Boer kry ’n Vrou. Jan van Staden
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу Boer kry ’n Vrou - Jan van Staden страница 8
Hier waar hy en Marissa nou kaal in die kombuis staan en sy vir hulle koeldrank ingooi, bekyk hy haar mooi. Sy is alles wat hy in die lewe begeer. Hoekom moet sy verbode terrein vir hom wees? Straf die Here hom nou oor wat hy gesondig het met al sy begeertes, en wil Hy vir hom sê dit gaan vir die res van sy lewe sy straf wees?
Juan gryp haar vas en druk haar styf teen hom aan asof hy haar nooit weer wil laat gaan nie. “Ag jinne, meisiekind, ek is mal oor jou! Ek is jammer ek het jou weer verlei,” fluister hy saggies en teer in haar oor.
“Juan, wat ons doen is verkeerd en dit is alles die skuld van ons vleeslike begeertes. Maar alles in die lewe gaan oor besluite en ons, of liewer ek, het besluit om vir jou te swig. Ek het geweet ons kan al twee seerkry in die proses, en ons het reeds. Daarom wil ek teen my beterwete in elke oomblik wat ons beskikbaar het saam met jou geniet en sal ek jou help om vir jou die vrou te kry wat jou die liefde sal gee wat ek het maar nie vir jou kan gee nie. Ek weet dit druis teen alle beginsels in. Maar dit is my besluit,” sê sy en begin hom innig soen.
“Kom, bring jou koeldrank. Ek is weer lus vir jou,” probeer hy die atmosfeer red.
6
Dit is vieruur die oggend wanneer Juan so saggies moontlik en sonder ligte by dominee Van Graan se motorhuis uitry. Hy is net by die hek uit in die straat, toe ’n blou lig hom hom skoon in ’n ander bloedgroep in laat skrik. Dis die flippen polisie, besef hy en hou stil.
Juan besluit om sy cool te hou, want as tante Flora nou wakker word en sy sien dis sy kar, is dit tickets met hom, want hy weet sy sal dominee Van Graan onmiddellik bel, die ou skinderbek.
Juan kyk in ’n flitslig vas. Dink die moer hy is ’n haas? “Hei, my bra, wat soek jy hier? Jy soek mos bollie, Janneman,” sê hy as hy Stoffeltjie, die polisieman wat saam met hom rugby speel, se stem herken.
“Die priester het ons gevra om Marissa op te pas, en nou kruip jy daar uit. Ek het vir konstabel Sithole gesê, broer, hier kom groot bollie as die priester moet weet jy slaap in sy dogter se kooi.”
“Nee, my hel, Stoffeltjie, ons manne cover mos vir mekaar. As jy vir Dominee gaan sê, gaan ek vir Lalie vertel van daai aand in die parking lot toe jy vir Tarien gespyker het,” waarsku Juan hom.
“Nee, broer, dis mos blackmailing!”
“Stoffeltjie, ek is vanaand en die volgende twee aande hier. So, gooi ’n blind eye, nè?” beveel Juan.
“Hei, my broer, die priester gaan jou kapater by sy blue-eyed meisiekind,” waarsku Stoffeltjie hom.
Juan verkas voor iemand anders hom ook sien terwyl Stoffeltjie sy flits agter hom rondswaai.
Die dag gaan baie stadig om en Juan sukkel om op die boerdery te konsentreer. Een van die koeie wat moet kalf sukkel en hy red wat te redde is. Daarna moet hy nog een van die jagvoertuie takel waarvan die stuurkolom moeilikheid gee nadat hy deur ’n erdvarkgat gejaag het, en net toe kom Janet daar aangery.
Sy het ’n geel minirokkie aan wat perfek by haar bruingebrande lyf pas. Sy is mooi, flippen mooi, as sy so aangestap kom en haar heupe swaai. Die hoëhakskoene is onvanpas, maar dit laat haar net meer sexy lyk. Haar bene is perfek gevorm en Juan besef die beste plek vir hulle is om sy nek. Sy kortbroek is weer heeltemal te klein as sy penis binne sekondes heeltemal styf word. Juan lê plat op ’n trollie onder die voertuie en hy sien al hoe meer been terwyl sy nader stap.
