As liefde ontwaak. Elsa Hamersma

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу As liefde ontwaak - Elsa Hamersma страница

As liefde ontwaak - Elsa Hamersma

Скачать книгу

      

      As liefde ontwaak

      Elsa Hamersma

      Satyn

      1

      Die selfoon op die tafeltjie agter haar vibreer skielik. Danielle swaai die stoel om en kyk geïrriteerd na die verligte skerm. Magdeleen. Een lang oomblik oorweeg sy om nie te antwoord nie, maar druk dan tog die knoppie.

      “Danielle? Hallo, jong! Pla ek?”

      Danielle trek skewebek vir die selfoon. Haar suster weet sy pla. “Ja,” antwoord sy kortaf.

      “O!” Kastige verbasing. “Ek het gedink jy maak al reg om die tweeling by die skool te gaan haal.”

      “Genade! Is dit al twaalfuur?” Sy kyk vinnig op haar selfoon.

      Magdeleen lag asof iets haar amuseer. “Wel, amper.” Daar is ’n oomblik stilte. “Maar laat ek vinnig praat. Ek het nog baie om te doen.”

      “Ek is self besig,” antwoord Danielle bietjie dikbek.

      “Natuurlik. Skryf is harde werk,” antwoord haar suster saaklik.

      Asof sy wat Danielle is dit nie weet nie. Natuurlik kan jy net ’n boek skryf as jy ure en ure op jou boude agter ’n rekenaar sit. Sy het, om die waarheid te sê, reeds heelwat ondervinding daarvan. Maar nie genoeg nie. Sy het ononderbroke tyd nodig as sy iets wil bereik.

      Danielle oorweeg weer ’n oomblik lank om te reageer, maar sien nie kans vir die kille atmosfeer wat sy dan dae lank sal moet trotseer nie. Haar suster vererg haar gou wanneer Danielle ’n opmerking maak oor al die ekstra take wat sy bygekry het vandat Magdeleen met Dawid Aucamp getroud is, en hy en sy tweeling by hulle ingetrek het. Daarom bly sy stil.

      “Ek bel eintlik om ’n guns te vra. Sal jy nie sommer Dawid se pak by die droogskoonmaker oplaai wanneer jy die kinders gaan haal nie? En die paar goedjies op die lysie koop? Ek maak later reg met jou. Ek gaan regtig nie vanmiddag tyd hê om nog draaie te ry nie. Ek moet by die haarkapper uitkom, en Dawid het sy pak nodig vir vanaand se funksie.”

      “Watter funksie?” Danielle voel hoe ’n frons haar voorkop saamtrek. Gister, toe sy en Jesse, haar beste vriendin, op die telefoon geklets het, het hulle gereël om vanaand teen sesuur vir ’n drankie en ligte ete te ontmoet. Jesse is al een wat haar moed inpraat. As dit nie vir haar was nie, dink Danielle baie dae, het sy al die idee om ’n speurroman te skryf lankal laat vaar.

      “O! Het jy vergeet? Of het ek nie gesê nie? Die dekaan en sy vrou het ons vir drankies en ete genooi. As jy net vroegaand ’n ogie oor die kinders sal hou, sal Katrina vir hulle kos gee en sorg dat hulle gebad kom. Hulle gaan vroeg slaap, en daarna kan jy lekker skryf.”

      Magdeleen weet goed sy het Danielle nooit gevra nie. Daar word eenvoudig aanvaar dat sy beskikbaar is en nie ander planne het nie.

      Die bloed stoot in Danielle se kop op en spoel warm oor haar gesig. Soos Magdeleen dit stel, is sy wat Danielle is vergeetagtig en gaan sy eintlik nie veel doen buiten toesig hou nie – wat eenvoudig nie waar is nie.

      Hoe op aarde het sy in dié situasie beland? Dit wonder Danielle vir die soveelste keer, en telkens kom die antwoord: geleidelik en ongemerk. En omdat sy van dag een af nie vaste reëls neergelê het nie.

      “Ek maak so.” Sy byt op haar tande om verdere woorde te keer. Haar planne vir die aand is daarmee heen. Na ’n geringe aarseling, trek sy die middelste laai van haar lessenaar oop, vat die bruin koevert wat heel bo lê en gooi dit in haar handsak. Op pad na die motor toe bel sy haar vriendin. “Haai, Jes,” sê sy oomblikke later. “Ek kan vanaand se afspraak nie meer inpas nie, maar kan ons asseblief vanmiddag saam ’n koffietjie drink?”

      “By Koffietroos?” Jes was nog altyd vlug van verstand. “As jy dit vieruur kan maak, loop ek net bietjie vroeër.”

