Nina en die funky eksperiment. Elizbè van der Colff
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу Nina en die funky eksperiment - Elizbè van der Colff страница 5
![Nina en die funky eksperiment - Elizbè van der Colff Nina en die funky eksperiment - Elizbè van der Colff Nina](/cover_pre707024.jpg)
“Wat?” hy kyk af. “O, Brommels? Ek het hom by die visdammetjie in die parkie gekry. My nuwe troetelpadda!” Aspris hou hy die diertjie nader aan Nina.
“Ugh!” gil Nina en spring agteruit. “Oppas net dat Brommels jou nie soen nie – dalk verander jy ook in ’n padda!” Van ’n afstand af bekyk sy die diertjie. Dit is grasgroen met swart kolletjies. Hy lyk vir Nina nogal heel oulik – solank hy net nie te naby haar kom nie.
Tiaan steek vir haar tong uit. Hy dop die padda om en Nina sien die onderkant van die paddatjie is rooi met swart vlekke.
“Ja, man, eers krimp jy tot jy piepklein is …” wei Nina uit. Sy begin die speletjie geniet.
“… en dan raak jy al hoe groener en slymeriger,” voeg Jessie by.
“Maahaaa, Nina en Jessie terg my!” gil Tiaan. “Al weer!”
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.