Tot siens, koning Arthur. Annelie Ferreira

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Tot siens, koning Arthur - Annelie Ferreira страница

Tot siens, koning Arthur - Annelie Ferreira

Скачать книгу

n>

      

      Tot siens,

      koning Arthur

      Annelie Ferreira

      Tafelberg

      Hierdie boek is bekroon met die Goue Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2011

      Wat min mense van my weet, is dat …

      … ek ’n seun se voortande uitgeslaan het in Graad Een. Dis nie heeltemal so ’n prestasie as wat dit klink nie – hy was in elk geval besig om te wissel.

      Om eerlik te wees, was ek nie jammer daaroor nie. Eintlik dink ek nie een van die meisies in die klas was jammer daaroor nie, en die meeste seuns ook nie. Hy het met almal gesukkel, hulle rondgestamp of hulle goed afgevat of gebreek.

      Maar daardie dag het hy die verkeerde girl se potloodblikkie op die vloer uitgegooi. My hou was vol op sy mond. Hy het soos ’n muis gepiep, toe rek sy oë – en toe spoeg hy twee bloederige tande uit. Toe moes jy hom hoor skree.

      Die juffrou het ’n briefie vir my ma gestuur. Ek het vir my ma verduidelik wat gebeur het en sy het gesê wel, as die onderwysers te useless is om te help … Maar ek moes probeer om dit nie weer te doen nie.

      Die ander ding wat min mense van my weet, is dat dit my droom is om ’n dokter te word. Dis hoekom ek my in ’n koma in werk vir wiskunde, skeinat en biologie. Ek is nie die slimste student nie, maar ek wil probeer om ’n beurs te kry.

      Dis ’n droom wat begin het min of meer dieselfde tyd as wat die ou se tande gewaai het.

      Ek was by ’n verjaardagpartytjie. Ek onthou nie veel van hoe die plek gelyk het nie, behalwe dat die mense ’n moewiese tuin gehad het. Vir my was dit omtrent soos ’n park, ’n miljoen keer groter as Ma se pot met die lelie in ons woonstel.

      En verder onthou ek die harde slag waarmee die voël teen die glasdeur agter my op die stoep vasgevlieg het. Ek het my amper nat geskrik, maar toe ek die klein groen voëltjie op die klipteëls sien lê, het ek dadelik gehardloop en hom opgetel. Hy het perfek in my hande gepas, sag en warm. Sy ogies was oop.

      Die tannie het oor my gebuk. “Ag nee,” het sy gesê, “hy’s dood, kyk hoe slap is sy nekkie. En ’n ou glasogie nogal. Hy sal nie weer vlieg nie.”

      Toe ek eindelik ophou huil het, was dit nie oor die yslike stuk verjaardagkoek wat die tannie in my hand gedruk het, of die simpel hanswors se grappies, of my ma wat gedreig het om my ’n helse pak slae te gee as ek nie nou stilbly nie.

      Dit was omdat ek besluit het ek sal eendag ’n dokter word. Sodat ek nooit weer iets so pragtig soos die gebreekte glasogie sal hoef te sien en te weet ek kan niks daaraan doen nie.

      (468 woorde)

      Sylvia van der Merwe

      Graad 11A

bird.jpg

      Guinevere

      Ek begin sweet nog voor ek naby suster Pretorius se kantoor is, en nie net van die Kaap se Desemberhitte nie.

      “Guine …” Sy kyk weer na die vorm in haar hand en ’n fronsie keep tussen haar oë. “Guinevere van der Merwe?”

      Obviously maak die naam niks beter nie.

      “Sylvia,” sê ek vinnig. “Dis my tweede naam. Niemand noem my Guinevere nie.”

      Suster Pretorius haak haar leesbril met sy goue kettinkie af van haar neus en sit dit op haar bors neer.

      Daar is ’n vreemde reuk in Huis Andante.

