Speurhond Willem in Australië. Elizabeth Wasserman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Speurhond Willem in Australië - Elizabeth Wasserman страница 3

Speurhond Willem in Australië - Elizabeth Wasserman

Скачать книгу

toewyding aan Haar Majesteit, die koningin van Engeland. Haar seun, die prins van Wallis, gaan die medaljes self oorhandig by ’n deftige geleentheid voor die beroemde operahuis in Sydney.

      Weet Willem dalk daarvan? Is hy van plan om twee vlieë met een klap te slaan: om vir Sherlock te gaan soek, en dan sy medalje te ontvang?

      Maar wat gaan gebeur as Willem nie betyds in Sydney aankom nie?

      Ek lees oor die Victoria-kruis op Wikipedia. Dit word net toegeken aan lede van Haar Hoogheid se weermag in Engeland, maar ook vir dié van die Statebondslande.

      Ek het al voorheen gehoor van die Statebondslande, maar moet weer my rekenaar raadpleeg om my geheue te verfris. Dit is al die lande soos Suid-Afrika en Australië wat voorheen onder Britse bewind was.

      Deur sy diens in die Britse tak van die internasionale polisie is Willem ook ’n lid van Haar Majesteit se weermag, maar ek is nie. Dit is seker hoekom ek nie ook ’n medalje kry nie.

      Kon die koningin nie maar net vir my ’n sertifikaat gegee het nie?

      Ek voel vies. Willem is altyd die ster, en hier sit ek stoksielalleen en verveeld by die huis.

      Hoe op aarde kry ek myself in Australië?

      4

       Ek soek hulp

      Ná ’n nag se slaap voel ek beter, en reg om ’n plan te maak.

      Ek is mos ’n man met ’n groot kontaknetwerk. Douvoordag tree ek met hoofkommissaris Servin in verbinding. Hy weet altyd hoe om enige moeilikheid uit te stryk.

      Hy is natuurlik baie ontsteld oor Willem.

      “Maar hoekom het jy my nie lankal gesê dat hy weg is nie, seun?” wil hy weet.

      Ek vertel hom van Willem se briefie. Hy wou mos nie hê dat ek die internasionale speurdiens in sy sake moet insleep nie, en noudat ek weet van sy seun Sherlock se slegte gedrag verstaan ek dit beter.

      Ons praat oor ’n videoverbinding en die beeld is glashelder. Selfs al is die son nog nie eens op in Kaapstad óf in Londen nie, is die hoofkommissaris reeds in ’n netjiese gestreepte pak geklee. Hy is ’n man wat sy dag vroeg begin met ’n koppie sterk tee.

      Hy sit sy koppie netjies in sy piering neer en vee met ’n vinger oor sy grys snor. “En jy is nie bekommerd oor hom nie?”

      Ek sug. “Natuurlik is ek! Maar u ken vir Willem …”

      Die hoofkommissaris knik sy kop. “Jy sê jy weet van die storie oor sy seun, Sherlock. Ek het gehoop die saak sal homself uitsorteer. Ek vertrou die jong brak, ek het self gehelp om hom op te lei. Hy is soms hardkoppig en weerbarstig, soos sy pa, maar hy het hope talent. En hy het ’n snuffelneus soos min! Nou al hierdie beskuldigings dat hy aan die verkeerde kant van die gereg beland het. Maar ons het magte op die grond in Australië en hulle gee aandag aan die saak.”

      Ek kan dit nie meer langer hou nie. “Ek dink ek moet my hond gaan help.”

      “Maar natuurlik moet jy! Dit is uiters belangrik dat Willem in Sydney is vir sy medaljetoekenning. Wat sal die koningin van ons dink as hy nie eens opdaag nie? Laat die saak in my hande.”

      Later die middag gil my ma van die voorportaal af: “Kom, Adriaan! Jy gaan maak dat ek laat kom vir die kookkompetisie!”

      Ek stoot ’n kam skuins deur my kuif en draf in die gang af. Wanneer gaan my ouers leer om my te vertrou? Die internasionale polisiediens weet ek is ’n man op wie hulle kan reken, maar my ma dink sy moet my neus nog met haar sakdoek afvee.

      In die motor rittel my ma se senuwees behoorlik. “Daar is soveel op die spel! Ek hoor Emma van Biesiestraat gaan haar aartappelkrokette bak – almal weet dit is heel gewoon, maar Susan het ’n resep vir beetroulade wat blykbaar hemels is. En dan is daar die mense van Johannesburg, en Durban! Hulle is reeds kampioene daar. En weet julle wat? Ek het netnou-net ’n e-pos gekry: die wenner gaan ons land in Australië verteenwoordig!”

      Ek het my ore lankal afgeskakel vir my ma se gebabbel, maar haar laaste woorde laat my regop sit. So dít is wat die hoofkommissaris beplan? Dit sal nie die eerste keer wees dat my ma iets wen net sodat ek en Willem op ’n verre plek kan uitkom nie. En een van my pa se susters woon mos in Australië – my ma por lankal dat ons gaan kuier.

      Wat is daardie tannie se naam nou weer? O ja, tannie Maks. Jammer Australië is so ver. Ek het daardie tante van my nog nooit ontmoet nie. Maar wie weet? Ek voel in my derms dat dinge nou gaan begin roer. Ek sak terug in my sitplek met ’n groot glimlag. “Toemaar, Ma, jy gaan hierdie kompetisie wen, so waar as vet!”

      Maar dinge werk nie altyd uit soos dit moet nie – teen hierdie tyd behoort ek dit al te weet. Skaars het my ma haar plek voor die ry stowe ingeneem, of die vrou langs haar keer ’n pot kookwarm olie om. Dit spat in alle rigtings, en heelwat beland op my ma se boarm.

      Sy krul van die pyn. My arme ma!

      Die lomp vrou word dadelik gediskwalifiseer, en my ma word weggedra na die noodhulpstasie. Is dit die einde van haar kookloopbaan?

      O nee!

      Ek is doodbekommerd oor my ma, maar hier is ook veel meer op die spel. Ek moet op een of ander manier in Australië kom en het net begin dink die kokery vorm dalk deel van die hoofkommissaris se plan om my daar te kry.

      ’n Paar koue kompresse later, en Ma voel baie beter. “Ek gaan terug na my potte toe!” kondig sy aan. Maar die beoordelaar skud sy kop. “Nee, Mevrou, ek is baie jammer, maar jy verkeer duidelik nog in te veel pyn. Ons kan nie verdere risiko’s waag nie.”

      En net daar, ewe galant, tree my pa in die stryd. “In daardie geval, staan opsy. Ek ken haar resep, ek moes dit al soveel kere aanhoor. Amelia, ek gaan in jou plek kook.” Hy gryp haar voorskoot, en daar trek hy!

      Ek staar hom verdwaas agterna. My pa – kook?

      Maar my ma se oë skitter. “My held!” roep sy hom agterna.

      Ek sak op die naaste stoel neer.

      Alles is verlore!

      5

       My pa kook!

      Ek sit nog so, toe hoor ek hoe die mense hande klap.

      ’n Paar fluit selfs.

      Ek kyk op – almal staan nader om beter te kan sien.

      Ek glip tussen hulle bene deur.

      Daar is my pa: my ma se blommetjiesvoorskoot swierig om sy middel gebind, en hy kook!

      Ek weet nie waar dit vandaan kom nie, maar my pa verander net daar en dan in ’n superster. Sy brillense stoom toe, sy hare staan regop, maar hy klits

Скачать книгу