Lamplig teen die seile. Louisa du Toit

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Lamplig teen die seile - Louisa du Toit страница 5

Lamplig teen die seile - Louisa du Toit

Скачать книгу

vul haar. Sy gaan regop langs die vuur staan, vee haar hande aan haar voorskoot af, die halfvuil een wat sy reeds dae gebruik.

      “Seph,” sê sy sonder twyfel. “Sephton Butler.”

      Seph, die Engelse speelmaat van haar kinderjare in Jan Disselsvlei. Sy pa, Uncle Duncan van die buurplaas, ’n kind van Britse Setlaars wat in Clanwilliam gevestig het, was as buurman altyd ’n steunpilaar. Hy en sy vrou was by haar ma se sterfbed. Hoe lekker het sy en die klein Butlertjies tog gespeel. Hulle het haar net so goed Engels leer praat as wat sy hulle Boerehollands leer praat het. Sy glimlag ingenome: “Wat maak jy hier?” vra sy.

      “Ek maak wat almal maak: ek soek … ah … daaimans,” lag hy.

      Hy groet haar met die hand, hoewel sy haar moet bedwing om hom om die hals te val. Hy is so ’n liewe stem uit die ver verlede, toe sy nog haar eie ouers en plek gehad het. Dis egter ’n lang, talmende handdruk, en sy voel verleë. ’n Meisie praat mos nie sommer met vreemde mans nie. Maar Seph is geen vreemdeling nie, en dis die wonderlikste geskenk op hierdie rokerige oggend tussen skamele tente en skuilings.

      Voordat hy haar hand los, draai hy dit om en kyk na die hardgewerkte palm. Die skaduwee van ’n frons glip oor sy voorkop. Terwyl sy hom aan die Viljees voorstel, vertel sy van hulle aankoms die vorige aand, en moet hoor dat hy hulle agtervolg het omdat sy toe reeds bekend gelyk het.

      Sy weet nie wat die Viljees dink nie, want hulle het haar sekerlik nog nooit so opgewek gesien nie. Sy merk wel op dat Rudolf verskoning vra en hom besig hou met die terugpak van alles wat vir die nag se oorstaan afgelaai was. Hy red ook half verwytend die roosterkoek, waarvan sy skoon vergeet het.

      “Weet jy wat my ma vir my pa gesê het toe jy weg is? ‘We should have taken Sankey.’ Maar jou familie wou jou hê.” Sy blik dwaal weer na haar hand met die eelterigheid binne-in. Dit behoort hom haar lot by die Meyers te kenne te gee. Hy antwoord ’n klompie vrae: dat hulle water per emmer by die puthouers kan koop, hout en ander voorraad by die winkels of op die boeremark. Hy vertel dat hy en sy broer John ’n kleim by New Rush en een by die Pan het. Hulle sif die ruwer grond by die kleim en karwei die fyner gruis na die ruim staning by die Pan, waar dit gesorteer word. Sy broer, vertel Seph, is met ’n Kaaps-Hollandse meisie getroud, en dis nou net Hollands in die huis.

      Fyn van aanvoeling, kom Seph waarskynlik agter dat Rudolf nie spraaksaam is nie, en hy betrek hom, vertel van kleims en staanplek. Toe hy hoor dat die Meyers vir hulle plek hou, maak hy geen teenvoorstel nie. Frikkie daag egter nog nie op nie, en Seph bied aan hom hulle te begelei. Toe hy hoor dat oom Klasie-hulle skuins agter die New Produce Store staan, weet hy dadelik waar dit is. Rudolf lyk nogal verlig.

      So vertrek hulle op die laaste kort skof na hulle nuwe bestemming. Kinnie se vreugde oor Seph bedaar toe sy besef dat “nuwe bestemming” vir Rudolf eintlik net een ding beteken: Josefien, vir wie hy gisteraand misgeloop het, maar wat hom nie weer sal ontglip nie.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4SFXRXhpZgAATU0AKgAAAAgADAEAAAMAAAABBlIAAAEBAAMAAAABCdQAAAECAAMAAAADAAAA ngEGAAMAAAABAAIAAAESAAMAAAABAAEAAAEVAAMAAAABAAMAAAEaAAUAAAABAAAApAEbAAUAAAAB AAAArAEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAgAAAAtAEyAAIAAAAUAAAA1IdpAAQAAAABAAAA6AAAASAA CAAIAAgALcbAAAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNiAoTWFjaW50b3NoKQAyMDE1 OjAzOjA2IDE0OjMwOjE4AAAEkAAABwAAAAQwMjIxoAEAAwAAAAH//wAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMA BAAAAAEAAAoAAAAAAAAAAAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAAW4BGwAFAAAAAQAAAXYBKAAD AAAAAQACAAACAQAEAAAAAQAAAX4CAgAEAAAAAQAAH9EAAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+IM WElDQ19QUk9GSUxFAAEBAAAMSExpbm8CEAAAbW50clJHQiBYWVogB84AAgAJAAYAMQAAYWNzcE1T RlQAAAAASUVDIHNSR0IAAAAAAAAAAAAAAAAAAPbWAAEAAAAA0y1IUCAgAAAAAAAAAAAAAAAAAAAA AAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAARY3BydAAAAVAAAAAzZGVzYwAAAYQAAABs d3RwdAAAAfAAAAAUYmtwdAAAAgQAAAAUclhZWgAAAhgAAAAUZ1hZWgAAAiwAAAAUYlhZWgAAAkAA AAAUZG1uZAAAAlQAAABwZG1kZAAAAsQAAACIdnVlZAAAA0wAAACGdmlldwAAA9QAAAAkbHVtaQAA A/gAAAAUbWVhcwAABAwAAAAkdGVjaAAABDAAAAAMclRSQwAABDwAAAgMZ1RSQwAABDwAAAgMYlRS QwAABDwAAAgMdGV4dAAAAABDb3B5cmlnaHQgKG

Скачать книгу