Die waarheid oor verhoudings. Stefan Blom

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die waarheid oor verhoudings - Stefan Blom страница 2

Автор:
Серия:
Издательство:
Die waarheid oor verhoudings - Stefan Blom

Скачать книгу

dink jy? Dink na oor wat jy in jouself en in jou verhouding sien. Fokus eers op jouself en jou verhouding eerder as om altyd na jou lewensmaat te kyk. Voordat jy begin praat en reageer, dink eers na oor wat regtig in jou binneste en in jou verhouding aan die gang is.

      Jy kan nie iets verander wat jy nie kan sien nie.

      As jy nie weet waar jy en jou lewensmaat in die lewe staan nie, sal jy verwyder voel van jouself en die persoon wat die naaste aan jou is. Dit hou gevare vir jou en jou verhouding in as jy nie weet waar jy in jouself en in jou verhouding staan nie.

      WEET WAAR JY IS

      Om naby te wees aan jouself en jou verhouding is om die meeste van die tyd te weet waar jy en jou lewensmaat emosioneel, intellektueel, geestelik, finansieel en seksueel staan. As jou lewe baie besig is, is dit natuurlik nie altyd moontlik om dit alles presies te weet nie. Paartjies en individue wat nie gereeld ’n bietjie selfondersoek doen nie, sal mettertyd van mekaar verwyder raak en probleme ervaar.

      Om nabyheid met mekaar te behou is om te weet waar julle met mekaar staan.

      Wanneer julle verwyder voel van mekaar, is dit belangriker om te weet waar jy is as om te weet wie jy is. Op ’n manier weet ons wie ons is, maar ons weet nie altyd waar ons ons in ons lewe bevind nie.

      Weet jy wat jy in hierdie stadium van jou lewe dink en voel? Weet jy wat jy vir jouself en jou verhoudings nodig het? Weet jy wat vir jou saak maak… wat regtig in jou lewe vir jou belangrik is?

      Weet jy waar jou lewensmaat deesdae is? Weet jy waaroor jou lewensmaat gereeld nadink en wat hy of sy op die hart het? Weet jy hoe dit regtig met hom of haar gaan, en wat hy of sy nodig het?

      As jy nie weet nie, is julle miskien in die moeilikheid.

      Dit is goed om te weet waar ons ons in die lewe bevind. As jy kan sien waar jy is, en waar jou lewensmaat is, voel jy jy word raakgesien en erken. En om gesien en erken te word voel soos liefde. Jy weet wie jy is en wat jou verhouding is as jy regtig kan sien waar jy is, of waar jou lewensmaat is. Wanneer ons voel ons word raakgesien, voel ons geliefd.

      Om te sien en raakgesien te word is om lief te hê en geliefd te voel.

      Vir ’n beter insig in waar jy met jouself, jou verhouding en mekaar staan, werk deur van die volgende vrae.

      Vrae oor jouself

      Een of meer van die volgende vrae kan jou help om oor jouself na te dink:

      •Wat het ek in die lewe nodig?

      •Waar is ek emosioneel, fisiek, finansieel, seksueel of spiritueel?

      •Watter rol speel ek in die “ontsteltenisse” in my verhouding? Wat dink ek was my bydrae tot die ontsteltenisse in my verhouding?

      •Wat kon ek anders gedoen het wat vir my verhouding sou kon help en dit verbeter?

      •Wat is van my beste bydraes, en waarop is ek trots as dit oor my verhouding(s) gaan?

      •Wat is my bydrae om my verhouding gesond te hou?

      •Wat dink ek is my redes vir hoe ek in my verhouding optree?

      •Wat is my ware bedoelings as dit by my verhouding kom?

      •Wat hoor ek, en watter dinge sukkel ek om te verstaan?

      •Wat probeer ek sê?

      Vrae oor julle verhouding

      Een of meer van die volgende vrae kan julle lei as julle oor julle verhouding wil nadink:

      •Hoe voel dit deesdae om in my verhouding te wees?

      •Van watter ervarings in my verhouding hou ek nie?

      •Watter ervarings verkies ek? Hoe wil ek graag hê moet my verhouding wees?

      •Wat is my bydrae om my verhouding lewendig te hou?

      •Hoe kan ek dit lekkerder maak om in my verhouding te wees?

      Vrae oor jou lewensmaat

      Een of meer van die volgende vrae kan jou help om oor jou lewensmaat na te dink:

      •Wat sien ek wanneer ek na my lewensmaat se optrede kyk?

      •Wat voel en dink my lewensmaat regtig?

      •Wat probeer my lewensmaat eintlik vir my sê?

      •Hoekom dink en voel hy of sy so?

      Wanneer jy oor jou lewe besin, is dit ’n goeie idee om ’n paar notas te maak – in jou kop of regte notas. Jy kan jou gedagtes oor jouself en jou verhouding op jou selfoon of skootrekenaar aanteken, of in ’n joernaal. Om notas oor gedagtes en emosies te maak is vir die meeste mense ’n goeie maatstaf om hulle lewe in oënskou te neem. Op dié manier hoef jy nie jou gedagtes iewers in jou geheue te bêre nie, en sal jy duidelike idees hê van waar jy is.

      SEWE STAPPE NA NABYHEID

      Nadat jy dinge deurdink het, is dit tyd om iets te doen. Jou gedagtes alleen kan nie ware verandering teweegbring nie – jy moet dink én doen. As jy die ervaring van jou verhouding wil verander, moet jy nou tot aksie oorgaan, voordat julle julle liefde vir mekaar vernietig.

      As jy ongelukkig is in jou verhouding, verwyder voel van jouself en die mense wat jy liefhet, en vasgesteek het in ’n vernietigende bakleipatroon, kan jy enige van die volgende sewe stappe (in geen spesifieke volgorde nie) doen om weer ’n hegte verhouding te vorm:

      Stap 1: Stop die skade nou

      Ons was almal al daar.

      Jy kies ’n onderwerp en doen jou bes om jou gedagtes en gevoelens daaroor te deel. Kort voor lank skree julle egter op mekaar, of een van julle stap uit. Op daardie oomblik voel jy selfs nog meer seergemaak en ontsteld; nie een van julle voel die ander een verstaan hom of haar nie. Julle voel nie veilig genoeg om eerlik met mekaar te wees nie. Die atmosfeer is gespanne, soms dae aaneen – totdat jy die moed het om weer te probeer, net om weer dieselfde paadjie te loop. Julle leer om stil te bly en elkeen julle eie lewe te lei. Jy begin jou innerlike gedagtes en gevoelens met vriende of familie deel; die afstand tussen julle word al hoe groter totdat julle soos vreemdelinge onder een dak voel wat net ouerskap deel.

      In sulke tye van afstand soek ons troos. Ons skep ’n vals sin van liefde en intimiteit deur gemaksones te skep. Jy bring meer tyd by die werk of saam met vriende en familie deur. Jy sit jou aande voor ’n skootrekenaar of die televisie om. Julle leer om in dieselfde ruimte te leef, maar vermy dit om regtig enigiets te deel. Dit is waarop dit neerkom wanneer jy jou verhouding in gevaar stel.

      Die meeste paartjies vra vir my hoe hulle dié patroon kan verbreek. Hulle voel verlore, asof hulle vasgehaak het, en weet nie hoe om uit dié groef te kom nie. Hoe kan ons dit regkry om ontsteld te wees én te sê hoe ons voel, maar steeds naby aan mekaar te voel? Hoe kan ons dié aaklige siklus van baklei en stilstuipe verbreek?

      Ingeval julle nie

Скачать книгу