Anna Atoom en die seerower se dolk (skooluitgawe). Elizabeth Wasserman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Anna Atoom en die seerower se dolk (skooluitgawe) - Elizabeth Wasserman страница 3

Anna Atoom en die seerower se dolk (skooluitgawe) - Elizabeth Wasserman

Скачать книгу

sê haar ma. “Ek moet dringend iets met jou bespreek.”

      Sy loer onderlangs in die rigting van die twee kinders. Die admiraal verstaan dadelik dat dit werksake is.

      “Absoluut, geen probleem nie, engel!” glimlag hy vrolik. “Maar eers wil ek hoor wat julle kinders vir vandag beplan. Wat maak julle daar op die pragtige MonPetit?”

      “Skool,” brom Anna. Sy stoot haar vrugteslaai in haar bord rond. Sy sou so graag die dolk vir haar pa wou wys. Dit kan sy egter nie doen sonder om haar ma ook daarvan te vertel nie. Haar ma het duidelik haar eie probleme vanoggend, en boonop sal die hele storie met die haai uitkom as sy eers begin vrae vra.

      Die familie se geselsery word onderbreek deur ’n gekraak, gevolg deur Maks se stem.

      “Professor, ek dinks jy moet liewer dadelik laboratorium toe kome. Dinge is aan die gebeurs in die Stille Oseaan!”

      “Dankie, Maks. Ek kom dadelik!” Sy draai terug na die videokamera wat die huis met die ruimtestasie verbind. “Abraham, probeer asseblief in verbin­ding bly met my. Daar gaan iets vreemds aan en ek sal graag wil hoor wat jy daarvan dink.”

      Dis net die kans waarop Anna wag.

      “Pa!” sê sy toe haar ma weg is. “Kyk wat het ek gister gevind!” Sy trek die dolk uit haar skoolsak en hou dit voor die videokamera.

      Admiraal Atoom fluit saggies in sy baard. “Grote griet, wipneus, dit lyk soos ’n stokou dolk! Waar op aarde het jy dit gekry?”

      “Net agter my seeslak-akwarium, Pa. Ek moes al ’n honderd maal daaroor geswem het sonder om dit raak te sien! Ek wil vandag na die argief toe gaan, Pappa. Ek wil kyk of ek enige leidrade kan kry oor waar hierdie dolk vandaan kom.”

      “’n Uitstekende plan, wipneus. Vra vir mevrou Salie om jou die register14 te wys van skepe wat vermis geraak het rondom die eilande. Begin soek so van die agtiende eeu af.”

      Die admiraal dink diep. “Wys my net weer daardie dolk?”

      Hy staar stip na die beeld van die dolk op sy skerm en druk sy neus amper teen die kamera om beter te kan sien.

      “Die ontwerp op die hef lyk baie soos een wat ek op ’n ou kis in die Hodouls se huis gesien het,” sê hy.

      Die Hodoul-familie is direkte afstammelinge van een van die mees berugte15seerowers wat hier rondgevaar het. In sy kinderdae was admiraal Atoom groot maats met Raymond Hodoul.

      Anna se asem slaan skoon weg van opgewondenheid. Dit beteken die dolk het waarskynlik aan ’n regte, egte seerower behoort!

      Haar pa weet presies wat sy dink. “Bly kalm, sproetneus. Ek is nie doodse­ker nie. Sover ek weet, het die argief ’n afskrif van Hodoul se skeepsdagboek. Jy sal miskien iets van waarde daarin kan lees.”

      Ton het intussen stilweg die eetkamer binnegekom. Hy werk vir die Atoom-familie en neem Anna elke dag met die motorboot skool toe. Hy kug saggies. Dis sy manier om Anna te waarsku dat sy moet opskud om nie laat te wees vir skool nie.

      Die admiraal ken die teken. “Nou toe, weg is jy, meisiekind!” knipoog hy vir haar. “Weet jou ma iets hiervan?”

