Nadia. Nadia Beukes

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Nadia - Nadia Beukes страница 4

Автор:
Серия:
Издательство:
Nadia - Nadia Beukes

Скачать книгу

kom of leuens vertel. My pa loop ’n reguit pad.

      My ouers het ontmoet toe hulle albei onderwys studeer het. Pa het toe al gesing, maar darem so twee jaar skoolgehou voordat hy sang voltyds sy beroep gemaak het.

      My ma is ’n harde werker. Sy het immers haar lewe lank sonder ophou skoolgehou. Ek dink nie haar lewe was altyd maklik nie, maar sy is ’n vasbyter en het ons huis ’n tuiste gemaak waar ons veilig en geliefd gevoel het. My ma het altyd gesê sy en my pa is twee pilare wat een huis ophou – elkeen is daar om sy of haar lewensdoel te vervul om saam iets te bereik.

      My ma het my geleer dat my geluk nie van iemand anders afhang nie, jy moet geluk in jouself vind en dinge doen wat vir jou plesier gee. Veral in alleentye. Hul lewe het my ook die waarde van onafhanklikheid geleer. As iets gebeur by die huis en my pa is nie daar nie sal my ma ’n plan maak en ’n oplossing vind. Ek dink sy het ook sterker in haarself geword, maar tog ook swaar tye beleef.

      Hulle is albei vir my mense om na op te kyk, maar ek sal verkies om my man meer tuis te hê of om saam met hom rond te beweeg.

      Ma Eureke vertel …

      Ek en Rouel het werklik gesukkel om swanger te raak – die kanse is ses persent het die dokters gemaan. Maar God is groot. Nadia en De Villiers is spesiaal vir ons gegee omdat die Here ons gebede verhoor het. Hoewel ons as ouers albei graag saam daar vir ons kinders wou wees, was dit nie altyd moontlik nie.

      “Alleen” was ’n woord wat myne geword het. Nadat TRUK sy deure in 1998 finaal gesluit het, het ons lewe handomkeer verander. Rouel het sy maandelikse salaris verloor en moes skielik op ander wyses begin woeker om ’n inkomste te verdien. ’n Mens kan beslis nie op ’n onderwyser se salaris oorleef as jy ’n huis en twee kinders het om te onderhou nie. Al was dit ’n aanpassing vir my het ons ons bes probeer om dinge by die huis standvastig te hou. Rouel het hom as veldgids, professionele jagter en ’n toergids bekwaam. Maar sang was altyd sy groot passie. Met sy talent was dit vanselfsprekend dat hy in aanvraag sou wees.

      Baie mense vra my hoe dit moontlik is dat so ’n huwelik kan hou? Dit is net genade. Rouel was baie weg van die huis, nie omdat hy wou nie maar omdat hy moes. Hy het baie en vir lang tye oorsee gereis om steeds groot en gesogte operas en musiekblyspele te kon doen soos die keer toe hy vanaf 2004 tot 2008 en toe weer einde 2011 tot 2016 vir agt jaar deel van Andrew Lloyd Webber se Phantom of the Opera-toergroep in Asië was. Soms was hy maande op ’n keer van die huis af weg.

      Wat beteken dit om alleen te wees of te voel? Is dit soms met ’n sug van verligting dat jy uiteindelik alleen is, of is dit ’n hart-uit-jou-bors-ruk-hunkering na iemand, jou sielsgenoot, ’n omgee-mens of net iets?

      Ek het nie gedink die kinders het die werklike impak van die verandering agtergekom nie. Albei was onafhanklike kinders en hulle het ook altyd vir ekstra sakgeld gewoeker. Nadia was ’n kelnerin en het produkte in winkels bemark. De Villiers het weer van jongs af koerante afgelewer. Ek sou instaan vir ons albei waar ek kon en het voltyds skoolgehou. In ’n stadium was ons by drie skole betrokke. Ek by my werk, De Villiers by die Laerskool Hennopspark en Nadia by Hoërskool Zwartkop. Ons moes dit inpas by ons skedule, baie keer sonder Rouel. My ouers was ver en Rouel se ma ook. Ons moes dit net laat werk.

      My kinders is albei ongelooflike kinders. Hulle kon en sal altyd selfstandig kan wees, soos die keer toe Nadia met groot opgewondenheid alleen Durban toe gevlieg het. Sy is vir die verhoog gebore en kon dans en optree voor vol sale, nog voordat sy skool toe is. Sy het altyd met A-simbole weggestap. Sy was ’n sonstraal-kind, ’n seëning, ’n genade van Bo.

