'n Uur van lig. Nina Smit

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу 'n Uur van lig - Nina Smit страница 6

Автор:
Серия:
Издательство:
'n Uur van lig - Nina Smit

Скачать книгу

vir my ’n ongelooflike feit dat die almagtige Skeppergod die gebede van ’n sondige mens op só ’n manier beantwoord dat wonders gebeur. God gee Josua die oorwinning oor sy vyande deur die son te laat stilstaan. Telkens wanneer Bybelfigure soos Moses, Josua of Gideon tekens van Hom vra, luister God na hul gebede en gee Hy wat hulle vra. God doen steeds wonders wanneer sy kinders bid, mits ons geloof sterk genoeg is.

      Hemelse Vader, ek weet dat daar niks is wat vir U onmoontlik is nie. Dankie dat U steeds in staat is om wonders te doen wanneer u kinders bid. Amen.

      21 Januarie – Wagtyd

      21 JANUARIE

      Lees: Psalm 130

      Wagtyd

      Uit die dieptes roep ek na U, Here, luister tog na my, Here, hoor tog my hulpgeroep … Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die môre wag … Wag op die Here, Israel, want by die Here is daar troue liefde … – Psalm 130:1–2, 6–7

      In hierdie psalm ervaar die psalmdigter dat sy sonde hom van God vervreem het. Vir Hom voel God ver. Maar Hy vertrou steeds dat God hom uit sy vertwyfeling kan verlos. Hy roep dus “uit die dieptes” dat die Here hom moet help en vertrou dat God se belofte – dat Hy sy kinders sal verlos – vir hom persoonlik vervul sal word. Soos wat die wagte op die mure van Jerusalem op die môre gewag het, is die bidder hier bereid om op die Here se antwoord op sy gebede te wag.

      Soms antwoord God dadelik jou gebede, maar ander kere verwag Hy van jou om gewillig te wees om op Hom te wag. Alhoewel wag vir die meeste mense moeilik is, veral wanneer ons soos die digter van Psalm 130 in benoudheid verkeer, vra God dat sy kinders bereid moet wees om op sy antwoord te wag wanneer ons bid.

      Hemelse Vader, ek is jammer dat ek soms so ongeduldig met U is. Maak my bereid om geduldig op u antwoord op my gebede te wag. Amen.

      22 Januarie – Raadpleeg God

      22 JANUARIE

      Lees: Josua 9:1–14

      Raadpleeg God

      Hulle het vir Josua gesê: “Ons wil u onderdane wees.” … Die Israeliete het na die padkos gekyk, maar nie die Here geraadpleeg nie. – Josua 9:8, 14

      Wanneer die inwoners van Gibeon hoor dat Josua die stede Jerigo en Ai ingeneem het, maak hulle ’n slim plan om te verseker dat die Israeliete nie teen hulle sal veg nie. Hulle pak vir hulle verkrummelde padkos in, laai verslete wynsakke op hul donkies en trek ou klere en gelapte skoene aan. Toe hulle by Josua se kamp by Gilgal kom, vra hulle vir hom of hulle sy onderdane mag wees. Josua raadpleeg nie die Here nie, maar meen dat hulle van ver kom en stem in om nie teen hul oorlog te maak nie, net om drie dae later te hoor dat die Gibeoniete hul bure is en tussen hulle woon!

      Die Israeliete begaan hier ’n groot fout omdat hulle God nie ge-raadpleeg het nie, maar op hul eie oordeelsvermoë staatgemaak het. Christenskap is ’n verhouding, en in enige verhouding is kommunikasie baie belangrik. Dit is dus nodig dat ons na mekaar sal luister en mekaar sal verstaan.

      Indien jy in die toekoms weer ’n belangrike besluit moet neem, raadpleeg éérs vir God en vra sy raad voordat jy self enigiets aan die saak doen. Hy sal vir jou elke keer die regte leiding gee. Hy kan immers in die toekoms sien – iets wat jý nie kan doen nie. God wil graag deel van jou besluitneming wees. En as jy Hom heel eerste raadpleeg, weet jy dat jy nie ’n fout kan maak nie.

      Hemelse Vader, weerhou my daarvan om my eie oordeel te gebruik. Ek bid dat U elke keer vir my die regte leiding sal gee as ek ’n belangrike besluit moet neem. Amen.

      23 Januarie – Jou wens of God se wil?

      23 JANUARIE

      Lees: Johannes 15:1–8

      Jou wens of God se wil?

      As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry. – Johannes 15:7

      Soms het ons ’n probleem daarmee of ons maar dié dinge wat óns wil hê van God mag vra en of ons elke keer behoort te bid dat sy wil sal geskied. Wat nou daarvan as dit wat óns graag wil hê van God se wil sou verskil? As ’n mens die Bybel lees, lyk dit asof albei gebedsversoeke in orde is. Jesus, so het ons reeds gehoor, het altyd God se wil voorop gestel, maar Hy het tog ook gevra dat die lydensbeker van Hom weggeneem sal word (vgl die dagstukkie van 19 Januarie). In vandag se kernteks sê Jesus dat almal wat in Hom bly, maar met vrymoedigheid net wat hulle wil hê van Hom mag vra, en hulle sal dit kry. Maar in 1 Johannes 5:14–15 staan daar: “En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.” “[Dit] is so goed of ons het wat ons van God vra,” lui Die Boodskap se vertaling (vers 15).

      Die geheim is hier dat jy in Jesus moet bly en sy woorde in jou. Indien jy só naby aan Hom leef, sal jou wil ooreenstem met syne. Maak seker dat jy in Jesus bly, dan mag jy maar vra net wat jy wil hê, met die seker wete dat God dit vir jou sal gee.

      Here Jesus, ek wil van nou af in U bly. Dankie vir u belofte dat dié dinge wat ek dan van U vra in ooreenstemming met u wil sal wees. Amen.

      24 Januarie – Jesus en gebed

      24 JANUARIE

      Lees: Markus 1:32–39

      Jesus en gebed

      Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan … en daar gebid. – Markus 1:35

      Hoe beter jy vir God ken, hoe makliker is dit om te bid. Jesus, wat baie naby sy hemelse Vader geleef het, was dus ’n meester van gebed. Sy dissipels het gesien dat Hy dikwels na ’n eensame plek gegaan het en daar tyd gemaak het om met sy Vader te kommunikeer. Geen wonder nie dat hulle Hom vra om hulle óók te leer om te bid. Jesus vertel hulle dat hulle wanneer hulle bid, nie ’n stortvloed woorde hoef te gebruik soos die heidene doen nie, omdat God reeds hul behoeftes ken. Dan leer Hy hulle die Ons Vader: ’n eenvoudige, kort gebed waarin al die elemente van ware gebed vasgelê word.

      Hemelse Vader, U weet reeds presies wat ek nodig het, daarom wil ek net weer vir U kom sê hoe lief ek U het. Amen.

Скачать книгу