      “Nou ja.” Haar oë is onverwags diepblou. Hulle flits X-strale deur my, asof hulle onmiddellik sal sien as my pankreas tatty is, of my blindederm of byniere of so. “Ons vat nie gewoonlik mense in jou posisie nie, maar die maatskaplike werker het gereken daar behoort nie probleme te wees nie. Oumense is maar weerloos, jy weet. Ons laat in elk geval nie toe dat hulle waardevolle goed in hulle kamers hou nie.”

      Hitte kruip op teen my nek. Dis nie vir diefstal wat ek in die moeilikheid is nie, oukei!

      “U hoef nie bekommerd te wees nie,” sê ek styf en kyk weg, na die portrette teen die muur. Dr. A.J. Benadé, 2 Mei 1933 – 26 Februarie 2010. Mev. G.C. Pieterse, 15 Junie 1938 – 3 Januarie 2011. Mev. H.G.I. Leonard …

      “Ons het maar altyd hande nodig. Behoorlike versorging kos geld, en die meeste inwoners hier het dit nie breed nie.” Die stoel skwiek toe suster Pretorius opstaan. Haar navy baadjiepak span om haar heupe. “Kom saam.”

      Ek volg haar af in die skemer gang. Aan die linkerkant is ’n rits liggroen deure met name in swart letters, tussenin smal vensters van ondeursigtige glas. Dis stil. Al wat mens kan hoor, is die veraf gesanik van ’n weedeater buite.

      Die reuk dryf saam, soos slegte asem.

      “Hier aan die linkerkant is enkelwoonstelletjies waar die mense bly wat nog redelik selfversorgend is,” wys suster Pretorius op ’n drafstap. “Buite is die groter eenhede van die aftreeoord.”

      Die volgende oomblik sluk ek omtrent my mangels in. ’n Gebulk ruk van iewers agter ons deur die gang. Ek swaai om, maar suster Pretorius verminder nie spoed nie.

      “Dis oom Naudé,” sê sy toe ek haar uitasem inhaal. “Hy skree af en toe so, maar andersins is hy redelik by. Ons het nou maar twee dowe mense weerskante van hom gesit.”

      Ons swenk om ’n hoek. ’n Krom omie met ’n loopraam kom verstommend vinnig van voor aangeskuifel.

      “’n Plek soos hierdie verg baie werk, dit kan ek jou sê, mense het nie ’n idee nie. Hier is verswakte bejaardes vir wie mens letterlik alles moet doen. Voer, was, bedpanne …”

      Bedpanne?

      Suster Pretorius steek ’n arm uit om ons jaagduiwel te keer.

      “Môre, oom! Die eetkamer is anderkant toe, nè?” Sy draai hom behendig om, nes ’n Duplo-mannetjie.

      “Môre, suster!” groet die omie vriendelik. Ek’s nou nie ’n ortodontis nie, maar ek dink hy kort ’n tand of twee. Of twintig.

      Terwyl ons verder stap, praat suster Pretorius saggies na my kant toe. “Party dwaal. Jy moet maar altyd dophou. Hulle sal darem nie by die gronde kan uitgaan nie, daar’s sekuriteit by die uitgang, maar eenkeer is ’n tannie per ongeluk in die laundry toegesluit. Hulle het dit eers agtergekom toe sy die aand nie by haar buurvrou opgedaag het om Sewende Laan te kyk nie.”

      Dit moet die eetkamer wees, ’n groot vertrek vol vierkantige tafels, vier stoele by elk. ’n Handvol wit- en gryskoppe sit klaar daar. Die gordyne voor die groot vensters is beige met blou blommetjies. Dis net halfpad oopgetrek, asof iemand bang is die oumense sal begin verkrummel van te veel lig, soos mummies.

      “Verder aan is frail care,” wys suster Pretorius af in die gang. “Daar bly die verswakte bejaardes, en die mense met erge Alzheimers.”

      Die oom met die loopraam charge verby ons na ’n tafel waar drie vrouens soos grys hasies sit.

      Aan

Скачать книгу