'n Uur van lig. Nina Smit

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу 'n Uur van lig - Nina Smit страница

Автор:
Серия:
Издательство:
'n Uur van lig - Nina Smit

Скачать книгу

ection>

      Titelblad

      ’n Uur van lig

      Nina Smit

      LUX VERBI

      Voorwoord

      Voorwoord

      Karl Barth het die volgende pragtige gebed geskryf:

      Met God by jou sal dit nooit heeltemal donker om jou wees nie. As jy sy kind is, kan jy reken op sy teenwoordigheid, selfs al gaan jy by tye deur donker dieptes. Hy gee áltyd weer lig in jou donkerte – meer nog, Hy is self die Lig wat jou vanjaar deur die donker tye sal dra. Elke keer wanneer jy stil raak in sy teenwoordigheid en op Hom fokus, sal jy só ’n uur of halfuur van lig beleef.

      Dit is my gebed dat hierdie dagboek vanjaar vir elke vrou wat dit lees, ’n uur van lig sal daarstel.

      Die skrywer

      Januarie: Gebed

      JANUARIE: GEBED

      ’n Anonieme skrywer beweer: “Gebed is nie ’n towerformule om van God te kry wat óns wil hê nie, maar dis die enigste manier om te word wat God bedoel het dat ons moet wees.” Die heel beste ding wat ons mekaar aan die begin van die nuwe jaar kan toewens, is dat elkeen van ons vanjaar dié vrou sal wees wat God bedoel het dat ons sal wees; dat ons God se doel vir ons lewe sal ontdek, uitleef en elke dag meer soos Jesus sal word.

      Wanneer jy leer om op die regte manier te bid, kom God jou lewe op ’n ánder, meer intense manier binne, ontdek jy hoe om oom-blik vir oomblik met Hom te kommunikeer en elke sekonde van sy teenwoordigheid in jou lewe bewus te wees. Dán verander gebed jou, omdat jy leer om in ’n wêreld vol probleme met God se vreugde te leef.

      Nog ’n anonieme skrywer sê: “Elke dag is ’n geskenk wat deur gebed oopgemaak moet word.” As jy vanjaar daarin kan slaag om elke dag van hierdie nuwe jaar met gebed “oop te maak”, sal dit nie anders kán as om die heel beste jaar van jou lewe te wees nie.

      1 Januarie – God nooi jou om te bid

      1 JANUARIE

      Lees: Jeremia 33:1–9

      God nooi jou om te bid

      So sê die Here, Hy wat die aarde gemaak het en so gevorm het dat dit nie wankel nie, wie se Naam Here is: Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie. – Jeremia 33:2–3

      Dit bly maar ’n ongelooflike feit dat dié groot Skeppergod wat die wêreld gemaak het, wat die miljarde sterre geskep en in die hemelruim geplaas het, wat die olifant én die muggie gemaak het, wat vir ons ons berge, wolke en blomme gegee het – dat Hý graag wil hê dat nietige sondaarmense met Hom in gesprek sal tree. Meer nog, dat Hy ons persoonlik uitnooi om dit te doen.

      Ons verstaan dit nie. Dit klink net nie logies nie, maar dit bly wónderlik! Tog is die meeste mense geensins gretig om dié uitnodi-ging aan te neem nie. Ons soek eerder verskonings waarom ons nie bid nie … Indien jy ’n uitnodiging na Buckingham paleis kry as jy in Engeland toer – sou jy dit van die hand wys? Natuurlik nie! Vandag behoort jy net weer ’n slag te besef dat God jou nóói om met Hom te praat. Jy mág nie die wonderlike geleentheid laat verbygaan nie!

      Was jy tot nou toe te besig om te ontdek presies wat die “groot en onverstaanbare” dinge is wat God persoonlik aan jou wil openbaar? Moenie langer traag wees om God se uitnodiging te aanvaar nie – moenie langer wag om te begin bid nie. Vra dat die Heilige Gees jou self sal leer, vir jou die regte woorde sal gee.

      Heilige Gees, leer my bid, asseblief! Ek wil U graag al hoe beter leer ken en vanjaar dié vrou word wat U my gemaak het om te wees. Amen.

      2 Januarie – Jesus maak gebed moontlik

      2 JANUARIE

      Lees: Kolossense 1:15–26

      Jesus maak gebed moontlik

      Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping … God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon … – Kolossense 1:15, 19

      Dié God tot Wie jy bid, is heilig, groot en almagtig. Vanself sal jy nooit by Hom kan uitkom nie. Jy kan ook nie sommer in sy teenwoordigheid instorm nie. Daar is ’n Middelaar nodig tussen jou en God. Maar God is terselfdertyd ook jou hemelse Vader wat jou só liefhet dat Hy Self sorg vir ’n manier waarop sondige mensekinders met Hom kan kommunikeer. Hy stuur sy Seun na die wêreld om dit vir jou moontlik te maak om te kán bid. Alhoewel Jesus Self ten volle mens was, is Hy die beeld van God, woon God met sy volle wese in Hom. Met sy kruisdood betaal Jesus jou sondeskuld ten volle. Hy sterf in jou plek, sodat jý nou met groot vrymoedigheid in die Naam van Jesus mag bid, en as jy só bid, word God Self verheerlik en antwoord Hy jou gebede. “Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word,” beloof Jesus sy dissipels (Johannes 14:13).

      Jy mag dus die hele dag lank deur die tussenkoms van sy Seun met die Skepper van die heelal in gesprek wees. Maak doodseker dat jy nooit weer sal dink dat gebed sommer ’n alledaagse rympie is wat jy uit gewoonte kan aframmel nie. Wéét dat dit ’n geskenk is wat Jesus vir jou moontlik gemaak het.

      Here Jesus, ek loof U dat U dit vir my moontlik maak om te kán bid. Ek wil van nou af alles in u Naam vra, sodat God daardeur verheerlik kan word. Amen.

      3 Januarie – ’n Daaglikse dissipline

      3 JANUARIE

      Lees: Matteus 7:7–12

      ’n Daaglikse dissipline

      Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word … – Matteus 7:7

      Jesus leer sy dissipels dat hulle maar net moet vra, en God sal vir hulle gee. Maar gebed mag nooit nét ’n vrasessie wees waarin jy vir God al die dinge vra wat jý graag wil hê nie. Dit behoort ’n daaglikse dissipline te wees waarin jy God opsoek. Jy moet elke dag ’n spe-siale tyd vir gebed opsysit. En dit gaan nie so maklik wees nie, want die duiwel gaan sy bes probeer om jou te verhinder. Daar is niks op aarde waarvoor hy so bang is as vir ’n Christen wat bid nie. Heel waarskynlik gaan jy ontdek dat hy allerhande struikelblokke in jou pad gaan plaas sodra jy jou oë toemaak om te bid. Bid dan tot hy jou laat los!

      Gister het jy gehoor dat God jou persoonlik uitnooi om te bid. ’n Gesprek met God vind altyd vanuit ’n verhouding plaas. ’n Mens kan immers nie met ’n vreemdeling ’n intieme gesprek aanknoop nie. Hoe beter jy egter iemand ken, hoe makliker word dit vir jou om jou hart vir hierdie persoon oop te maak. Voor jy begin bid, maak eers jou verhouding met God reg, vra Hom om jou sonde te vergewe en luister dan na sy Stem uit sy Woord. Kies God vanjaar as jou beste Vriend; deel jou vreugde, jou seerkry, jou bekommernisse en jou probleme met Hom. Nadat jy Hom geloof, geëer en gedank het vir Wie Hy is en

Скачать книгу