Die respektabele meneer Hartslief. Chris Karsten

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die respektabele meneer Hartslief - Chris Karsten страница 16

Автор:
Жанр:
Серия:
Издательство:
Die respektabele meneer Hartslief - Chris Karsten

Скачать книгу

langs hulle op die toonbank.

      Die loodgieter beduie na agter, waar ’n paar ander gaste by tafels eet, ook in motorfietsklere. “As Leo kom, ek sit by daardie hoektafel. Ek soek die bredie en rooibostee, g’n suiker, g’n melk.”

      Een van die bierdrinkers vra: “Het julle ’n afspraak?”

      Van onder die rand van sy hoed bekyk die loodgieter hom stilswyend, die groot hangpens, die blou paisley-bandana om sy lang hare, yl en grys.

      “Hoop so,” sê sy maat. “Anders gaan jy lank wag. Leo het verdwyn.”

      Die loodgieter draai sy rug op hulle en gaan sit by sy tafel, maak sy koerant oop en steek ’n Lucky aan. Hy blaai, soek, kry niks oor die koplose motorfietsryer nie, dié se plek ingeneem deur nuwe moord en doodslag:

      Die polisie is nog in die duister oor ’n motief vir die raaiselagtige moord op meneer Valentyn Basha, ook bekend as die Pandjieskoning. Dit lyk nie of enigiets uit sy winkel vermis word nie. Hy kyk na die laaste paragraaf: Enigiemand met inligting word gevra om die polisie te bel by …

      Die polisie het g’n idee wat regtig daar in die pandjieswinkel gebeur het nie, het geen leidrade nie, dink die loodgieter tevrede. Nes hulle steeds maande al raai oor die liggaam op die oewer van die Emmarentiadam, die een langs die spoorlyn by Jeppe-stasie, die geraamte onder bosse langs die Bullfrog-dam naby die hasiepark in Benoni, meer onlangs oor die M5 se koplose motorfietsryer. Hy kry nie die Kaap en Oos-Kaap en KwaZulu-Natal se koerante te lees nie, maar hy kyk getrou die TV-nuus, en weke, maande al word in alle tale geswyg oor die moordondersoeke na ’n lyk aan ’n duin by Wolfgat in Mitchells Plein, na een tussen die rotse by Schoenmakerskop by PE, een in ’n suikerrietplantasie by Tongaat …

      Geen spoor wat na hom herlei kan word nie, nog minder na sy werkgewer. Mister P behoort te weet hy’s veilig, hy’s verniet bekommerd. Hoe stel hy dit? Dat iets sal terugkom en hom aan die gat kom byt. Nee, sy gat is veilig. Dis daarom, vermoed hy, dat Mister P vir hom die spesiale boek leen – as blyk van sy tevredenheid.

      Laas in sy kantoor wou Mister P weet: “En toe, Lood, hoe geniet jy die boek? Waar trek jy nou?”

      “Ek trek by daardie Duitse aanhaling: ‘Denn die Todten reiten schnell.’ Nog nie ver nie.”

      “A … want die dood reis vinnig. Dis wat dit beteken. Maar jy lees bra stadig, Lood. Jonathan Harker is darem al deur die Borgo-pas, as ek reg onthou. Maar hy’t nog nie die Graaf ontmoet nie, nè?”

      Nou is hy al heelwat verder. Volgens Harker se joernaal het hy en sy calèche in die donker by ’n ou kasteel in die Karpatiese Berge aangekom. ’n Lang ou man nooi hom by ’n groot deur met ysterbeslag in. Die man het ’n wit snor, is van kop tot tone in swart geklee, en die hand waarmee hy groet – met breë, vet vingers, vreemde hare op die palm en lang naels met skerp punte – voel vir Harker so koud soos die dood.

      Die loodgieter haal die boek uit en lees verder: The mouth was fixed and rather cruel-looking, with peculiarly sharp white teeth; these protruded over the lips … his ears were pale, and at the tops extremely pointed. The general effect was one of extraordinary pallor.

      ’n Kelner sit sy kos voor hom neer en hy maak die boek toe, kyk op en vra: “Wat het van Leo geword?”

      “Niemand weet nie,” sê sy.

      “Hy’s ook nie by sy woonplek nie.”

      “Almal soek hom, die polisie was ook al hier. En ander.”

      “Ander?”

      “Ja, familie van Basie Hartslief, die outjie wat in daai woeste ongeluk dood is. Jy’t seker daarvan gelees?”

      “Hoekom soek die familie vir Leo?”

      “Hulle dink hy kan hulle help, Leo en Basie was pelle. Hoekom soek jý hom?”

      “Hy wou ’n fiets by my koop. Het die familielede nommers gelos?”

