Anderkant uit. Hanlie Retief

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Anderkant uit - Hanlie Retief страница 5

Anderkant uit - Hanlie Retief

Скачать книгу

vrou. Ja. Ordentlike vrou gewees. Mooi maniere gehad.”

      Hennie: “Sy’t mos die boeke ook geskryf. Nee,” skud hy kop, “ons het nie die boeke nie. Die mense het. Daar gaan vakansietye baie mense na haar graf toe.”

      Dit was ’n klómpie jare terug wat hulle laas ’n olifant gesien het. “Hier was vyf of sewe.”

      By Kom-se-Pad, laas, lê ’n ysterhout platgetrap deur olifant se kind – so half in ’n drifkloof af. “Jy sal sweer dis ’n bulldozer soos hy afgeskuif het in die kloof. Hy’t mos naels nes ’n hond; hy grawe gate ok, nes ’n hond.”

      Self was die Zeelies nog nie so naby die grootvoete nie. Huh-uh. Nee. Hulle trek hul lywe sommer skraler by die blote gedagte.

      “Kyk, die makkes is orraait, maar die wíldes, huh-uh. As hy staan en slaap, dan kan jy maar sággies verbygaan. Maar jy moet watch: As hy sy ore eers beginne roer, dan moet jy pasop – nou, nou gaat hy jou skil.”

      Hy flap met sy hande.

      Een grootvoet, ou Aftand, het die heinings by Kruisfontein altyd so staan en aftrap.

      “Hy’t tussen die huise geloop; die mense het hulle nie gesteur aan hom nie. Hy was naderhand mak gewees. Wild, maar mak. Hy’t met ’n kruiptrekker gaat moeilikheid soek en toe hy hom omtiep, breek sy tand af.

      “Daai ou Breytenbach het Aftand geskiet terwyl hy in die inheemse bos staan en slaap het. Toe gaat begraaf hy die ivoor op Saasveld. Hulle maak mos klavierklawers van daai tanne.

      “Dit was amper moeilikheid gewees. Breytenbach is toe hier weg, vinnig terug oorsee.”

      Hulle begin lag en vertel van ou Ernst Koeke wat so hoog in ’n mik geklim het om van ’n olifant weg te kom, hy sit toe daar vas en huil.

      “Hulle sê vir hom spring af. Maar dan gaan hy hom doodval, sê hy. En dán? Later sê hulle vir hom: ‘Oukei raait, hou nou vas nes ’n kat, dan kom jy agteruit af.’ En daar’s die ou toe onder.”

      Voel hulle nie soms hartseer om die bome af te kap nie?

      Michal: “Ag nee, as jy hom moet werk, moet jy hom werk. Vir die geld,” vryf hy sy vingers teen mekaar.

      Maar dis nie meer soos daai jare nie.

      “Ons was jongmanne toe die staat die bosse oorgevat het. Toe bosbou die boswerkers tot niet gemaak het. En toe, nou ja.”

      Boswerk is al jare verby vir die Zeelies. Hulle doen los werkies. Tuinwerk. Maak balke, deure en vensterrame vir vakansiehuise.

      “Soos ons nou hier sit, mag ons nie ingaan bos toe by daai hek nie. Dan kom die bosopsigters: ‘Waar’s julle permit?’ As jy nie een het nie, o, dan: ‘Kom, kóm,’ ” wys hy, “‘kóm, ons gaat jou toesluit.’ ”

      Daar klim ’n hol hartseer in Hennie se stem. Die gemoed raak stroewer hier onder die koejawelboom.

      “Húlle met die groen klere aan. Laat hulle net sien jy’t ’n takkie afgebreek, of ’n jong boompie uitgehaal. By die hof voor die landdros – help nie jy stry nie – dis nét jy, jy’t hom uitgetrek. Nie ’n boete nie, hulle sluit jou toe.”

      Die Zeelies raak stil. Al wat jy hoor, is die voëls in die bome en die beeste se kalm gekou. Tarzan, die hond, verskuif sy nek in die ketting. Sug.