Sy hart klop in sy keel toe sy by hom kom staan. Sy oë dwaal onder haar rok in en hy kyk in haar kaalgeskeerde mik vas. Ag jinne, dis mooi, dis flippen mooi. Janet loop met gevoude arms en klim moedswillig wydsbeen oor hom. Haar skaamlippe blom en haar klit blink van die liefdesap. Sy is lus, daaroor is daar nie twyfel nie.
“Ignoreer jy my, meneer Van Wyk? Ek bly vir jou boodskappe stuur, maar nee … ek is mos nie meer belangrik nie,” verwyt sy hom.
Hy besef hy het sy selfoon in die bakkie gelos. Hy is nou so jags dat hy voel of hy sommer in sy broek kan kom toe sy afbuk en sy mielie ’n drukkie gee dat dit soos ’n bulldog in ’n streepsak begin worstel om uit te kom.
“Jy is op gevaarlike terrein, Janet,” waarsku hy haar. Maar sy weet wat sy hier kom soek het. Haar naam moes eerder Delila gewees het – sy weet hy kan haar nie weerstaan nie.
Janet snak na haar asem as hy haar met mening beetkry. Hy besef sy werk is klaar vir die dag, want hierna gaan bedkaskenades vir die res van die dag op sy program wees.
Juan voel wel ’n skuldgevoel teenoor Marissa, maar Janet gee hom nie veel kans nie. Sy druk hom op ’n baal voer vas, gaan staan wydsbeen oor hom en druk sy penis in haar doos in. Sy gaan sit so hard op sy knaters dat hy ’n soutsmaak in sy mond kry en sy ry hom dat die grasstingels in sy agterent opdruk.
Hulle kom dat die biesies bewe. Sy val moeg op hom neer en hulle lê ’n rukkie stil.
“Is dit waar dat jy by Marissa kuier?” vra Janet.
Juan se hart slaan bolmakiesie toe sy dit vra, want as sy dit weet, hoeveel ander nog? ’n Mens kan ook fokkol in die dorp doen, dan weet almal daarvan.
“Waar hoor jy dit?” vra hy kamstig verbaas.
“Doret het in die haarsalon vertel sy het gesien hoe jy Marissa in haar spreekkamer soen,” verduidelik sy.
“Doret?”
“Ja, man, Marissa se ontvangsdame. Moet jou nie nou onnosel hou nie.”
“Hallo, ’n soen omdat sy my ’n guns gedoen het beteken nie ek kuier by haar nie. Jy weet mos sy is die rugbyspan se fisio, en ek het my rug seergemaak in die laaste wedstryd,” verdedig hy hom.
“Probeer jy die kloosterkoekie verlei, Juan? Dominee sny jou trul morsaf as jy sy dogter verlei, en jy behoort dit te weet. Is jy mal?”
Hulle staan op en staan huis se kant toe. Juan besef opnuut sy liefdeslewe is ’n volslae fiasko. Hy het ’n skelm verhouding met sy rugbypel se vrou én hy verlei die dominee se dogter, wat die dorp se lieflingskind is. Hy het ’n reputasie wat tot by die Limpoporivier strek.
Janet is ’n absoluut beeldskone vrou en hy is mal oor haar lyf. Maar hy is ook mal oor Marissa! Hy sal doodeenvoudig moet besluit wat hy in die lewe wil hê, want hy soek iemand permanent aan sy sy wat aan sy behoeftes en lewenswyse voldoen … en waar de hel gaan hy so iemand kry?
Juan skink vir hom en Janet elkeen ’n dop whiskey. Sy is reeds kaal en wragtig … sy is nou eenmaal fantasties gebou. Maar sy’s allemansvrou.
Sy help hom uittrek. Hy neem haar in sy arms en begin al sy liefdesfrustrasies op haar uithaal. Hy spyker haar in al die style in die boek wat die kuiervertrek hom toelaat. Dan sak hulle uitgeput in die jacuzzi neer.
“Wat het oor jou lewer geloop, Juan?” vra Janet. “Jy het my nog nooit so bevredig nie. My poesie wéét hy is vandag gebruik,” lag sy met blink oë.
Hy kyk haar lank aan en wens sy was syne, want sy het dieselfde temperament as hy. Maar hoe vertrou jy so ’n mooi vrou? Hoe gaan dit voel om haar met iemand