'n Uur van lig. Nina Smit

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу 'n Uur van lig - Nina Smit страница 7

Автор:
Серия:
Издательство:
'n Uur van lig - Nina Smit

Скачать книгу

Januarie – Die Ons Vader

      25 JANUARIE

      Lees: Matteus 6:7–13

      Die Ons Vader

      So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose. – Matteus 6:9–13

      Die meeste van ons ken die Ons Vader van kleins af uit ons kop, en juis daarom loop ons gevaar om so gewoond daaraan te raak dat ons nie meer die geweldige rykheid en diepte daarvan raaksien nie, maar dit soos ’n rympie aframmel as ons die aand te vaak is om te bid.

      Vader God, dankie dat U vir my bereikbaar is. Ek bid dat u Naam geheilig sal word, u koninkryk sal kom en u wil sal geskied; dat U in my behoeftes sal voorsien, my sonde sal vergewe en my van die Bose sal bewaar. Amen.

      26 Januarie – Soos jy vergewe …

      26 JANUARIE

      Lees: Matteus 6:14–15

      Soos jy vergewe …

      As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.” – Matteus 6:14–15

      Die tweede laaste bede van die Ons Vader lui: “en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree” (Matteus 6:12). Jy het seker reeds ontdek dat hóé jy ook al probeer om heilig te lewe, jy dit maar net nie kan regkry nie. Dat jy elke keer maar weer na God moet gaan om Hom te vra om jou sonde te vergewe. En Hy doen dit keer op keer. Maar soms is jy van jou kant nie so gretig om iemand te vergewe wat aanmekaar dieselfde oortreding teenoor jóú begaan nie – veral nie as dit iets is waaroor hy jou al voorheen om vergifnis gevra het nie.

      In vandag se kernverse sê Jesus iets wat aanvanklik vir my persoonlik baie onrusbarend was: as jy ander mense vergewe, sal God dieselfde met jou doen, maar as jy weier om ander te vergewe, sal God ook nie jou sondes vergewe nie. Gelukkig het God reeds jou sondeskuld vergewe, en juis omdat jy so dankbaar daaroor is, behoort jy dit ook reg te kry om dié mense wat teenoor jou sondig, van harte te vergewe. As jy bly sukkel daarmee, vra dat God dit vir jou moontlik sal maak. Onthou net, as jy iemand klaar vergewe het, behoort jy van daardie “skuld” teen jou te vergéét, soos God met jou skuldrekening maak.

      Here, vergewe my dat ek so moeilik vergewe! Maak my so dankbaar dat U vergewensgesind is teenoor my, dat ek gewillig sal wees om ander mense van harte te vergewe. Amen.

      27 Januarie – Verlos my van die Bose

      27 JANUARIE

      Lees: 1 Petrus 5:8–11

      Verlos my van die Bose

      Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. – 1 Petrus 5:8–9

      Die laaste bede van die Ons Vader is: “… verlos ons van die Bose” (Matteus 6:13).

      Een van die hoofredes waarom Christene so sukkel om te bid, is omdat die duiwel sy bes doen om ons te verhoed om dit te doen. Hy loop inderdaad soos ’n brullende leeu rond om te kyk waar daar ’n Christen op sy knieë is wat hy kan bestorm. En jy beter vir hom ligloop, want hy is baie sterker as jý. Hy het dan selfs vir Jesus in die woestyn aangedurf. Maar Jesus het hom elke keer die loef afgesteek omdat Hy die Skrif so goed geken het (vgl Matteus 4:1–11). As jy die duiwel sonder God se krag aandurf, gaan jy niks teen hom uitrig nie.

      Gelukkig vir jou het Jesus die duiwel reeds aan die kruis verslaan, maar hy is steeds nie ’n katjie wat jy sonder handskoene kan aanpak nie. Iemand het die mooi vergelyking gebruik dat die duiwel soos ’n leeu agter tralies is: jy moet net nie naby genoeg aan die tralies kom dat hy jou kan bykom nie. Staan hom eerder in God se krag teë, en bly bid dat God jou van hom sal verlos. Dan sal hy uiteindelik van jou af wegvlug. En onthou dat jou Bybel steeds die doeltreffendste wapen is wat jy teen die duiwel kan gebruik – sorg dus dat jy dit goed genoeg ken om die duiwel se versoekings te troef.

      Hemelse Vader, ek bid dat U my van die Bose sal verlos. Dankie dat ek u krag tot my beskikking het om die duiwel mee teen te staan. Amen.

      28 Januarie – In God se teenwoordigheid

      28 JANUARIE

      Lees: Deuteronomium 4:1–8

      In God se teenwoordigheid

      Watter groot nasie se god is so by hom soos die Here ons God by ons is elke keer as ons tot Hom bid? Watter groot nasie se voorskrifte en bepalings is so billik as hierdie wat ek vandag vir julle gee?” – Deuteronomium 4:7–8

      In Moses se “afskeidspreek” vertel hy die Israeliete dat hul God met hulle sal saamgaan wanneer hulle die beloofde land intrek en hulle sal lei soos wat Hy dit in die woestyn gedoen het. Hy druk dit vir hulle op die hart dat hulle God moet gehoorsaam omdat daar geen ander nasie is met ’n God wat by hulle is elke keer as hulle tot hom bid nie. Daar is ook nie nog ’n god met sulke billike voorskrifte en bepalings soos Israel se Verbondsgod nie.

      Ons lewe duisende jare ná Moses. Maar ons aanbid dieselfde God van Israel. En ons God is steeds naby wanneer ons bid. Jy hoef maar net jou oë toe te maak en met Hom te praat om sy teenwoordigheid by jou te ervaar. Die Engelse vertaling van vandag se kernvers lui: “What other nation is so great as to have their gods near them the way the Lord our God is near us whenever we pray to him?” (New International Version).

      Here God, dit laat my verstand duisel dat U by my teenwoordig is elke keer as ek bid, dat U Self na my luister. Help my om aan U gehoorsaam te wees. Amen.

      29 Januarie – Hou jou ore oop as jy bid …

      29 JANUARIE

      Lees: Jesaja 50:4–11

      Hou

Скачать книгу