      Rouel het weens omstandighede baie van Nadia se geleenthede op skool gemis, ook haar kroning as Mej Zwartkop en Mej Junior Stadsraad Pretoria. Ons kinders het reëls en grense gehad.

      Moenie dink ek en die kinders het nie woordewisselings gehad nie! Maar ek het altyd gesê: “Ons kan daaroor praat en redeneer, maar hier is ek die wenner. Solank julle onder hierdie dak bly en in ons beursies is, maak ons die reëls!”

      Maklik was dit nie, want daar is soveel groepsdruk van maats, maar Nadia was ’n maklike tiener. Sy is ’n dogter met ’n hart van goud. Sy het deursettingsvermoë en gee nie maklik op. Sy het wilskrag en los die meeste van haar probleme self op. Ek bewonder haar met alles wat sy al in haar lewe en loopbaan vermag het. Sy is ’n bedagsame, liefdevolle mens en sal nooit iemand seermaak nie, maar eerder help en ophef waar sy kan.

      Soms het ek gevoel dat ons huis soos ’n geoliede masjien geloop het. Tog voel ek skuldig dat ek nie genoeg vir die kinders gesê het hoe kosbaar hulle vir ons is nie. Ek en die kinders het altyd geweet hul pa is net ’n foonoproep ver en hy kon binne ’n dag by die huis wees as daar ’n krisis was. Genadiglik was daar nooit so ’n krisis nie. Die kleiner krisisse het ek sommer self hanteer.

      Deur dit alles was ons ’n span. Ek weet om ’n “enkelouer” te wees was nie maklik nie en dis beslis nie ’n pad sonder klippe en slaggate nie. Vriendinne het dit vir my makliker gemaak. “As jy in jouself wil groei en ’n beter begrip van jouself en die lewe wil kry, moet jy seker wees van mense wat deur vriendskap aan jou verbind word,” het die skrywer Alba Bouwer gesê. Hoe waar is dit nie!

      Ek het my en die kinders se lewe so normaal as moontlik probeer hou en altyd geweet dat my geluk nie van Rouel afhang nie. Ons is twee pilare wat een huis staan maak. Jy moet geluk en vrede in jouself vind.

      Ek het Rouel ontsettend gemis, maar gelukkig het ek die kinders gehad en ek het ook dinge gedoen wat vir my lekker was. Nadat die kinders uit die huis is, moes ek verder aanpas. Ek is tevrede as ek weet almal is gesond en is gelukkig met waar hulle is. As ouers hoop en glo ons dat ons kinders weet dat ons hulle ontsettend lief het en soos ’n hawe, hul vastrapplek, hul veilige houvas op die lewe sal wees. Ek glo toe Nadia deur haar donkerste dieptes gegaan het, het sy geweet ons sal altyd daar vir haar wees. God sal haar nie versaak nie. En Hy het nie.

      Die foto wat in Beeld verskyn het met my geboorte.

      Ek was nog altyd mal oor mooi aantrek.

      Ek het vroeg begin perform.

      Kronkelpad

      Daar kom ’n tyd in jou lewe wat jy ’n rybewys en motor moet kry. Voordat jy die dag agtien jaar oud word, jou studies voltooi of selfs begin werk, is jy grootliks net ’n passasier in jou ouers se voertuig. Hulle neem jou na waar jy moet gaan en later betaal hulle dalk ook jou studies. As jy so gelukkig is.

      Dit is egter die dag wat jy jou spreekwoordelike rybewys kry en nie meer so afhanklik is van jou ouers nie, wat die oorgang na volwassenheid begin. Vir sommige vind hierdie verskuiwing onverwags plaas. Vir ander is dit weer ’n natuurlike oorgang en is daar selfs diegene wat nooit volkome hul eie pad betree nie.

      As jy die dag op jou eie voete moet staan, is jy skielik aan die stuur en kan jy begin besluit wie jy in jou “motor” toelaat. Jy kan sê wie moet agter inklim en wie mag voor sit. Baie keer laat jy toe dat die persoon wat agter jou sit, jou voorsê hoe en waarheen om te ry.

      In die lewe, veral in verhoudings, was dit een gróót fout wat ek gemaak het. Ek het verskeie kere die verkeerde passasiers in my motor toegelaat en baie van hulle het my in die verkeerde rigtings gestuur. Dis maklik

Скачать книгу