'n Uur van lig. Nina Smit

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу 'n Uur van lig - Nina Smit страница 4

Автор:
Серия:
Издательство:
'n Uur van lig - Nina Smit

Скачать книгу

Hom roep, reg doen nie? Sal Hy hulle lank laat wag? Ek sê vir julle: Hy sal hulle help, en gou ook! – Lukas 18:7–8

      Alhoewel jy God nooit as ’n soort super-Krismisvader mag gebruik en van jou gebede lang lyste met nimmereindigende versoeke mag maak nie, mag jy wel vir God dié dinge vra wat jy regtig nodig het. Hy het immers beloof dat Hy in elkeen van jou behoeftes oorvloediglik sal voorsien. Elke Christen wat erns maak met gebed, sal kan getuig dat God antwoord wanneer ons bid; dat Hy soms ons gebede op so ’n letterlike manier beantwoord dat dit ons sprakeloos laat! Net soos die regter die lastige weduwee in vandag se Skrifgedeelte gehelp het omdat sy aangehou het met vra, kan God deur die aanhoudende gebede van sy kinders oorreed word om aan hul versoeke te voldoen. Bid dus onophoudelik, hou gerus aan om te vra, tot God jou antwoord. Die Bybel verseker jou dát Hy sal antwoord – en gou ook!

      Hemelse Vader, dankie vir u groot geduld met my; dat ek maar mag aanhou met vra, met die seker wete dat U my gebede sal beantwoord. Amen

      13 Januarie – Aanbid God

      13 JANUARIE

      Lees: Eksodus 4:27–31

      Aanbid God

      Toe hulle hoor dat die Here die nood van die Israeliete gesien het en Hom hulle lot aangetrek het, het hulle in aanbidding gebuig. – Eksodus 4:31

      Wanneer jý kniel om God te aanbid, erken jy hoe heilig, groot en heerlik Hy is. Jy word as ’t ware oorweldig deur God se almag, soveel so dat jy nie anders kan as om voor Hom neer te buig nie. Voordat jy weer begin om God te loof en vir Hom dankie te sê, word eers stil en aanbid God vir Wie Hy is: die God van jou lewe, die Een wat jou éérste liefgehad het en jou as sy kind gekies het, die Een wat nie gehuiwer het om sy Seun in jou plek te laat sterf nie; die Een wat in alle ewigheid by jou sal wees.

      Here God, ek wil laag voor U kom neerbuig en U aanbid omdat U heilig en heerlik, groot en almagtig is. Amen.

      14 Januarie – Loof en dank God

      14 JANUARIE

      Lees: Psalm 116

      Loof en dank God

      Ek wil U loof met ’n dankoffer, ek wil die Naam van die Here aanroep. My geloftes aan die Here sal ek betaal in die teenwoordigheid van sy hele volk, in die voorhowe van die huis van die Here, binne-in jou, Jerusalem! Prys die Here! – Psalm 116:17–19

      Twee van die elemente wat die meeste in gebed afgeskeep word, is lofprysing en danksegging. God wil graag hê dat sy kinders Hom sal loof en vir Hom dankie sal sê vir die genade wat Hy so oorvloe-dig oor hulle uitstort. Hier kan jy gaan kers opsteek by die psalmdigters. Die digter van Psalm 116 loof en dank God vir sy reddingsdade. Omdat God hom van die dood gered het, bring hy vir Hom ’n dankoffer in die tempel. Hy sluit dan ook die psalm af met ’n frase van lof: “Prys die Here!”

      “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik,” sê Jesus in sy Bergrede (Matt 5:16). Wanneer God goed was vir jou en jou gebede verhoor het, mag jy nie nalaat om Hom te loof en te dank nie. Maar jou woorde is nie genoeg nie; jy behoort God ook te loof en vir Hom dankie te sê met die dinge wat jy vir Hom dóén. Soos die psalmdigter hier doen, kan jy gerus ook jou beloftes aan God nakom waar ander mense dit sal kan raaksien, sodat hulle ook onder die indruk van God se liefde en trou vir jou sal kom.

      Here, ek is jammer dat ek U so min loof en dank wanneer ek stil word om te bid. Ek loof U vir u liefde vir my en ek wil U dank vir al die genade wat U so ryklik oor my uitstort. Amen.

      15 Januarie – As God stilbly

      15 JANUARIE

      Lees: Psalm 10:1, 14–18

      As God stilbly

      Waarom staan U so ver weg, Here? Waarom trek U U terug in tye van nood? – Psalm 10:1

      Die ou kerkvaders het dikwels geskryf oor dié tye wanneer dit vir ons voel asof God nie na ons gebede luister nie; wanneer ons nie sy teenwoordigheid ervaar nie. Hulle noem hierdie tye “die donker nag van die siel”. Die donker nag van die siel het twee moontlike gevolge: dit kan jou óf depressief laat en skuldig laat voel oor jou eie stuk ongeloof, óf dit kan jou nader aan God laat beweeg, sodat jy Hom beter leer ken. Die keuse is joune!

      Ongelukkig is dit juis in hierdie tye wanneer jy probleme en krisisse beleef, wanneer jy God die nodigste het, wanneer Hy vir jou ver vóél. As jy weer voel asof God ver en vreemd is, kan jy gerus nadink of daar nie dalk ’n stuk ongehoorsaamheid of ’n onbelyde sonde in jou lewe is wat ’n muur tussen jou en God veroorsaak nie. As die profeet Jesaja met die volk oor hul sonde praat, sê hy: “Daarom word hierdie sonde vir julle ’n hoë stuk muur wat oorhang en dreig om te val …” (Jes 30:13). Sodra jy van so ’n “muur” in jou eie lewe bewus raak, bely hierdie sonde, sodat jy weer spontaan met God kan kommunikeer. Dis meestal nie regtig God wat stilbly nie, maar óns wat doof is, skryf Teresa van Ávila, wat self twintig jaar lank gesukkel het om te bid voordat sy as ’n gebedsmeester uit die stryd getree het.

      Here, dankie vir die stuk insig dat U wel by my is, maar dat dit my sonde is wat die muur tussen ons veroorsaak. Vergewe my asseblief, sodat die kommunikasiekanaal weer oop kan wees tussen U en my. Amen.

      16 Januarie – Bid én glo

      16 JANUARIE

      Lees: Jakobus 1:2–8

      Bid én glo

      Maar ’n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos ’n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. – Jakobus 1:6

      God nooi jou om te bid, Hy beloof om jou gebede te verhoor, maar daar is tog ’n voorwaarde wat Hy aan jou stel: wanneer jy bid, moet jy gelowig bid. “Die gebed van ’n gelowige het ’n kragtige uitwer-king,” skryf Jakobus aan die

Скачать книгу