Heeltyd by God. Milanie Vosloo
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу Heeltyd by God - Milanie Vosloo страница 2
kinders om sy tafel om hom vreugde te gee.
Laat sy lewe U tot op sy sterfbed verheerlik.
En, Here, help my as ma om hom te lei terwyl ek kan.
Maar help my veral om hom sy eie reis te laat neem.
Tiener-tantrums
Ek wens U het ’n boekie,
How to raise your child,
saam met my bondeltjies vreugde gestuur,
want, Here, ’n ma se posbeskrywing
is soms baie duister!
Toe hulle klein was, het ek hulle groot gewens
wanneer hul speelgoed ná slapenstyd rondlê.
Nou weet ek nie hoe om die stukke van hul lewens
aanmekaar te hou nie.
Gee tog wysheid om hul grootwordstryd te verstaan,
te bloei in hul pyn, te glimlag in hul vreugde
(al is dit ook deur my trane).
Ek het ’n groot porsie begrip nodig
om hul groepsdrukvrees te verstaan;
te aanvaar hulle sal eers ééndag weer van my hou.
En wanneer hulle in hul voortvarendheid verdwaal,
gee my ’n sagte hand in die koershou
sodat ons nog vriende is ná hul wie’s-ek-stoeityd.
Hemelse Vader, laat hulle op hierdie
ontdekkingsreis U werklik vind.
Sy’s vrou
Sy’s nou vrou –
volmaak gevormde meisie met
verrassend ontluikende skoonheid.
Sy’s so fyn van snaar, Here.
Pas haar altyd op –
net U kan.
Dra haar vrouwees soos ’n kosbare kleinood
dig teen u bors.
Bewaar dit vir die spesiale man
wat eendag trou aan haar sweer.
Laat sy die voorreg van vrouwees belééf.
Help haar om die beste daarvan te maak.
En as dit u wil is, laat die menswees-sirkel
sy volle ronding maak in
haar eie bondeltjie kind.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.