Paljas: Skooluitgawe. Chris Barnard

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Paljas: Skooluitgawe - Chris Barnard страница 2

Автор:
Серия:
Издательство:
Paljas: Skooluitgawe - Chris Barnard

Скачать книгу

met nuwe tegnieke waar ’n onstabiele kamera met die hand vasgehou is en dus selfs nog meer beweeglik geraak het. Hierdie nuwe tegnieke, later ook met die hulp van rekenaars, het vars kommentaar op ’n veranderende wêreld gelewer. ’n Onstabiele kamera wat in die straat agter ’n karakter aanjaag, kon dikwels die vloeibaarheid en gevaar in ’n situasie op ’n nog realistieser wyse belig as die tegnieke wat tot in daardie stadium gebruik is.

      So het regisseurs besef dat rolprente ook die siel van die mens moes ontbloot en sy persoonlike konflik, intieme emosies en innerlike landskap visueel moes ontgin. Regisseurs soos Ingmar Bergman in Swede het met surrealisme begin eksperimenteer en uitdagings aan gehore gestel om gebeure deur ander oë te interpreteer sonder om voorgeskryf te word. Hiermee was Jans Rautenbach in Suid-Afrika ’n voorloper – ’n mens dink hier byvoorbeeld aan Jannie totsiens. Dan is daar ook Katrina en Die kandidaat, wat vir die eerste keer gewaag het om veral die Afrikaner se rol in Afrika te ondersoek en apartheid te bevraagteken.

      Dit het gelei tot rolprente soos Oliver Schmitz se baanbreker Mapantsula, wat apartheid en die skending van menseregte in Suid-Afrika aangeval het. Dit het tot ’n teenreaksie van die regering gelei wat propagandarolprente soos Ses soldate of Kaptein Caprivi geskep het.

      ’n Tyd lank was die Suid-Afrikaanse rolprent op ’n mespunt gebalanseer, totdat regisseurs soos Manie van Rensburg en Katinka Heyns die siel van die Afrikaner buite ’n politieke bestel begin ondersoek het. Vandaar Van Rensburg se Die square, Ross Devenish se The guest en Heyns se Paljas, Die storie van Klara Viljee en Fiela se kind (gegrond op Dalene Matthee se roman).

      Vir Katinka Heyns was naturalisme, ongedwonge eerlikheid en ’n gemaklike, boeiende vertelstyl belangrik. Maar dis veral die rol van klank, ’n heg gekonstrueerde draaiboek, die kamera as verteller, atmosferiese beligting en redigering wat ’n nuwe dimensie en dinamika aan hierdie rolprente gegee het. In haar regie het hierdie elemente gemaklik en ongedwonge saamgewerk, in teenstelling met die dikwels bombastiese propaganda van die jare 70 en 80. Selfs Darrell James Roodt se protesrolprente het tot ’n nuwe siening van die rolprentkuns gelei.

      Verby was die oordramatiese aanslag van soveel vroeëre Afrikaanse rolprente. Veral Katinka Heyns se rolprente het die (Suid-)Afrikaanse kultuur gebalanseerd en realisties uitgebeeld sonder om dit te stereotipeer, te kleineer of selfs direk te kritiseer. Morele tekortkominge en godsdienstige mistastings het op subtiele, natuurlike wyse in die subteks na vore getree. Rolprente was nie meer radio met prentjies, televisie op die wyedoek of onbeweeglike verhoogdramas nie, maar natuurlike grepies uit ’n lewe waarmee almal kon vereenselwig en wat almal herken het.

      Waar die Suid-Afrikaanse rolprent dus aanvanklik gedurende die jare 90 met ’n politieke gewete geworstel het, het Leon Schuster en ander rolprentmakers terselfdertyd begin om die alledaagse as komies of vermaaklik uit te beeld. Dit het ’n nuwe mark geskep en mense weer begin inspireer om plaaslike rolprente te ondersteun. En ná die Oscar-nominasie vir Darrell James Roodt se Yesterday en die Oscar vir Gavin Hood se Tsotsi het ons rolprentbedryf skielik weer ’n status en bestaansreg gekry. En met die nuwe belastingtoegewings wat pas aangekondig is, kan dit ’n nuwe era van ekonomiese welvaart en werkskepping inlui.

