Die oorlog kom huis toe. Helen Bradford

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die oorlog kom huis toe - Helen Bradford страница

Die oorlog kom huis toe - Helen Bradford

Скачать книгу

section>

      

      DIE

      OORLOG

      KOM HUIS TOE

      VROUE EN GESINNE IN

       DIE ANGLO-BOEREOORLOG

      Redakteurs:

       ALBERT GRUNDLINGH EN BILL NASSON

      TAFELBERG

      “At school every year, there was ‘Empire Day’. Empire? What was that all about? I’ve heard of it, of course. Oh yes, wasn’t it Africa, where we Brits invented the concentration camp.”

      - Raymond Briggs, “Empire Day and all that” in The Oldie-tydskrif, 297, Julie 2013.

      In hierdie aanhaling onthou Raymond Briggs, ’n vooraanstaande Britse spotprenttekenaar, illustreerder en skrywer, sy skooldae in “a remote historical time”, soos hy dit noem. Empire Day is vanaf 1902 vir langer as 50 jaar jaarliks op 24 Mei in Britse skole en in talle dele van die Britse Ryk gevier. In 1958 is dié viering, wat veronderstel was om patriotiese trots in die prestasies van die Ryk aan te wakker, gestaak namate Britse imperiale mag afgeneem het. Vir Briggs, wat in 1934 gebore is en anti-oorlog was, het die herinnering aan Empire Day in 2013 ’n geleentheid gebied om die spot te dryf met die aansprake van Britse imperialisme.

In die laaste fase van die Anglo-Boereoorlog is kampe in die warmer, subtropiese klimaat van Natal opgerig, soos dié een by Merebank in Durban.

      Voorwoord

      HIERDIE VERSAMELING BYDRAES IS ’n betekenisvolle herwaardering van die Anglo-Boereoorlog wat die burgerlike ervaring daarvan as troosteloos, maar ook draaglik, uitbeeld. Met ’n fokus op die lot van vroue en hul gesinne belig die skrywers nie slegs hul slagofferskap nie, maar – selfs belangriker – ook hul vermoëns om in eie reg op te tree. Deur ’n intensiewe studie van geskrewe en fotografiese argiefmateriaal bied die skrywers ’n onbevange beskrywing wat lesers in staat stel om die subtiliteite in die verhouding tussen geslag, ras en klas binne die konteks van ’n koloniale oorlog te kan verstaan.

      Die gehalte van die foto’s en die detail wat aan die lig kom, is verstommend. ’n Mens sien vroue en jong dogters met huishoudelike artikels soos ’n besem, emmer, stoel, kom-bers en ’n pot. Hulle lyk asof hulle by die huis is. Maar hul huise bestaan nie meer nie – dit is as deel van die verskroeide aarde-beleid vernietig of onder protes agtergelaat. Hul tuiste is nou tente, tydelike skuilings vir vlugtelinge wat in konsentrasiekampe beland het. Op die foto’s verraai die blik van hierdie mense sowel vrees as vasberadenheid – die feilbaarheid én die krag van diegene wat deur hul omstandighede ’n verandering ondergaan het.

      Soos met ’n terugflits in ’n rolprent, gebruik die boek die inwyding van die Vroue-monument in 1913 as ’n simboliese vertrekpunt. Die eeufeesviering word subtiel in verband gebring met ’n komplekse en ysingwekkende koloniale oorlog en die daaropvolgende opkoms van segregasionistiese nasionalisme. Die gebruik van konsentrasiekampe was een metode van imperiale oorlogvoering, wat hoofsaaklik (hoewel volgens een bydraer nie uitsluitlik nie) bedoel was vir burgerlikes, veral vroue en kinders, ongeag of hulle swart of wit was. Die gevolge van die verskroeide aarde-beleid, wat deur die Britse leër op ’n toenemend professionele wyse toegepas is, het veel wyer gestrek as die onmenslike lyding van die vroue en kinders. Hul aanhouding het ook ’n blywende letsel op die land se geskiedenis gelaat.