      Swartpotte staan en prut in die kookskerm. Mirragete. “Ons gaan maar so aan soos die oumense se staail,” verduidelik Michal.

      Winters en somers sit hulle hier, dag vir dag. Hulle’t kapok hier sien verbytrek in 1972. Droogtetye, geil tye.

      Só sit hulle dag vir dag. Michal en Hennie. Van byle weet hulle, nie van megabytes nie. Van pikstele en grawe en bobbejane wat smôrens die vyebome kom plunder. Nooit vrou gevat nie.

      “Ag néé wát,” kom dit gelyk.

      Loer vir mekaar en lag sonder dat jy tande sien.

      Maar daar wás mooi nooientjies.

      “As ons Saterdagaande gaan dans, ja. Was lekker gewees. Baie gedans, ja. Dan speel ou Pieter Koen-hulle viool en kitaar.

      “Dan maak hulle heuningkarrie en jy het lawwigheid. As ’n ou hom nie gewoond is nie, hou jy nie op agter daai lekkergeit aan nie.”

      Hy het nog ’n bietjie karriemoer in die huis, sê Hennie en verdwyn vol belofte die donker huisie in, kom terug met ’n lapsakkie en wikkel dit los, eerbiedig amper. Onderin lê ’n paar krummels karriemoer.

      Lawwigheid.

      Sy duim kry plek in sy pyp. Hy stop hom bedrewe, trek die Lion-vuurhoutjie, suig. Dié pyp het hy op 17 gekry.

      “Ek het hom al verloor. Dan dink ek: Jou gaan ek nie weer kry nie. Maar later tel ek hom weer iewers op.” Grinnik. “Dan sê ek: Nee, jy weet van my; jy kruip vir my weg.”

      As die broers siek word, drink hulle sommer bosmedisyne, vertel Michal.

      “Gansies. Dis soos gal, so bitter. En bergboegoe vir verkouente en jig en sulke goete. Vernaam as jou maag pyn.”

      “Ons stel ons nie aan om dokter toe te gaan nie,” knik Hennie.

      Hulle praat saam-saam, pruttel soos ’n koffiepot op die vuur.

      Wat onthou hulle van hul ma?

      “Haar hart. Sy was ook maar ’n vrou gewees.”

      Nadat sy soggens haar huiswerk kant en klaar het, dan vat sy haar bitter koffie en gaan skoffel in die groentetuin. Kort-kort gaan sy binnetoe, kyk hoe rys die brooddeeg. Knie af, maak toe, gaan skoffel verder. “Dis haar ding daai gewees.”

      Sy oë raak ver, sy ma se onthou kom lê in hom.

      “Ons eet nog so die aand, toe vra sy ek moet vir haar iets doen. Vat daai groot waskom, gooi water in, maak hom lekker lou, sê sy. Ek moet haar voete was.

      “Sy’t my dit nog nooit gevra nie. Maar ek doen dit toe. Daarna drink sy bitter koffie en eet ’n toebroodjie en sê: ‘Ai, nou’t ek lekker koffie gedrink en toebroodjie geëet,’ ” onthou hy die stukkie detail.

      “Ons lees uit die Bybel, en onse ma sê sy dink altyd aan ons twee. Oukei Ma, good night, lekker slaap.

      “’n Rukkie later word ek wakker. ‘O, my kinders,’ roep sy, ‘ek het nou so ’n bittere pyn.’

      “Ek hardloop uit na haar broer. Hy kom sommer in sy pajamaklere, hy trek net boetse aan. Ek hardloop deur die kloof, roep haar suster en swaer.

      “Maar toe haar broer daar kom, ag, sy staar so, toe druk hy haar oë toe. Hulle vat ’n kombers, gooi dié oor haar. Liewe Jesus het haar kom haal.”

      Hy sluk droog.

      “Dís darem gou gewees.”

      Maria Magdalena Zeelie (58) is begrawe in ’n swarthoutkis wat haar seuns vir R560 gekoop het, R10 afslag vir kontant.

      “Sy’s

Скачать книгу