      “Almal los nommers, sê ek moet bel as ek vir Leo sien, daar’s dalk ’n beloning.”

      Die loodgieter vroetel in sy baadjiesak, haal ’n klompie gefrommelde note uit, skil drie vir haar af.

      Sy vat dit onseker. “Û … dis R150, dis te veel, die kos en tee is nie R50 nie.”

      “Iets ekstra vir jou, as ek die name kan sien.”

      Sy haal ’n besigheidskaartjie uit die geldsak om haar heupe. Hy stel nie in luitenant Kosile se besonderhede belang nie, draai dit om en kyk na die handgeskrewe naam en nommer.

      “Wie’s Lottie?”

      “Sy sê sy’s ook ’n kelner, by die McTavern in Brixton. Leo het dikwels daar gaan drink, het glo by haar aangelê. Sy’t hom aan Basie voorgestel.”

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4R/LRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAfAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkYdpAAQAAAABAAAAqAAAANQALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIChNYWNpbnRvc2gpADIwMTQ6MDk6MDggMDc6 MjQ6MTcAAAAAAAOgAQADAAAAAQABAACgAgAEAAAAAQAABkCgAwAEAAAAAQAACgAAAAAAAAAABgED AAMAAAABAAYAAAEaAAUAAAABAAABIgEbAAUAAAABAAABKgEoAAMAAAABAAIAAAIBAAQAAAABAAAB MgICAAQAAAABAAAekQAAAAAAAABIAAAAAQAAAEgAAAAB/9j/7QAMQWRvYmVfQ00AAf/uAA5BZG9i ZQBkgAAAAAH/2wCEAAwICAgJCAwJCQwRCwoLERUPDAwPFRgTExUTExgRDAwMDAwMEQwMDAwMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwBDQsLDQ4NEA4OEBQODg4UFA4ODg4UEQwMDAwMEREMDAwMDAwR DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDP/AABEIAKAAZAMBIgACEQEDEQH/3QAEAAf/xAE/ AAABBQEBAQEBAQAAAAAAAAADAAECBAUGBwgJCgsBAAEFAQEBAQEBAAAAAAAAAAEAAgMEBQYHCAkK CxAAAQQBAwIEAgUHBggFAwwzAQACEQMEIRIxBUFRYRMicYEyBhSRobFCIyQVUsFiMzRygtFDByWS U/Dh8WNzNRaisoMmRJNUZEXCo3Q2F9JV4mXys4TD03Xj80YnlKSFtJXE1OT0pbXF1eX1VmZ2hpam tsbW5vY3R1dnd4eXp7fH1+f3EQACAgECBAQDBAUGBwcGBTUBAAIRAyExEgRBUWFxIhMFMoGRFKGx QiPBUtHwMyRi4XKCkkNTFWNzNPElBhaisoMHJjXC0kSTVKMXZEVVNnRl4vKzhMPTdePzRpSkhbSV xNTk9KW1xdXl9VZmdoaWprbG1ub2JzdHV2d3h5ent8f/2gAMAwEAAhEDEQA/AJdazf2L0t2ezH+0 vD21NrmAC8Oiyzb7vTbt2/8AGPYqPSPr1i52VjYXUMA4b8gtrrvqdurL3HYzdXY3e2vc76bbbll5 /wBZup9Xr+zGuvExLYc6lg3l4YRa0X22/TY1zP5uttW9afUMXH690Cynp/TXO6g11ZbRQGj0zMPy fUJZvxrW+pX+/wDQ9T/SrMHKgQAyxuUj88ZfzY6X+iz+5ZJiaobEfM9LkdBx8jfVZXtL3BxDCay6 xkNrstsZt3bIb7HoD8TEdjMyBL2vJaw7DU5zwXN2sosFbtu5u3f/ADf+E/m1tYFOS3CxK84+plMo rbkvBDpsa1rbXbvzn7/8Io7xQ5jcotZkuaN97AW1++z0q6mWXue71XfmUfn/AODUMcMh+kTS8zB6 PIZfRcy12OLqDjetcDWA8OcXMrtyfexp/wAH6X/XUx6G+4hjHFu0l2nJPg/712GTQxllGT6j3Ops 3ekSS50zU9jao3fzTrn/AKNXDjscfa0Eu4I7+EfvKwBMAMZIfOsn6v2ailp9aADbY3cC0k72Ne72 7/aqGT0q9jqq43NdYDqP3Wvu/N/N9i9CqvwuotsOIfXbU59bnlpbXvY703V+sf5bfzP8H+kVDO6X +kxra6y8h7msZrtEss9W0Mbu3V17a/37LP8ABJ4lIbhGj

Скачать книгу