vir hulle stry. Hulle moet net hulle kant ook bring. Hulle verdien nie eintlik om gehelp te word nie,

Скачать книгу