Uit die Beek 2017. Attie van Wijk

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Uit die Beek 2017 - Attie van Wijk страница

Uit die Beek 2017 - Attie van Wijk Uit die Beek

Скачать книгу

on>

      

      Uit die

      Beek

      2017

      Attie van Wijk

      Lux Verbi

      Die uitleg van teks in hierdie digitale uitgawe van Uit die Beek 2017 mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die teks.

      Voorwoord

      Baie welkom by nog ’n jaar van saam luister na die Woord van God. Ons sal min of meer om die beurt ’n boek uit die Ou Testament en die Nuwe Testament bestudeer. As jy dié siklus die afgelope sewe jaar saam met ons gevolg het, het jy ál 66 boeke in die Bybel van voor tot agter deurgelees. Daarom is dit belangrik om ook die aand-gedeelte elke dag te lees.

      Gebruik asseblief die Gebedsgids in die boek om jou te help om elke dag sinvol voorbidding te doen, sonder om in dieselfde rympie te verval.

      Ds AJ van Wijk (sr.) het in 1925 begin om hierdie oordenkings te skryf. Sedert 1927 is dit die Uit de Beek genoem, na aanleiding van 1 Konings 17:4 in die Nederlandse Statebybel: “En het zal geschieden, dat gij uit de beek drinken zult …” ’n Beek is natuurlik ’n bergstroompie. Die gedagte is dat ons ons elke dag moet verfris by die vars water van die Woord vir die dag wat voorlê. Sedert 1929 is hierdie oordenkings in Afrikaans geskryf, wat Uit die Beek die oudste Bybeldagboek in Afrikaans maak. Die huidige skrywer, ’n kleinseun en naamgenoot van die eerste skrywer, sluit vanjaar tien jaar as skrywer hiervan af. As jy hom dalk wil kontak, sy e-posadres is [email protected].

      In die Ou Testament lees ons vanjaar uit Deuteronomium, Rut, 1 en 2 Kronieke, Ester, Joël, Jona, Nahum, Habakuk, Sefanja, Haggai en Maleagi; en in die Nuwe Testament uit Handelinge, Kolossense, 1 en 2 Timoteus, Filemon, Judas en Openbaring. Sondae lees ons, soos gewoonlik, uit die Psalms. Ons sal ontdek hoe aktueel selfs die minder bekende Bybelboeke vir ons daaglikse lewe is.

      Dié dagboek is geskik vir jou persoonlike stiltetyd, en ook om tydens huisgodsdiens te gebruik. Om daarmee te help gee ons elke dag ’n geselsvraag om die gesin te betrek. Dit sal julle help om die Skrifgedeelte elke dag op julleself toe te pas.

      Mag hierdie jaar vir jou ’n besonderse tyd van geestelike groei wees sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is. Bou elke dag aan jou verhouding met Hom!

      Sake vir daaglikse voorbidding

      SONDAG: Die uitdra van die evangelie

      •Dat elke prediker deur die Heilige Gees vervul sal wees

      •Dat die hoorders daders sal word

      •Dat gelowiges toegerus sal word vir die week

      •Dat ongelowiges tot geloof sal kom

      •Vir die vertaling en verspreiding van die Bybel

      MAANDAG: Opleidingsinstellings

      •Dat elke dosent en onderwyser Christus sal verheerlik

      •Dat elke leerder gehalteonderrig sal kry

      •Dat dissipline herstel sal word

      •Dat die jeug reg gevorm sal word

      •Dat dosente en onderwysers geesdriftig sal volhard

      DINSDAG: Die jeug

      •Dat ouers die regte voorbeeld sal stel

      •Dat kinders die Here tuis sal leer ken

      •Dat kinders groepsdruk sal weerstaan

      •Dat kinders die regte keuses sal maak

      •Dat kinders mekaar na Jesus sal lei

      WOENSDAG: Owerhede

      •Dat ons leiers die Here sal leer ken en volg

      •Dat die regering die regte besluite sal neem

      •Dat die parlement God sal verheerlik

      •Vir die veiligheidsdienste, polisie en weermag

      •Dat misdaad en korrupsie uit ons land sal verdwyn

      DONDERDAG: Sending en getuienis

      •Vir ’n sendingvisie en -passie by elke gelowige

      •Vir jul sendelinge en hul gesinne

      •Dat Christene die Woord vreesloos sal uitleef

      •Dat die Gees harte sal voorberei en verander

      •Vir die nodige finansies vir die werk

      VRYDAG: Diens van barmhartigheid

      •Vir kundige hulp aan werkloses en armes

      •Vir bevryding uit die armoedespiraal

      •Vir die instellings wat mense probeer help

      •Vir die nodige finansies hiervoor

      •Vir elkeen wat in beproewing verkeer

      SATERDAG: Herlewing

      •Dat elke Christen die Here sal ken en gehoorsaam

      •Dat God op elke vlak van die lewe verheerlik sal word

      •Dat die Heilige Gees kragtig sal werk

      •Dat die kerk ’n verskil in die wêreld sal maak

      •Dat ons gereed sal wees vir die wederkoms van Christus

Januarie

      SONDAG 1 JANUARIE 2017 Lees eers Psalm 119:1-8

      Nuwejaarsdag

      DIE GOEIE LEWE

      Dit gaan goed met dié wat onberispelik lewe, dié wat wandel volgens die woord van die Here (119:1).

      GESELSVRAAG: Wat is jou Nuwejaarsvoornemens?

      “’n Voorspoedige Nuwejaar!” wens ons mekaar vandag toe. Wat bedoel ons daarmee? Of is dit bloot ’n algemene gesegde? Bedoel ons bloot dat dit met ons geldelik goed sal gaan, of dat ons goeie oeste sal maak? Of bedoel ons dalk dat dit ’n jaar van geestelike groei sal wees? (En dit kan dalk beteken dat die Here ons swaar moet beproef om ons geestelik te help groei?)

      Hierdie psalm is die langste hoofstuk in die Bybel en handel oor ’n enkele tema: die verskil wat God se Woord in ons lewe maak. Elke agt verse van hierdie lang lied begin met dieselfde letter in Hebreeus om dit makliker te maak om te memoriseer. Geskrewe Skrifdele was uiters skaars. Die Jode moes dit dus uit die kop leer om dit saam te kan sing. Sien jy kans daarvoor?

      Vandag het ons elkeen God se Woord in ons eie taal – dikwels deur middel van verskeie vertalings.

Скачать книгу