Piekfyn Afrikaans Graad 5 Leesboek vir Huistaal. Fanie Viljoen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Graad 5 Leesboek vir Huistaal - Fanie Viljoen страница 3

Piekfyn Afrikaans Graad 5 Leesboek vir Huistaal - Fanie Viljoen Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

kan hy hul geterg nie meer verduur nie. Daardie aand pak hy sy bondel en maak dat hy daar wegkom.

      Nooit weer keer Andries terug nie. Nêrens slaan sy spoor weer uit nie. Hy het soos ’n gees verdwyn.

      Maar al meer vertel die kinders wat saans teen die berg gaan hout soek van ’n ou vrou wat hulle verjaag.

      “Sy’t ’n rooi kopdoek,” sê een kind.

      “Sy’t ’n sisrok met groot strepe.”

      “Sy’t ’n lang mes.”

      “En ’n mandjie.”

      “En ’n streepsak oor haar skouer.”

      “Sy wil ons vang en in haar sak prop!” kerm hulle.

      En die grootmense skud kop.

      “Dit is daardie Antjie Somers,” sê hulle onder mekaar.

      Andries Somers raak vergete: dapper Andries, flukse Andries, Andries wat altyd kon voorvat. Maar een storie word al luider, en word geslagte lank oorvertel: “Antjie Somers! Antjie Somers! Antjie Somers gaan jou vang!”

      (Uit: Die mooiste Afrikaanse Sprokies. Human & Rousseau. 2003)

      Beantwoord die volgende vrae in julle groepe:

      1.Lees weer die kenmerke van volksverhale. Watter kenmerke is in hierdie verhaal van toepassing?

      2.Andries Somers was baie goed in sy werk. Watter taak kon hy die beste doen waar ander mense al tou opgegooi het?

      3.Andries kon baie goed swem. Watter tipe beeldspraak gebruik die skrywer om te beskryf hoe Andries swem? Skryf hierdie voorbeeld van beeldspraak neer.

      4.Wat word met die volgende sinne in paragraaf 2 bedoel?

      •“. . . , en skoorsoek is g’n kuns nie.” (par. 2)

      •“Andries laat nie met hom speel nie.” (par. 2)

      •“Hulle kantel voor sy vuiste.” (par. 2)

      5.Nog ’n kenmerk van volksverhale is beeldspraak soos vergelykings, metafore en personifikasie wat gebruik word. Soek voorbeelde van beeldspraak.

      6.Wat beteken dit as ’n mens sê ’n storie “word geslagte lank oorvertel”?

      7.Watter lewensles leer julle uit hierdie verhaal?

      Die keiser

      en die nagtegaal

      (oorvertel deur Linda Rode)

      In die groot land China was daar jare gelede ’n keiser met ’n lang dun baard wat in ’n pragpaleis van pure porselein gewoon het en sy groentee uit die fynste porseleinkommetjies gedrink het.

      Rondom die keiser se paleis was ’n reusetuin met ’n regte woud tot onder teen die see. In die digte takke van daardie woud het ’n nagtegaal gewoon, ’n voëltjie wat allerliefliks kon sing.

      Mense het van verre lande oor die see gekom om die keiser se porseleinpaleis en sy tuin te kom bekyk. Hulle het links en regs gekyk, die kop geknik, die hande saamgeslaan. Maar as hulle eers die nagtegaal gehoor het, het almal gesê: “Dis die mooiste van alles!”

      Die keiser het nooit uit sy paleis gekom nie, nooit in sy tuin en in die woud gaan stap nie, omdat hy altyd besig was met Baie Belangrike Sake. Toe, op ’n dag, lees hy in ’n boek van ’n nagtegaal wat wondermooi sing . . . in sy eie paleistuin, in die woud by die see.

      “Hoe is dit moontlik!” raas die keiser. “Ek lees in ’n boek van die nagtegaal, en ek het haar nog nooit self gehoor nie! Gaan soek die nagtegaal en bring haar vir my.”

      Die keiser se hoofhofmeester en die kamermeisies en die kok en die kombuismeisies hardloop die woud vol om die nagtegaal te soek. Die ou hoofhofmeester kom ook nes die keiser nooit in die woud nie, en as ’n paddatjie net iewers plienk-plienk! roep, dink hy sommer dis die nagtegaal. Maar die jongste kombuismeisie ken die nagtegaal. “Sjuut!” sê sy en wys na ’n vaal voëltjie wat begin sing op ’n tak. Soos die fynste glasklokkies in die aandwind klink die lied.

      “Liewe Nagtegaal,” pleit die ou hoofhofmeester, “sal jy asseblief vir die grote keiser kom sing?”

      Daardie aand sit die nagtegaal op ’n goue staander in die paleis en sing vir die keiser. Sy sing so mooi dat die keiser trane in sy oë kry. Van toe af woon die nagtegaal in ’n goue koutjie en net twee keer per dag en een keer in die nag mag sy in die woud uitgaan. Daar is ’n sylint aan haar een pootjie gebind en iemand hou haar heeltyd daaraan vas.

      Toe word die nagtegaal treurig, want net as sy vry is, kan sy op haar mooiste sing.

      Op ’n dag kry die keiser van China ’n kosbare present van die keiser van Japan. ’n Nagemaakte nagtegaal van goud en diamante en robyne. As die keiser die goue nagtegaal opwen, sing sy prettig, maar nie so mooi soos die ware nagtegaal nie. En tog, die mense was dol oor die skitterende goue voël. Hulle wil niks meer weet van die ware nagtegaal nie, sy kom los van haar sylinte en vlieg stilletjies weg, terug na die woud.

      Elke dag laat die keiser die goue nagtegaal opwen om te sing. Dieselfde liedjie, soggens, smiddags, saans. Op ’n dag maak die kunsvoël net gggrrrts, woer-woer, en bly doodstil.

      Al die beste juweliers werk hard aan die goue nagtegaal. “U Hoogheid,” sê hulle vir die keiser, “sy kan weer sing, maar net saggies en net een keer in ’n lang tyd.”

      Kort daarna word die keiser baie, baie siek. Hy lê bleek en met toe oë op sy bed. Die beste dokters kan hom nie gesond maak nie.

      Een nag voel dit vir die keiser hy kan nie asem kry nie. Iets swaars sit op sy bors. Hy is bang en eensaam. “Kosbare voël,” sê hy vir die goue nagtegaal, “sing tog vir my.” Maar daar is niemand om die goue nagtegaal met ’n sleuteltjie op te wen nie.

      Toe begin ’n voël buite die venster sing. ’n Lied van bome in ’n ritselende tuin, en van aandwind oor die see. “Waar kom die lieflike musiek tog vandaan?” fluister die keiser, en hy voel sy hart word lig, hy kry weer asem.

      Hy maak sy oë oop en sien die ware nagtegaal uit die woud. Trane loop oor die keiser se wange. “Dankie, hemelse voëltjie,” sê hy. “Wat kan ek vir jou gee? Jy het my gesond gesing.”

      “U trane is genoeg,” antwoord die nagtegaal. En sy sing die keiser aan die slaap.

      Vroeg die volgende oggend staan die keiser op en maak die venster wyd oop. Buite sing die nagtegaal nog steeds. “Bly tog vir altyd by my in die paleis,” smeek die keiser.

      Maar die nagtegaal sê: “Dit kan ek nie doen nie. Die woud, waar takke in die seewind ritsel, is my huis. Maar ek sal laatnag kom en voor die venster vir u sing van dinge waarvan u in u paleis niks weet nie, en van die liefde.”

      Van

Скачать книгу