      Nog ’n opvallende terugflits in dié verband fokus op die oorsprong van die kampe. Volgens die politieke filosoof Hannah Arendt het konsentrasiekampe ontstaan lank voordat die totalitêre regerings van die twintigste eeu dit in ’n belangrike staatsinstelling omskep het. Dit was nie gevangenisse nie en was eerder daarop gerig om “ongewenste persone” te hanteer – individue wat in hul eie land alle wetlike regte en identiteit verloor het.[1] Arendt was een van die geleerdes wat die opkoms van konsentrasiekampe foutiewelik aan die Anglo-Boereoorlog toegeskryf het. Die kampe het in werklikheid elders ontstaan – in 1896 in Kuba onder die Spaanse generaal Valeriano Weyler y Nicolau. Dié stelsel is in Suid-Afrika aangepas en oor die daaropvolgende twee dekades wêreldwyd geïmplementeer. Trouens, hulle bestaan vandag nog.

      Wat presies het gebeur? Burgerlikes – veral vroue, kinders en bejaardes – is geïnterneer en as die vyand behandel aangesien hulle hulle in ’n oorlogsituasie bevind het. Die nie-strydendes het begin gewoond raak aan wat as ’t ware ’n noodtoestand of krygswet was, omdat dit deel van die koloniale opset en die aanloop tot ’n volskaalse oorlog was. Hulle is onderwerp aan onmenslike ontberings, waaronder die verlies aan vryheid, skeiding van hul geliefdes, ellendige en onhigiëniese lewensomstandighede, voedseltekorte, oorbewoning en siektes. Hulle moes oorleef onder ’n beleid wat nie oorspronklik bedoel was om hulle te laat ly of sterf nie. Hul aanhouding het om administratiewe of militêre redes plaasgevind, maar was nie wettig nie omdat hulle nooit verhoor of veroordeel is nie.

      Dit is belangrik om kortliks stil te staan by wat in Kuba gebeur het. In die middel van die 1890’s het die Spaanse leër se konsep van ’n “konsentrasie van burgerlikes” tot die instelling van kampe, wat reconcentrados genoem is, gelei. Generaal Weyler se idee was om burgerlikes te skei van die rebelle wat die Spaanse koloniale bewind teëgestaan het. Hy het dit gedoen onder die voorwendsel dat hulle sodoende beskerm sou word teen die verskroeide aarde-beleid wat die Kubaanse opstand sou beëindig. Hulle sou in ’n soort ballingskap geïsoleer word. Individue moes dus uit hul huise verwyder en elders heen weggevoer word. Weyler het besef dat die Kubaanse rebelle teruggeval het op guerrillataktiek en vrywillig of andersins deur burgerlikes gevoed is. Om die oorlog te kon wen, het Weyler besluit om daardie bronne af te sny deur die burgerlike bevolking te hervestig en die eiland in sones te verdeel. In Maart 1898 het ’n ooggetuie, die Amerikaanse senator Redfield Proctor, gesê dit is “not peace, nor is it war. It is desolation and distress, misery and starvation” met elke “woman and child and every domestic animal under guard…It is concentration and desolation”.[2]

      Die massamedia het in hierdie tyd sy beslag gekry en joernaliste kon aan ’n wêreldwye gehoor verslag doen oor die Kubane se lyding. Politieke uitwissing is voorts deur die toenemend professionele oorlogsfotografie gedek.

      Die Spaanse imperiale mag se verweer was dat sy Kubaanse vyande barbare was. Nietemin is van “beskaafde” lande verwag om daarteen beswaar te maak en tussenbeide te tree. Die Kubane het gehoop dat Amerika hul onafhanklikheid sou erken, maar in plaas daarvan het die Amerikaners die eiland teen die wil van sy inwoners ingeneem en ’n de facto Amerikaanse protektoraat afgedwing. Dit het teen 1898 ten minste ’n einde aan die gedwonge verskuiwings gebring.

      Weyler het ’n taktiek geïmplementeer wat hy op ’n kleiner skaal in die Verenigde State toegepas gesien het. Tydens die Amerikaanse Burgeroorlog van 1861 tot 1865 was hy Spanje se militêre attaché in Washington en ’n vurige bewonderaar van generaal William Sherman, wat dié taktiek gebruik het teen burgerlikes wat die Uniemagte vyandig-gesind was. In spesifiek Missouri is burgerlikes verskuif en in sogenaamde “poste” geplaas. Owerhede kon die gebruik van uiterste geweld teen burgerlikes regverdig op grond van die rasseklimaat van die tyd, veral waar die verowerdes nie Christene was nie. In Kuba was die bevolking egter van Europese afkoms en Christelik.

      Om weer tot Suid-Afrika terug te keer: Dit is handig om te

Скачать книгу