Nina en die wacky hare. Elizbè van der Colff

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Nina en die wacky hare - Elizbè van der Colff страница 3

Nina en die wacky hare - Elizbè van der Colff

Скачать книгу

juffrou Morkel

      Juffrou het luise. Aaklige, grillerige goggas op Juffrou se kop. Dit is hoekom dit so jeuk.

      Moenie wonder hoe ons weet nie. Raak net ontslae daarvan, asseblief.

      Voor die skoolvakansie sal ons in die geheim kom inspeksie hou. Enigeen wat dan steeds luise het, SAL ONTMASKER WORD!

      Tot weersiens

      Operasie L-Ui-S (die Luis-Uitroei-Span)

      Sonder om af te kyk en die brief op die tafel te sien, het Morpot egter ’n stapel boeke bo-op die brief gaan neersit. Die hele dag al loer Nina kort-kort na die stapel boeke, maar dit het nie gelyk asof Morpot dit ooit gaan skuif nie. Dit is die stapel boeke wat sy nou besig is om te merk. Nina tel vinnig: Nog tien boeke, dan is die stapel weg en sal Morpot hopelik die briefie sien.

      Nina voel iets sags teen haar rug hop. ’n Opgefrommelde papiertjie land op die vloer langs haar stoel. Sy loer na juffrou Morkel en tel die papiertjie dan vinnig op toe sy sien dis veilig. Stadig vou sy dit oop, versigtig om nie ’n kraakgeluid te maak nie.

      Ryki ouje ousepy uiteba yby iede laskr esy enstervi!

      Eeswo ersigtigve, iemandni oetmo oujy iensa ieny!

      Nina herken Jessie se handskrif. Sy vertaal vinnig hul geheime kodeskrif: Kry jou pouse buite by die klas se venster! Wees versigtig, niemand moet jou sien nie!

      Sonder om om te kyk, wys sy reg met haar duim na bo. Morpot kyk skielik op en kyk vir die leerders bo-oor haar bril. Nina kyk vinnig af. Sy konsentreer nou kastig vreeslik hard op haar toets.

      Trrrrrr! Die skoolsirene lui om eerste pouse aan te kondig. Die leerders handig hul toetse in en bondel na die klasdeur.

      Vinnig loop Nina om die gebou na die oop vierkant reg langs hul klas. Hierdie vierkant is gewoonlik verlate tydens pouse. Dit is die graad R’s se speelterrein, maar hul speeltyd is voor pouse. Sy gaan wag langs die venster van hul klas. Jessie kom versigtig aangesluip en sluit by Nina aan.

      “Sjuut,” fluister Jessie. “Ek het gesien juffrou Morkel bly in die klas agter … kom ons loer bietjie wat sy maak. Ek wag al die hele oggend in spanning dat sy die briefie moet sien.”

      Versigtig loer hulle deur die venster – Nina aan die linkerkant en Jessie aan die regterkant van die vensterraam. Juffrou Morkel sit by haar lessenaar. Die hopie ongemerkte boeke is nog steeds op dieselfde plek. Sy bekyk haarself in ’n klein handspieëltjie. Sy bring die spieëltjie nader aan haar hare en krap in haar kuif. Sy haal ’n paar haarnaalde uit haar bolla sodat haar vaalbruin hare nou los oor haar skouers hang.

      Nina en Jessie giggel saggies. Hulle moet hul hande voor hul monde hou om te keer dat hulle ’n geluid maak. Jessie druk weer ‘n paar knoppies op haar selfoon. Sy grinnik saggies en hou dan die selfoon by die venster.

      Dan haal Morpot ’n vuurhoutjiedosie uit haar laai, grawe weer tussen haar hare en knyp dan iets tussen haar duim en voorvinger vas. Dit wat tussen haar vingers was, word sorgvuldig in die vuurhoutjiedosie geplaas en toegemaak. Die vuurhoutjiedosie sit sy in ’n oop potloodblikkie wat bo-op die lessenaar staan. Dan draai sy haar hare weer vinnig in ’n bolla agter haar kop en steek dit vas.

      Skielik staan sy op. Sy loop na die klasdeur en roep met ’n skril stem in die gang af: “Toe, julle twee skarminkels, kom gou bietjie hier! Ja, julle twee …” Twee seuns kom versigtig by die klas ingestap. Nina herken hulle as klasmaats van Tiaan, haar jonger broer in graad 3.

      “Julle weet mos julle is nie veronderstel om in die gange rond te dwaal tydens pouse nie. Julle is ’n klomp onopgevoede bobbejane in hierdie skool!”

      “Uhm, Juffrou, ons wou net gaan water drink, d-d-dit is die enigste manier om by die kleedkamers …” begin die blondekop-seun verskrik verduidelik.

      “Stil! Ek het nie jou opinie gevra nie!” sê sy en kap haar skoenhak hard op die grond. Die twee seuns wip van die skrik.

      “Maar Juf- …” probeer die donkerkop seun nou verduidelik.

      “Vir julle straf gaan julle gou hierdie rakkie vir my help skuif. Daar na die oorkantste muur toe. Toe, toe, toe, ek het nie heeldag tyd nie!” Sy beduie met ’n krom vinger ongeduldig na ’n boekrak propvol dik, swaar boeke.

      Die twee seuns kyk mismoedig na mekaar en stap na die rakkie waarna Morpot beduie. Hulle begin traag die boeke afpak. Nina kry die twee seuns baie jammer. Hulle lyk so verslae. Sies, sy is darem werklik nou onregverdig. Hulle het niks verkeerds gedoen nie. Nou moet hulle hul kosbare pousetyd opoffer om strafwerk te doen. Terwyl die seuns besig is, sien sy hoe Morpot weer na haar lessenaar beweeg. Die manier hoe sy beweeg laat Nina onraad vermoed. Met haar twee kraaloë stip op die twee seuns se rûe, beweeg sy stadig op haar tone na die lessenaar. Daar is ’n grynslag op haar gesig. Nina ril. Iets baie vreemds is hier aan die gang.

      Nina loer vir Jessie, wat nou weer besig is om knoppies op haar selfoon te druk. Nina stamp aan haar en wys met groot oë na Morpot. Morpot het die vuurhoutjiedosie, wat sy oomblikke gelede in die potloodblikkie gesit het, in haar hand. Sy beweeg na die twee seuns toe. Geskok en verbaas kyk Nina en Jessie hoe sy die inhoud van die vuurhoutjiedosie oor die seuns se koppe uitskud. Die twee niksvermoedende seuns is nou besig om die boeke sorgvuldig terug te pak op die geskuifde boekrak.

hoofstuk%203.TIF

      “So, ja,” sê sy en druk ongemerk die dosie in haar langbroek se sak. “Julle kan maar gaan … toe, toe, en moet my nou nie weer kom pla nie, hoor!”

      Die seuns kyk haar eers stom aan. Dan laat spaander hulle by die deur uit voor Morpot dalk van plan verander.

      Skielik draai Morpot na die venster.

      Vinnig laat sak Nina en Jessie hul koppe.

      Klik-klak, klik-klak, klik-klak hoor hulle haar voetstappe nader aan die venster kom aan die ander kant van die muur. Nina knyp haar oë toe … Sy is seker Morpot moet haar hartklop en asemhaling kan hoor.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4AAQSkZJRgABAQEBLAEsAAD/4RZARXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUA AAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAAagEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkIdp AAQAAAABAAAApAAAANAALcbAAAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNpbnRv c2gAMjAxMzowNzoyNSAxMjow

Скачать книгу