      Vooraf

      Paljas is in 1996 by Toorwater in die Klein-Karoo verfilm en in 1997 vrygestel. Die hoofrolle is gespeel deur Marius Weyers (Hendrik), Aletta Bezuidenhout (Katrien), Larry Leyden (Willem), Ellis Pearson (die nar), Liezel van der Merwe (Emma) en Jan Ellis (Nollie).

      Die rolprent se regie is behartig deur Katinka Heyns.

      Anders as in die geval van Nagspel en Piet-my-vrou is daar vir die publikasie van hierdie teks afgewyk van die normale draaiboek-formaat. Ter wille van leesgerief is alle kamera-aanwysings en ander tegniese notas weggelaat. Die oorspronklike toneelnommers is behou en in enkele gevalle is aangedui dat ’n bepaalde sekwens van skote as montage aangebied word. So ’n montage is as een enkele toneel genommer, alhoewel dit in die praktyk gewoonlik as verskillende tonele verfilm word.

      ’n Nuwe toneelnommer dui gewoonlik aan dat die lokaliteit verander het of dat daar ’n tydsverloop was.

      Die draaiboek van Paljas het ontstaan uit ’n vertelling van Abraham H. de Vries wat deur Trix Pienaar aan Chris Barnard oorvertel is. In 1993 het De Vries sy vertelling soos volg gebruik as kamee in die kortverhaal “Skaduwees tussen skaduwees”:

      “Nou onlangs terwyl ons besig was met ’n dokumentêre film oor Makkadas, die stoomtrein wat vroeër daagliks tussen Touwsrivier en Ladismith geloop het, hoor ek nog so ’n storie: dié keer van die Italiaanse krygsgevangene wat in die veertigerjare die stasiemeester op Hondewater ’n buitekamer gehelp bou het. Die stasiemeester en sy vrou had ’n kind, ’n seuntjie, enetjie met ’n horrelvoetjie en boonop bleek en inkennig.

      “Maar toe raak die twee maats, so onpaar soos hulle was, die Italianer en die seuntjie, al kon hulle mekaar se taal nie eens verstaan nie. Want die Italianer teken op die buitekamer se muur, sommer met skoolkryt, diere en clowns, tiere en olifante, perde met ruiters wat op die saals staan, ’n hele sirkus. En elke dier en elke clown praat kamma met sy eie stem. So het hy die kind eers aan die lag en toe aan die praat gekry.

      “Hy het ook een nag verdwyn en nêrens het iemand hom ooit weer gesien nie, en dit in ’n landstreek waar die mense die spore vanmekaar se dier uitken. Van die kind vertel die verhaal verder niks, behalwe dat hy nooit na die man uitgevra het nie.”

      De Vries het ’n hersiene en uitgebreide weergawe van “Skaduwees tussen skaduwees” in 1997 in die gelyknamige bundel gepubliseer.

      Hoewel Abraham de Vries se eerste geskrewe weergawe ’n Italiaanse krygsgevangene as karakter het, was ’n nar van meet af aan deel van die gegewe wat Trix Pienaar aan Chris Barnard aangebied het.

      Die Uitgewer

      Karakters

      HENDRIK MCDONALD ploegbaas op ’n verlore stasietjie, 45

      KATRIEN sy vrou, 40 jaar oud

      EMMA hulle dogter, 19 jaar

      WILLEM hulle seun, 9 jaar

      NOLLIE KEMP jong man van die dorp, 24 jaar, wat by Emma kuier

      FRANS LOMBARD boer van die omgewing

      MANUEL ’n sirkusnar

      DOMINEE

      OUDOKTER

      JAN MOL

      SOLLIE & SAMBO & BERTIE & BARNIE almal van die sirkus

      OUDERLING BOTHMA

      SERSANT

      KONSTABEL

      SAKKIE DU TOIT & PIETA BENADE boere van die buurt

      THYS BRIEKMAN van die koöperasie

      Jagters

      Nuuskieriges by sirkustrein

      Nuuskieriges by die stasie

      Polisiemanne & kerkgangers

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО

Скачать книгу