Tot siens, koning Arthur. Annelie Ferreira

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Tot siens, koning Arthur - Annelie Ferreira страница 3

Tot siens, koning Arthur - Annelie Ferreira

Скачать книгу

een kind was van wie mens high hopes kon hê, was dit jy. En nou’t jy alles opgemors.”

      “Sorry.” Met meer gevoel hierdie keer. Dis waar. Wat kan ek sê?

      Ma maak die oonddeur oop. “Een fout en als is opgemors. Jy’s minstens nie pregnant nie. Of is jy?”

      “Ma! Nee!”

      Fransie sit weer in.

      “Ek weet van goed, oukei?” sê ek.

      “Weet help swiet blou dinges.” Ma druk die oonddeur toe. “Jy verloor net vir ’n oomblik kop en dan …”

      “Kyk wie praat!” kap ek terug.

      “Presies! Dis omdat ek weet wat kan gebeur …”

      Ek strip my.

      “So cut me some slack, oukei! Dis nie asof … Die suster het my vandag ‘Guinevere’ genoem. Ek meen, Guinevere! Watter soort ma gee vir haar kind so ’n belaglike naam?”

      Ma bly botstil staan. Dan begin sy stadig krummels van die werkblad in die stukkende visvingerboks vee.

      “Dit was vir mý ’n mooi naam,” sê sy styf.

      Ag hemel, ek het ook nie bedoel …

      As Fransie enigsins harder huil, gaan die bure nou-nou hier instorm.

      “Fransie, kom ons gaan bad,” sê ek kortaf vir hom.

      Hy staan en skree of hy vasgesweis is op die wit vloerteëls.

      Oukei, dan probeer ons chirpy. Ek lig een punt van sy mantel.

      “Is dit ’n voël?” vra ek. “Is dit ’n vliegtuig? Nee, dit is …”

      Ma begin goed in die yskas inboender, die yskasdeur rittel senuweeagtig. Sy’s ten minste weer normaal.

      Ek vat Fransie aan die hand en dink teen ’n stink spoed.

      “Jy weet, toe Superman ’n klein seuntjie was, was hy partykeer in die aande baie moeg,” gryp ek ’n idee uit die lug.

      Beweging. Die halfmas mantel begin badkamer toe sleep. Ek gaan sit op die bad se rand en draai die krane oop.

      Hy snik nog, maar sagter. Arme ding. Hy’s maar net vier, for goodness’ sake, dis kléin.

      “Toe Superman ’n klein seuntjie was,” praat ek met die krane, “was hy veral moeg as hy by ’n nuwe dagmoeder was. Want alles was vreemd daar, die huis én die ander kindertjies.”

      “En die hond,” sidder Fransie.

      “Ja, die hond!” Ek toets die water, verbrand ’n vinger. “Ek vergeet nou net of dit ’n groot of ’n klein hond was.”

      “’n Groot klein hond.”

      “Dis reg, ja. Superman was so bietjie bang vir die groot klein hond …”

      Ek hou aan gesels tot Fransie heeltemal opgehou huil het en in die bad sit met sy bootjies. Die Superman-pakkie druk ek in die wasbak in seepwater om solank te week.

      “Ek gaan trek net gou my waitress-klere aan, hoor,” sê ek.

      Ek hoor Ma praat op die huisfoon in haar kamer.

      “Goeiemiddag, mevrou Pieterse! Ek het fantastiese nuus, u het ’n gratis naweek by die vyfster Mermaid Lodge in Umhlanga Rocks gewen. Al wat u moet doen om die prys op te eis, is om na ’n byeenkoms te kom by … Hallo? Mevrou Pieterse?”

      Dis tyddeel wat Ma on the side probeer verkoop, vir ’n ekstra inkomste. Haar dagwerk is tweedehandse motors (uhm, pre-owned cars).

      Die gehoorbuis klik neer. “Jou gat, man,” brom Ma.