      “Vieruur,” bevestig Danielle.

      Nadat Danielle die tweeling by die skool opgelaai en, met vele beloftes van lekkergoed, by Katrina afgelaai het, koop sy die kos en skoonmaakprodukte wat haar suster op die lys in die kombuis geskryf het en gaan haal sy Dawid se pak by die skoonmaker.

      Sy is nie eens jammer vir die twee onnutte toe sy by die huis wegry en hulle met ’n pak lekkergoed aan hulleself – en Katrina – oorlaat nie. Wat haar betref, kan hulle die huis afbreek. Hulle is baie lewendig en hoogs intelligent, maar lekker stout – soos seuntjies dikwels is. En as hulle iets breek wat Magdeleen as kosbaar beskou, het Danielle vrede daarmee. Dit het tyd geword dat haar suster op die harde manier leer dat sy nie ’n onbetaalde kinderoppasser het nie.

      Jesse wag reeds toe Danielle by Koffietroos aankom. Sy staan dadelik op toe sy Danielle sien en druk haar etlike oomblikke teen haar ruim boesem vas. “Ek hoef nie te vra nie. Ek kan sommer sien Her Majesty and His Lordship, the professor, het jou weer op kort kennisgewing opgekommandeer.” Sy gaan sit oorkant Danielle en wink ’n kelner nader.

      “Ja.” Danielle sug. “Ek wil nie so by jou kla nie, maar jy’s al een met wie ek hieroor kan praat. Die waarheid is dat dit by die dag erger word, Jes. Soos ek al soveel kere vir jou gesê het, ek kan nie ’n boek op dié manier skryf nie. Ander mense kan dalk; ék nie. Miskien omdat dit my eerste poging is, en ek so onseker is of ek dit regtig kan doen, maar die situasie met Dawid en sy kinders werk nie vir my uit nie.”

      “Dit hoef nie vir jou uit te werk nie. Dis nie jý wat met Dawid getrou het nie.”

      “Ek weet. En dis seker my eie skuld dat dinge so ver gegaan het. Magdeleen is nie die moederlike tipe nie en het beslis nie vir die instant family met Dawid getrou nie. Dis lelik om te sê, maar die kinders is die opoffering wat sy moes maak om Dawid voor die kansel te kry.”

      “Opoffering, my alie! Watter opoffering het sý gemaak? Waar ek met jou saamstem, is dat hy wragtie ’n hunk is en dat sy hom teen elke prys wou hê. Maar dat jý die prys moet betaal, is verregaande.”

      Danielle trek ’n gesig en sit terug sodat die kelnerin die koppie koffie voor haar kan neersit. “Dis wat my ook kwaad maak.” Sy lag teësinnig – eintlik vir haarself. “Ek sou nie omgegee het om kinderoppasser te speel en my boek in die wye oseaan te gooi as ek die een was onder wie se bed hy elke aand sy netjiese skoene parkeer nie.”

      Jesse kyk opsommend na haar. “Jy’s nie ernstig nie? Ek bedoel, jy het nie regtig die hots vir jou swaer nie, het jy?”

      “Natuurlik nie. Ek sê net dat Dawid die soort man is vir wie enige warmbloedige vrou opofferinge sal maak.” Danielle waai met haar hand deur die lug om te wys hoe belaglik dit is dat sy iets vir Dawid voel, maar diep in haar hart is sy nie so seker dat sy heeltemal eerlik is nie. Wanneer hy op ’n Sondagoggend ongeskeer en met net sy slaapbroekie aan in die kombuis staan en koffie maak, weet Danielle vir seker dat daar niks met haar hormone skort nie. Sy spierwit glimlag laat al sy studente se bene swik, vertel Magdeleen graag met smaak, en Danielle verstaan dit heeltemal. En, al probeer sy haar bes om die held in haar boek nie op Dawid te skoei nie, lyk die man in haar verbeelding baie soos hy, praat hy soos Dawid en tree hy so op. Wat sy gaan doen wanneer dit by die liefdestonele kom, weet sy nie, want sy beskik nie oor inligting omtrent Dawid se slaapkamertegniek nie. Dié brokkie gaan sy egter nie vir Jesse gee nie, want sy skaam haar. Verder vermoed sy ook dat sy Dawid as model gebruik omdat sy nie op die oomblik ’n man in haar eie lewe het nie.

      Jesse sit haar hande plat voor haar op die tafel neer. “Wanneer gaan jy besluit om plan B te oorweeg? Jy het tog gesê jy het ’n plan B?”

      “Ek

Скачать книгу