Jý is die kerk. Francois Kruger

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Jý is die kerk - Francois Kruger страница 4

Автор:
Серия:
Издательство:
Jý is die kerk - Francois Kruger

Скачать книгу

4. Wetties Eie styl en kultuur Sentimentele verkleefdheid aan vorm Vormgodsdiens Seremonies en formaliteite 4. Motiewe Aanpasbaar Soepel Verkleef aan die lewende Jesus Klem op inhoud Belewing Konkrete ervaring 5. Outoritêre leierskap 5. Diensbaarheid 6. Kerkgerig 6. Koninkrykgerig 7. Verskraalde verlossingsleer 7. Geestelike groei 8. Dogma word die onderskeidingsnorm Denominasionalisme Krities, twissiek, veroordelend 8. Die lewe van Jesus word die onderskeidingsnorm Koninkryk Liefdevol Diensbaar 9. Rasionalisme Erediensgesentreerd Die preek is die hoofsaak en einddoel 9. Belewing Die erediens van die lewe Die nuwe lewe is die hoofsaak en die einddoel 10. Stelselgedrewe Instandhoudingsmodel 10. Verhoudingsgedrewe

      1. Niks meer en niks minder nie

      1

      Niks meer en niks minder nie

      Die Bybelse betekenis van “fondament” en die praktiese toepassing daarvan op hedendaagse kerkwees word behandel.

      Verandering kan gevaarlik wees, en onnodige verandering is ’n onding. Dit laat mense ontuis en onveilig voel. Die debat oor wat nodig is om te verander en wat nie, hou nou al jare lank aan. Praktiese ervaring en die lees van soveel Skrifgetroue boeke moontlik hieroor het my teruggeneem na die één Boek oor verandering. Dit het my tot die gevolgtrekking laat kom dat dit ’n groot fout is om sommer net dinge te verander, sonder dat dit werklik nodig is. Die prys wat ’n mens daarvoor betaal, is baie hoog. Niemand wil tog met ’n klomp ongelukkige en negatiewe mense in ’n gemeente sit nie.

      Maar die grootste fout is om nié te verander wanneer dit werklik nodig is nie. Dis ’n teken van gebrek aan leierskap en geloofsmoed. Dis ook ’n gebrek aan getrouheid aan jou roeping. En dis die teken van ’n swakkeling. Dit gebeur maklik dat noodsaaklike verandering nie plaasvind nie, omdat leiers nie die guts het om dit te doen nie. Al wat dan gebeur, is dat hulle later die slagoffers van daardie verandering word.

      Verandering is in minstens drie gevalle noodsaaklik:

      1. Om die kerk relevant te hou

      Die moderne mens wil die taal van die kerk verstaan en tuis voel in die kerk se styl. Daarom moet sekere dinge verander ten einde die kerk relevant te hou. Doen ons dit nie, het ons baie min impak op die gemeenskap. Stylaanpassing is, onder andere, ’n manier om die kerk relevant te maak. Natuurlik is daar ook ander aanpassings wat gemaak moet word.

      Ons het die afgelope ruk heelwat tyd belê in die bediening van jongmense. Die Here het ons geseën en ’n mooi klompie jongmense het Sondagaande bymekaar gekom. Baie van hulle was voorheen kerkloos en het ook kerkloos grootgeword. Ander het nie in ons gevestigde kerkstyl grootgeword nie. Om hulle te akkommodeer, moes ons ons aanbiddingstyl meer kontemporêr maak. Ons het besef dat, as hulle in ’n erediens instap en begroet word met ’n styl wat 50 jaar oud is, ons hulle nie weer gaan sien nie. Hierdie stylveranderinge is met gemengde reaksies begroet. Sommige lidmate het dit verwelkom, terwyl dit ander teen die bors gestuit het. Dit was die begin van baie spanning in ons gemeente.

      Die mees algemene kritiek was dat ons nou by die wêreld wil aanpas. Ek het lank gewonder in hoe ’n mate dié kritiek geldig is. Jesus het in sekere sin by die wêreld aangepas. Hy het mens geword om mense te red. Paulus het vir die Jode soos ’n Jood geword om hulle vir Christus te wen. ’n Mens moet eenvoudig aanpas by die mense wat jy wil bereik. Dis soos visvang: jy gebruik aas waarvan die vis hou, nie waarvan jy hou nie. Natuurlik sal ’n mens nooit die evangelie aanpas of afwater nie. Juis nie!