      Ek trek die deur van my en Fransie se kamer toe agter my. Nog meer as ’n week voor Hein terug is, ek is al óp verlang. En daar’s iets verkeerd met my simpel foon – ek sukkel nou al twee dae om by hom uit te kom. Ek kan nie eens op Facebook kom nie. Ek gaan sit op my bed en probeer weer, klik my selfoon oop. Sy oë glimlag vir my, sy Bacardi-pet skeef op sy donker hare. Ek het die foto geneem net voor hy weg is, toe ons die laaste keer gaan ry het. Ek het ’n afspraak vir my bestuurstoets, oor drie weke – dis die eerste wat ek kon kry ná my verjaardag.

      As Ma my op Facebook sien op ons rekenaar, is sy weer suur. Hoekom weet net sy alleen. Hein is ’n super nice ou, almal dink so. Oukei, so hy’s sexy ook – hoekom kan mens nie gaan vir ’n combo nie? Maar nee, volgens Ma sal die perfekte man vir my seker in Huis Andante agter ’n loopraam te vinde wees.

      En sy is oor nog iets verkeerd: Ek het nié my lewe opgemors nie. Goed, so van medies kan ek nou maar vergeet (en dit was in elk geval my geheim, sy’t niks geweet van my planne nie), maar dis nie al beroep wat daar is nie. En dis eintlik maar goed so, medies sou vrek baie geld gekos het, en dan moet mens jou watsenaam af werk vir hoeveel jaar.

      So, dis nie ’n issue nie.

      Regtig nie.

      Ek klap my selfoon toe en staan op om te gaan werk.

bird.jpg

      Mens leer vinnig

      Genade, dis warm in die Plaaskombuis. Ek sit dadelik die dakwaaiers aan, sal netnou vensters oopmaak. “Liewe Lulu” weergalm deur die plek, ek sal dit ook netnou binne wettige perke stel. Matthew is doof, hy het gehoorapparate in albei ore. Ek sou dit nie geweet het as Hein nie vir my gesê het nie, sy hare krul bo-oor. Hy praat wel ’n bietjie stadiger as ander mense, so asof hy sy woorde moet beplan (en elke liewe een suiwer Afrikaans, flippit!). En hy loop ook met ’n snaakse stappie, asof hy mank is of iets. Na my beskeie mening nie heeltemal jou eerste keuse vir restaurantbestuurder nie, maar blykbaar besit sy neef die plek.

      Die tafellampe is nog nie aangesteek nie, maar dis darem nog lig. In die somer word dit later eers donker.

      Partykeer irriteer Matthew my. Dit laat my skuldig voel, want eintlik behoort mens spesiaal nice te wees met iemand wat ’n gestremdheid het, dan nie? Dis net dat hy in ander opsigte ook … wel, gestremd is. Soos styl. Hy dra elke aand ’n das (uhm, dit is die Plaaskombuis, maar goed, as dit hom gelukkig maak …) saam met die soort strepieshemp wat mens by ’n pak dra, saam met ’n jean.

      Ons almal is seker weird op ons eie manier, dalk gel sy soort weird maar net nie met my soort nie.

      En op sy af aande speel hy brug saam met sy oupa. I rest my case.

      Daar’s ’n gewerskaf in die kombuis. Iets ruik lekker, soos … gebraaide skaapboud? Met ’n geurtjie van patats? Maandagaande is dit altyd stil, dan is ek gewoonlik alleen. As dit nodig is, spring Matthew sommer in en help bedien. Sondagaande is ons toe en Donderdagaande is ek af. Die res van die week is ons drie kelners – ek en Hein en Pieter. Pieter het gedurig boyfriend-probleme en probeer permanent gewig verloor. Hy’s baie entertaining. Die laaste twee weke het ’n meisie tydelik in Hein se plek uitgehelp, Matthew sou hierdie

Скачать книгу