Wanneer God jou vashou. Johan Smit

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Wanneer God jou vashou - Johan Smit страница

Автор:
Серия:
Издательство:
Wanneer God jou vashou - Johan Smit

Скачать книгу

ction>

      

      Wanneer

      God

      jou vashou

      366 Dagstukkies

      Johan Smit

      Lux Verbi

      Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. – Jesaja 41:10

      Januarie

      Uitdagings, oorwinnings … en teleurstellings

      Ek wil graag hierdie maand met jou ’n aantal teksverse deel wat handel oor uitdagings wat aan die mens gestel is en die wyse waarop hy of sy daarop gereageer het. Elkeen van ons kom die een of ander tyd voor uitdagings te staan wat noemenswaardige gevolge vir onsself en vir ander mense kan hê. Baie van ons kan getuig van verkeerde opsies wat ons geneem het met bittere gevolge. Maar dan was daar tog ook die regte be­sluite wat vir ons vreugde en vervulling ingehou het. Toets gerus jou eie ervarings aan die aantal voorbeelde wat ek met jou gaan deel.

      1 Januarie

      Wees vrugbaar, woon, werk en heers

      God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip.” Genesis 1:27–28

      ~

      God het die mens as sy verteenwoordiger geskep, na sy beeld geskep. Sommer met die intrapslag word die mens voor ’n uitdaging gestel, naamlik om aan God se bedoeling te beantwoord. Want ja, dit wat God se bedoeling met sy skepsel was (en nog steeds is) is ongelukkig nie altyd presies hoe dit in ons elkedagse lewe uitwerk nie.

      Die rede waarom God se bedoeling en die mens se lewe so dikwels in konflik is, is gewoon omdat die mens oor die vermoë beskik om te kies. Hy kan self besluit in watter mate hy aan God se bedoeling gaan beantwoord al dan nie. En juis daarom noem ek dit ’n uitdaging. Jy staan voor ’n keuse. Jy kan besluit of jy die mens gaan wees wat God jou bedoel het om te wees.

      God het die mens toegerus met die middele en die vermoëns om sy doel te bereik. Eerstens moes hulle vermeerder om die aarde te vul met mense wat tot eer van God sou lewe. Tweedens moes hulle van die aarde ’n tuiste maak en dit bewerk sodat dit vrug kan oplewer. En derdens word hulle in beheer van God se skepping geplaas, hulle word as’t ware God se onderkonings op aarde. Hoe beantwoord ek en jy vandag aan hierdie opdrag?

      Jy staan voor ’n keuse. Jy kan besluit of jy die mens gaan wees wat God jou bedoel het om te wees.

      2 Januarie

      Moenie eet nie!

      Die Here God het die mens beveel: “Van al die bome in die tuin mag jy eet soos jy wil, maar van die boom van alle kennis mag jy nie eet nie. Die dag as jy daarvan eet, sterf jy.” Genesis 2:16–17

      ~

      Die uitdaging is om te gehoorsaam wanneer God nee sê. Al verstaan jy nie waarom God nee gesê het nie. Al wil die slimste mense vir jou verduidelik dat dit ’n vergissing is, dat God dit dalk nie heeltemal net so bedoel het nie. Of selfs dat God ’n verskuilde agenda het.

      Kom laat ons eerlik wees: ons verstaan nie altyd waarom God nee sê nie. Dit klink net nie altyd logies nie. Ons kan dalk meen om vir God met alle res­pek te vertel dat dit beter sou wees as Hy liewer vir ons ’n ja-antwoord gegee het. Hoe nou gemaak? Ek dink dit word uit talle Bybelverhale duidelik dat God weet wat Hy doen. God se “nee” en God se “ja” is een honderd persent in die kol. En sodra ’n mens so dom is om sy eie kop te volg, is hy onderweg na die dood.

      Hierdie eerste keer wat God vir die mens voor die uitdaging stel om te gehoorsaam, verstaan ons nie so goed nie. Al wat ons weet, is dat dit gaan oor óf gehoorsaamheid óf ongehoorsaamheid. Dit gaan nie oor verstaan nie. Dit gaan oor instemming met God se plan vir jou lewe. Ja of nee.

      Dink gerus aan dié kere toe jy vir God se plan nee gesê het. Was dit toe uiteindelik tot jou voordeel? Dink in die vervolg elke keer voordat jy ’n besluit neem of dit ’n “ja” vir God is, of dalk ’n halsstarrige “nee”.

      Dit gaan nie oor verstaan nie. Dit gaan oor instemming met God se plan vir jou lewe. Ja of nee.

      3 Januarie

      Het God ’n agenda?

      Toe sê die slang vir die vrou: “Julle sal beslis nie sterf nie, maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.” Genesis 3:4–6

      ~

      Hoe langer ek oor dié teks nadink hoe duideliker raak dit vir my dat ons hier met ’n eietydse probleem worstel. Die slang verteenwoordig in hierdie verhaal die hedendaagse intelligentsia wat meen om met die God van die Bybel te kan swaarde kruis. Is God regtig? vra hulle. En as Hy regtig is, wat is sy agenda? Wil Hy maar net die mens as ’n willose slaaf in ge­vangenskap hou?

      Ek hoor die slang in die gesprekke van mense wat met groot bravade die gesag van die Bybel as woord van God bevraagteken. En ek hoor die bravade, die onbetwisbare sekerheid, die beslistheid wat reeds deur die slang uitgespreek is. God hét ’n agenda! God wil julle kortwiek.

      Die slang daag die mens uit om net so effe van God se plan af te wyk. Om mens in eie reg te wees. Toets vir God. Dalk is sy bedoelings met jou tog nie so suiwer nie. Of dit ’n pratende slang is of ’n welsprekende teoloog of ’n vernuftige koerantartikel – die uitdagings kom op ons afgestorm. Wees tog net intelligent genoeg om ’n slag krities oor God te dink …

      Geloof beteken om vir God op sy woord te neem. Punt. Twyfel beteken om God se woord in twyfel te trek, om die opsies oop te hou. Iemand het gesê: “Voed jou geloof en jou twyfel sal van honger sterf.”

      Die uitdaging? Om vir die slang en al sy spitsvondige metgeselle nee te sê en vir God onvoorwaardelik op sy woord te neem.

      Voed jou geloof en jou twyfel sal van honger sterf.

      4 Januarie

      Kom ons bou ’n toring …

      Toe sê hulle: “Kom ons bou vir ons ’n stad met ’n toring waarvan die punt tot in die hemel reik en ons maak so vir ons ’n naam. Dan sal ons nie oor die hele aarde versprei nie.” Genesis 11:4

      ~

      Die slang het daarmee begin: om soos God te probeer wees. En deur al die eeue heen het dit vir die mens wat na God se beeld geskape is ’n geweldige versoeking gebly. Soos dit lank gelede by die toring van Babel aan die lig gekom het.

      Op die oog af was dit ’n prysenswaardige projek. Ek meen dat dit vandag die volle steun en seën van die Verenigde Nasies sou ontvang. Samewerking. Ondersteuning. Globalisering. Ons staan saam om iets tot stand te bring wat

Скачать книгу