      Iemand het op ’n dag gesê: “As jy nie van verandering hou nie, gaan jy nóg minder van irrelevansie hou.” Die kerk se mening gaan dan al hoe onbelangriker raak. Vir mense daarbuite gaan dit doodgewoon nie meer saak maak nie.

      Dis egter belangrik om in te sien dat hierdie soort verandering – hetsy om relevant te bly of jou styl aan te pas – nie werklik grondige verandering behels nie.

      2. Om uitgediende strukture te vervang

      Alhoewel strukture noodsaaklik is, moet dit met werkbare en funksionele strukture vervang word wanneer dit uitgedien is. Die Bybel skryf nie spesifieke strukture voor nie, maar wel belangriker sake.

      Strukture is nodig om hierdie belangriker sake te ondersteun. Strukture is daarom daardie dinge wat ’n ondersteunende en dienende rol speel, soos gebruike, seremonies en uiterlike vorme.

      Strukture is nooit ’n doel op sigself nie, maar is daar om die eintlike doel te dien. Om strukture ter wille van die strukture in plek te hou is sinloos. Ook om dit ter wille van sentimentele verkleefdheid aan die strukture of die handhawing van ’n eie karakter of eie groepsidentiteit in stand te hou.

      Indien strukture nie doeltreffend werk nie, moet dit met meer funksionele strukture vervang word. Die Here wil nie hê ons moet aan uitgediende strukture vasklou nie. Iemand het eenkeer, met betrekking tot die Anglo-Boereoorlog, gevra: “As jou perd doodgeskiet word, wat doen jy? Jy klim af en gaan verder! ’n Mens kan nie op ’n dooie perd ry of hom weer aan die lewe probeer dokter nie. Kry ’n ander perd.”

      Of dink aan bouers wat ’n hoë gebou moet oprig. Hulle doen moeite om netjiese en stewige steierwerk buite-om op te rig. Maar dink jou in wat sal gebeur as hulle nie die steiers wil afbreek nadat die gebou voltooi is nie, omdat hulle te trots op hul netjiese steierwerk is. Die steiers het dus vir hulle belangriker geword as die gebou self. Dis tog belaglik! Die gebou is immers die doel, nie die steiers nie.

      Dit is so hartseer dat die strukture wat ons self geskep het, onversetlik gehandhaaf word, terwyl die doel wat die Here vir ons gee, misgekyk word. Ek wil daaroor huil. Dit is kerkspeel en kerkspeel is vals, want dit skep ’n valse gerustheid. Dit is bedrieglik omdat dit mense gelukkig en tevrede hou. En baie mense gaan dit te laat agterkom.

      Ook hier moet ’n mens besef dat as strukture wat verander of aangepas word, eweneens nie werklik verandering is nie. Die doel daarvan is net om die funksionering meer doeltreffend te maak.

      3. Om ’n skuif na die enigste werklike basis te maak

      Hierdie is die enigste ware verandering wat daar is. Alle ander moontlike veranderinge is soos om meubels te herrangskik. Dis vensterversiering, oftewel “window dressing”. Niks ingrypends word verander nie. Die enigste ware verandering is om weg te skuif van enige basis waarop ’n mens tot hiertoe gebou het na die enigste werklike basis wat daar is.

      Die Bybel gee interessante perspektiewe oor Jesus as die enigste fondament.

      “Jesus Christus Self – en Hy alleen!”

      Argitekte het nie in die tyd van die Nuwe Testament met ’n tekenbord gewerk nie. Hulle het eerder na die klipkappery gegaan, ’n mooi groot vierkantige klip uitgesoek, en dit na die bouperseel laat bring. Daar het die argitek al die los bogrond laat verwyder totdat hy op harde, natuurlike grond afgekom het. Dan het hy die vierkantige klip geposisioneer volgens die plan van die gebou wat hy in gedagte het. In die meeste gevalle was die res van die klippe vir die fondasie nie netjies gekap nie. Die groot hoeksteen het die ander klippe in plek gehou. Die hoeksteen het bepaal hoe

Скачать книгу