      “Ek sal haar nog vertel, Pappa, maar …”

      “Ja, los dit dalk maar vir eers. Dis duidelik dat iets anders haar op die oomblik pla. Kom vertel my vanaand wat jy uitgevind het.”

      Anna gryp haar skoolsak en hol agter Ton aan. Sy is vandag nog minder lus vir skool as gewoonlik. ’n Ellelange dag in ’n bedompige klaskamer, en dit terwyl sy ’n seerowerskat het om te vind! Sy kan nie wag om by die argief uit te kom nie!

      5: Maks se beminde

      Iewers in die kuberruimte word ’n elektroniese gesprek gevoer.

U6: Goeiemôre, visblik! Hoe gaan dit op jou planeet vandag?
Maks: My liewe vlieënde skoonheid, jy trippele nou wel in die ruimte rond, maar dis nie nodig om so hoogmoedige te weese nie! Wat houe jou so besig dat jy nie tyd het vir geselserye met jou arme ou Maks nie?
U6: Hmpf! Terwyl jy kaartspeletjies sit en speel met jou sagteware, is my baas en ek besig om die aarde te red. Ek is nie seker of dit die moeite werd is nie, nie terwyl daar sulke blikemmers soos jy daarop bly nie!
Maks: Reds die aarde? Julle twee? My skattetjies, onse aarde lyk veilige en soliede genoeg vir my vandag. Ek bekommer my meer oor jou, daar hooge tussen die sterre!
U6: Jou aarde is baie meer onveilig as my ruimtestasie. Wanneer laas het jy na jou data gekyk? Julle sit op ’n tydbom, ’n ekologiese ramp! Jou dierbare Homo sapiens16 is besig om hul eie planeet te vernietig met oorbevolking en gulsigheid. Jy bly tussen honderde bedreigde spe­sies, om nie eens te praat van al dié wat jou mense klaar uitgeroei het nie.
Maks: Jy is reg, ons aarde is baie sieke. My familie probeer hulle bes om te helps.
U6: My baas sê dis nie genoeg nie. Hy is ’n man van aksie!
Maks: Lyks my jy het van menings verander! Ek dog jy houe niks van jou baas nie?
U6: Dit is waar. Hy behandel my soos ’n slaaf. Jy weet ons is veel slimmer as mense. Ons kan alles beter en vinniger as hulle doen, selfs al het hulle ons gemaak. Boonop maak ons nooit foute nie! Die laaste tyd werk my baas so hard om die aarde te probeer red dat ek hom moet bewonder. Hy het ’n baie goeie plan, weet jy?
Maks: Mense is nie baie slims nie, jy weete dit mos. Ons moet maar mooie na hulle kyks. Hulle is soos ons troeteldiere!
U6: Hulle is gevaarlike troeteldiere, Maks. Hulle gaan nog hulleself én een van die mooiste planete in die heelal vernietig met hulle slegte gewoontes. Ek dink dit sal heelwat beter met ons gaan as ons van hulle ontslae kan raak.
Maks: Maar liefie! Jy is baie moeilike vandag. Mense dinke dalks nie mooi oor wat met hulle planeet gebeurs nie, maar hulle is net soveels deel van die lewende spesies as enige slak of seeskilpad!
U6: Jy mors my tyd. Gaan net weg, Maks! Ek het werk om te doen.
Maks: Ek dog vrouens kan meer as een ding op ’n slag doene? Ek is besig om uitgebreide datasoektogte en analises te doen sommerso terwyl ek met my blikduifie geselse. Jy moet jou chauvinistiese17 baas vrae om jou sagteware so te programmeer dat jy beter kan fokuse, liefie. Jy sukkel partykeers om mooi logies te dinke …
U6: $%&^#$%^&&*^%%$!!!!!!!

      6: Die admiraal se ark

      Die admiraal se ruimtestasie wentel 25 000 kilometer bo die aarde. Hy dryf gewigloos in sy ruimtestasie rond en haal gemaklik asem in die kunsmatige18 atmosfeer. In die afwesigheid van swaartekrag kan sy ontwrigte19 molekules net-net

Скачать книгу