Ryker as Dawid. Maretha Maartens

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ryker as Dawid - Maretha Maartens страница 12

Автор:
Серия:
Издательство:
Ryker as Dawid - Maretha Maartens

Скачать книгу

Bible

      Psalm 6

      Psalm 6 is die eerste van die sewe skuldbelydenispsalms in die boek Psalms. Die ander ses psalms van sondeberou waarin die psalmskrywer vergifnis van God vra, is Psalm 32, 38, 51, 102, 130 en 143. Vyf van dié sewe skuldbelydenispsalms is deur Dawid geskryf.

      Psalm 6: ’n Boetpsalm in groot benoudheid

      Met basstem (of: Een oktaaf laer, baie laag gesing)

      1. VIR die musiekleier; met snaarinstrumente; met basstem. ’n Psalm van Dawid.

      Hoe lank gaan U my bly straf, Here?

      2. o HERE, straf my nie in u toorn nie, en kasty my nie in u grimmigheid nie.

      3. Wees my genadig, HERE, want ek is verswak; maak my gesond, HERE, want my gebeente is verskrik.

      4. Ja, my siel is baie verskrik; en U, HERE, tot hoe lank?

      Verlos my uit hierdie geestelike ellende, Here

      5. Keer terug, HERE, red my siel; verlos my om u goedertierenheid ontwil.

      6. Want in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die doderyk?

      7. Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurweek my bed met my trane.

      8. My oog het dof geword van verdriet; dit het swak geword vanweë al my teëstanders.

      Die Here het Hom oor my ontferm

      9. Gaan weg van my, al julle werkers van ongeregtigheid, want die HERE het die stem van my geween gehoor.

      10. Die HERE het my smeking gehoor; die HERE neem my gebed aan.

      11. Al my vyande sal beskaamd staan en baie verskrik word; hulle sal in ’n oomblik beskaamd omdraai.

      Ryker as Dawid

      In die klaagpsalms van die Ou Testament vra die psalmskrywers gewoonlik dat God Hom as die Helper en Beskermer van die weerloses en onderdruktes oor die gelowige sal ontferm. Die psalmskrywers onthou die groot dade van God in Egipte en beroep hulle telkens in hul persoonlike nood op sy groot mag, soos wat hulle dit in Egipte gesien en beleef het.

      Psalm 6 is anders. Dawid se liggaam en gees is uitgeput; vyande bedreig sy lewe en koningskap. Hy pleit nie by God om as die magtige Verlosser van swakkes en bedreigdes op te tree nie. Hy smeek God om sy sonde te vergewe en weer na aan hom te wees. Sy uitputting en nood is die gevolg van die versteurde verhouding tussen hom en God. Sy worsteling duur voort totdat God die sekerheid in sy hart lê dat die HERE sy skuldbelydenis aanvaar en hom vergewe het.

      Dank- en aanbiddinglied, in groot verwondering

      1. Vir die koorleiers van die Kerk, met musiekinstrumente wat aan God gewy is, met die stemme van die verlostes in wie die krag van God woon. ’n Vreugdelied.

      My siel was verskrik en diep beangs

      2–4. HERE, vroeër was ek ook sonder Christus, ver van U,

      Sonder deel aan u beloftes en u verbond,

      Ja, my siel was ook verskrik en diep beangs voor U.

      Wat soek ek hier in die lewende dood?

      vir my het Hy die geskeurde voorhangsel,

      U, die Almagtige,

      het afgebuig na my in my geringheid

      en my in die Vaderhuis verwelkom.

      Ek, eens onverstandig en wys in my eie oë,

      afgedwaal en so ontaard

Скачать книгу