[vii]. Gilbert Gibson

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу [vii] - Gilbert Gibson страница 2

Автор:
Серия:
Издательство:
[vii] - Gilbert Gibson

Скачать книгу

haar

      en magda in die boekhouklas sien

      rook in dekadensie jaloers en

      tot opgewondenheid geril

      in hedendaagse terme is sy

      die kaal maag die sigbare

      belly button die tatoe laag

      op die rug

      en alle ander sonde

      wat die hart van hande vind

      iemand vertel my die ander dag

      klara is in johannesburg

      en sy het ’n gestremde kind

      [5]

      van my eerste musiekles net

      die tannie en haar middel c en hoe

      ek by die huis

      met sy groot grasperk af in

      die paadjie pa in die bakkie

      voor in die straat

      en ek voel die pedale onder

      my voete in die anatomiese roete

      van stap ek voel die toon-

      lere deur my roer as ek

      langs jou loop

      en ek voel hoe asemintrek weer

      duiselig word as jy liggies

      aan my raak

      die bakkie se venster is oop

      jis ou seun

      sê my pa

      [6]

      onderkant die huis is ’n prieel en

      daar sal niks jou kan ontbreek nie

      dit hou die turflande mildelik terug

      die grond leeg soos ’n lidwoord

      op ’n ysterpaal sit ’n kraai

      en wag vir opvlieg

      voordat jy jou oë kan knip

      voordat jy kan sluk

      daar is cochenille wat aanpak

      om jou keel daar

      is ’n grensdraad om jou vingers

      en al wat ek verwag is

      voorspelbare droogtes en swartryp

      die liefde word ’n leë plaashuis

      ’n taktiek om jou lyk langs

      my neer te lê

      daar sal niks jou ontbreek nie

      ek behou die teenwoordigheid van

      gees om ’n donkerbril

      op jou koue voorkop te sit die

      verenigde front van cool

      snags nog is ek verras

      as ’n tortelduif begin roep

      die wanhopige sooie is nou agter ooglede

      die opstanding is uit die dood

      vanaand slaap jou lyf teen my

      aan soos ’n outydse stoel

      ek word jou waghond jou

      plaasaanval jou psalmis

      onderkant die huis is ’n prieel

      daar sal niks jou

      [8]

      ek dra water hier

      waar geen fontein of gras

      newel voor duiselige kamele nie

      ek dra ou klere ek word

      sanderig en het nie meer

      nut vir multitools of iphones

      nie ou koeie word begrawe

      doelbewus teen droogte en wind

      staangemaak tot langs ons

      waar duine wag nie in

      gematigde oker nie maar grys

      nes ’n vloed skooltruiwol

      en die duine word my arms

      word die geweer in die hand

      word die vinger op die sneller

      ek dra water hier ek dra

      jou saam sout na die see

      [9]

      ’n uniform is jou skouers jou arms

      vou om my soos werksdrag

      jou lippe veiligheidstewels oor ’n onbeskutte

      my vinger oor jou wang

      soos bloed teen ’n deurpos

      jou tong in my mond

      onwaar soos koue fusie

      asem uit jou keel betoog

      oor my nes die oortuiging van

      jehovasgetuies jou hande neem my in

      haweloses om ’n vierenveertiggellingdrom

      jou nek is ’n beloofde wond

      jou ore die eindige roete

      van ’n labirint

      jou lyf die soeke

      in die klere van vind

      [10]

      na die droogte kom die toegif en rus

      in die oorweldigende kalmte

      van

Скачать книгу